

Produk-inligting
April 2017
40
ERKENNING
aan bedryfsrolspelers gegee
Vennote bedank vir hul aandeel
in ontwikkelende landbou
G
raan SA gee jaarliks tydens Kongres erkenning aan spesifieke bedryfsrolspelers.
Mnr Jaco Minnaar (voorsitter: Graan SA – links op foto’s) het die toekennings aan
die drie kandidate oorhandig.
1: Spesiale erkenning is vanjaar aan Johan van Onselen (Kolbe Advertising) gegee vir ‘n uitnemende
vennootskap met graanprodusente, sedert 1 Februarie 1979, met mylpale (advertensiebegrotings)
wat elke maand bereik is.
2: Gerhard Scholtemeijer (voorsitter van die Proteïennavorsingstigting) is ook by wyse van ‘n
spesiale toekenning bedank vir sy lewenslange toewyding aan navorsing, ontwikkeling en die
produksie van olie en proteïensade in Suid-Afrika.
3: Mart Willemse (No-line Productions) het spesiale erkenning gekry vir haar toewyding aan die
promovering van landbou se beeld en die verandering van persepsies met baanbreker oudiovisuele
produkte.
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
SA GRAAN/GRAIN
REDAKSIE
1
2
3
Graan SA het ook tydens Kongres erkenning aan sy vennote in Land-
bou-ontwikkeling gegee. Die sukses van die Graan SA-inisiatief om
landbou-ontwikkelingstrukture met dié van sleutel-landbouverskaffers
aan die regering se Jobs Fund-projek te koppel, het tot gevolg dat klein-
skaalse boere genoeg mielies kan oes vir huishoudelike gebruik, voer
en verkope. Preline Swart (voormalige visevoorsitter, Graan SA – voor
links) en Andries Theron (uittredende visevoorsitter: Graan SA
– voor regs) het die toekennings oorhandig. Voor: Preline, Linda van der
Merwe (Syngenta), Xavier Edziwa (Jobs Fund), Eugene Muller (Kynoch)
en Andries. Agter: Jannie de Villiers (namens Sasol Trust), Ben Krog
(SA Kalk & Gips) en Kobus Steenekamp (Monsanto). Die Departement
van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming was nie teenwoor-
dig nie.
SA GRAAN/GRAIN
REDAKSIE