

Product information
Trofeëwenners aangewys
1: Die media wat Kongres bywoon, het tradisioneel die beste spreker
tydens die twee dae aangewys, maar met dié dat daar so ‘n toename
in deelname op
is en twiets oor Kongres gedeel is, is vanjaar
besluit om die trofee aan die persoon wie se twiet die meeste gehertwiet
is, te oorhandig. Dr Dirk Strydom (bestuurder: Graanekonomie en
Bemarking, Graan SA) het met sy twiet oor Graan SA se landbou-
ontwikkelingsprogram met die louere weggestap. Johan Smit (be-
sturende redakteur:
SA Graan/Grain
) het die trofee aan hom oorhandig.
By hulle is Jaco Minnaar (voorsitter: Graan SA).
2: Die Redaksiekomitee stem elke jaar vir die beste artikel in die tydskrif
en dié jaar word die prysgeld gedeel tussen Pietman Botha (gereelde
SA Graan/Grain
medewerker) en Sakkie Koster (Pioneer) vir hulle artikel
“
Praktiese maniere om hierdie seisoen te oorleef
”, wat in die Julie
2017-uitgawe verskyn het. Theo Ferreira (voorsitter: Redaksiekomitee)
het die prysgeld aan Pietman (middel) gegee, terwyl Jaco Minnaar
hom gelukwens. Sakkie kon ongelukkig nie die oorhandiging by-
woon nie.
3: Dr Hendrik Smith (bewaringslandboufasiliteerder, Graan SA) het die
Koster-skild vir die reeks oor bewaringslandbou in die
SA Graan/Grain
tydskrif ontvang. Vic Mouton (Koster) het die wisseltrofee aan hom
oorhandig. By hulle is Jaco Minnaar.
41
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
SA GRAAN/GRAIN
REDAKSIE
1
3
2