

April 2017
50
Grafiek 1: Die mielie-opbrengste vir die verskillende produksiestelsels.
Grafiek 2: Die sojaboonopbrengste vir die onderskeie produksiestelsels.
Die groot verskil in koste het egter by die vaste koste voorgekom,
omdat die hoeveelheid trekkers en masjinerie benodig soveel minder
is. Die waardevermindering en die vervanging van trekkers sal oor
tyd ‘n groot rol speel.
Dit is interessant dat die veranderlike koste tussen die stelsels
– waar dieselfde plantestand toegepas en bemesting toegedien is
– nie dramaties van mekaar verskil nie. Diesel- en herstelkoste-
besparings word bloot deur meer onkruiddoder vervang.
Tog lyk dit of die direkte plant-stelsel ongeveer 7% goedkoper kan
wees. Met dieselfde plantestand en bemesting kan die totale koste
per hektaar 15% minder wees. Onthou net: As besluit word om oor
te skakel, kan die druk op die kontantvloei vir die eerste vyf jaar
verhoog word, omdat ‘n groot gedeelte van die betaalde toerus-
ting met nuwes vervang moet word. Beplan hierdie oorskakeling
met sorg.
Die mielie- en sojaboonopbrengste vir die proefperseel word in
Grafiek 1
en
Grafiek 2
weergegee. Uit Grafiek 1 is dit duidelik dat
die graanopbrengste op hierdie perseel noemenswaardig hoog
was. Dit wil voorkom asof die 60 000-stand dalk oor tyd die beste
gevaar het. Alhoewel die winsverskil tussen die 40 000 en 60 000
so naby was, is die gevoel dat die 60 000-stand dalk die beter keuse
sal wees.
Die swamsiekte Sclerotinia het die sojaboonaanplantings bedui-
dend benadeel en al die behandelings was ewe erg getref – soveel
so dat die eerste jaar se data nie gebruik kon word nie. Dit wil
voorkom of die sojabone wat op die hoër plantestand vir mielies
geplant was, se opbrengste dalk ook hoër was.
Maar dit daar gelaat. Direkte plant is die moeite werd om te onder-
soek en sal verseker die toekoms van graanverbouing verander.
Alles binne die totale verbouingspraktyk moet egter by mekaar
inskakel.
As daar net iets uit die stelsel geneem word en in ander stelsels
ingeskakel word, sal die resultate verskil en ander probleme sal oor
tyd kop uitsteek. Die wegspring is krities in hierdie stelsel. Moenie
dink dat waar daar reeds grondverdigting teenwoordig is, direkte
plant met watter gewas ook al die probleem gaan oplos nie. Die-
selfde geld ook vir lae pH of tekorte aan plantvoedingstowwe. Stel
dit eers reg en begin dan met die stelsel.
Die rol van die medewerkers kan nie misgekyk word nie. Mnr Tony
da Costa, sy oorlede pa, Manny, en die personeel van Manjoh Ranch
het alles in hul vermoë gedoen om hierdie projek te laat slaag. Baie
dankie vir julle werk.
‘n Woord van dank word ook aan al die plaaslike insetverskaffers
gerig. Pannar, Syngenta, MBFi en Omnia het die direkte insetkoste
vir hierdie proef goedgunstiglik verskaf. Sonder hul hulp kan hierdie
projekte nie bestaan nie.
Vir navrae kan Pietman Botha by 082 759 2991 of Tony da Costa by
083 254 1847 gekontak word.
2: Die verskillende behandelings is mooi uit
die lug sigbaar. Die gedeelte heel links is die
konvensionele gedeelte teen 40 000 plante/ha
in 1 m-rye. Die tweede gedeelte is
40 000 direkte plant in 1 m-rye en dan is
dit die 40 000 direkte plant in 50 cm-rye
60 000, direkte plant in 50 cm-rye en dan
die 80 000 direkte plant in 50 cm-rye.
Direkte plant-proewe in Suid-Afrika
OP PLAASVLAK
Bewaringsbewerking
2