

Bemarkingsmoontlikhede
vir die seisoen
p
roduksievooruitsigte vir die seisoen op hande lyk
gunstig. Die goeie reën wat wyd oor die land se somer-
saaigebiede voorgekom het, was gunstig vir aan-
plantings en in die meeste gebiede is daar konsensus dat
met die komende strooptyd van bogemiddelde tot selfs
rekordoeste afgehaal kan word.
Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) het dit met ‘n onge-
looflike 13,918 miljoen ton-skatting vir die seisoen, bevestig. Die
witmielieproduksie word op 8,313 miljoen ton geskat, terwyl dié
van geelmielies op 5,606 miljoen ton geskat word.
Die groot oes wat verwag word, plaas pryse onder druk en die ver-
wagting is dat Suid-Afrika weer vanjaar na ‘n netto uitvoerder van
mielies sal beweeg. Dit plaas die pryse onder geweldige druk en in
baie gevalle bly die winsgewendheid van produsente maar steeds
in die weegskaal – ten spyte van die verwagte goeie opbrengste.
Dit is weer eens ‘n bewys dat prysrisikobestuur deur middel van
verskansing en/of ander maniere daarvan, soos byvoorbeeld diver-
sifikasie, ‘n kardinale rol in produsente se winsgewendheid speel.
Markomgewing vir die 2017/2018-
bemarkingseisoen
Tabel 1
toon die geprojekteerde vraag-en-aanbodsyfers vir die
2017/2018-bemarkingseisoen. Dit is duidelik uit Tabel 1 dat die
geskatte produksie vir die seisoen die vraag na mielies oorskry en
dat die geprojekteerde uitvoere van mielies vir die seisoen groot
hoeveelhede beloop.
Die tempo waarteen die uitvoere met die verloop van die seisoen
gaan plaasvind, gaan grootliks bepaal hoe die pryse met die ver-
loop van die seisoen gaan reageer. Indien die uitvoere teen ‘n goeie
tempo plaasvind, behoort die mark weer goeie ondersteuning later
in die bemarkingsjaar te vind.
Grafiek 1
toon die pryse van beide wit- en geelmielies vir lewering
in Julie 2017. Daar kan duidelik gesien word dat die pryse alreeds
sterk onder druk gekom en nader aan die uitvoerpariteitsprys
beweeg het – met die witmieliepryse wat al effens onder hierdie
prysvlak inbeweeg het.
LUAN VAN DER WALT,
landbou-ekonoom: Graan SA
GRAANMARK
-oorsig
– 15 April 2017
April 2017
44
OP PLAASVLAK
BEMARKINGSJAAR
2017/2018*
WITMIELIES
2017/2018*
GEELMIELIES
2017/2018*
TOTAAL MIELIES
Oppervlakte aangeplant (x 1 000 ha)
1 643
986
2 629
Opbrengs (t/ha)
5,06
5,69
5,30
NOK-produksieskatting (x 1 000 ton)
8 313
5 606
13 918
('000 ton)
('000 ton)
('000 ton)
Kommersiële aanbod
Openingsvoorraad
582
698
1 280
Kommersiële lewerings
8 153
5 196
13 349
Invoere
-
-
-
Totale kommersiële aanbod
8 735
5 894
14 629
Kommersiële vraag
– Voedselmark
4 200
460
4 660
– Dierevoer
1 800
3 350
5 150
Kommersiële verbruik
6 000
3 810
9 810
Totale RSA kommersiële verbruik
6 152
4 000
10 152
Uitvoere
1 830
1 410
3 240
Totale kommersiële vraag
7 982
5 410
13 392
Eindvoorraad (30 April 2018)
753
483
1 236
Pyplyn benodig (1,5 maande)
750
476
1 226
Surplus bo pyplyn
3
7
10
Eindvoorraad as % van RSA-verbruik
12,24%
12,08%
12,17%
TABEL 1: GRAAN SA VRAAG-EN-AANBODPROJEKSIES VIR DIE 2017/2018-BEMARKINGSEISOEN.
Bron: Graan SA
* Voorlopige vooruitskatting