April 2016
62
‘n Kykie na die verspreiding van Russiese
koringluis-biotipes in Suid-Afrika
R
ussiese koringluis (
Diuraphis noxia
[
Kurdjumov
]) het van sy
oorspronklike habitat versprei na al die lande waar koring
verbou word, met die uitsondering van Australië. Die
Russiese koringluis is tans ‘n internasionale koringplaag en
word as die primêre plaag op droëlandkoring in Noord-Amerika en
Suid-Afrika beskou.
Russiese koringluis is ‘n uitheemse plantluisspesie wat in staat is
om in lae getalle uiterste toestande vir ‘n relatiewe lang tydperk
te oorleef (
Foto 1
). Wanneer die omgewing dan weer geskik is vir
vermeerdering van populasies, kan uitbreke in nuwe gebiede ver-
wag word.
Weerstandsteling in koring is ‘n koste-effektiewe strategie om die
populasiegroei van Russiese koringluis te beperk en sodoende
die negatiewe effek as gevolg van voedingskade deur die luis op
koring te verminder (
Foto 2
). Die voorkoms van nuwe Russiese
koringluis-biotipes veroorsaak egter dat hierdie strategie tans nie
meer so effektief is nie.
Daar is tans vier Russiese koringluis-biotipes in Suid-Afrika be-
kend. RWASA1 is die eerste biotipe wat vir die eerste keer in 1978
in Bethlehem, in die Oos-Vrystaat, opgemerk is. RWASA2, wat
virulent is teen die
Dn1
-weerstandsgeen in koring, is in 2005, veral in
die Oos-Vrystaat, opgemerk. RWASA3, wat virulent is teen die
Dn1
-
en
Dn4
-weerstandsgeen in koring, is in 2009 in die Oos-Vrystaat
opgemerk.
RWASA4, wat virulent is teen die
Dn1-
,
Dn4-
en
Dn5
-weerstands-
geen in koring, is gedurende 2011 in die Oos-Vrystaat opgemerk.
Die skade op koring as gevolg van die Russiese koringluis sal dus
nie net afhang van die genetiese weerstand (spesifieke weer-
standsgeen) van die kultivar wat verbou word nie, maar ook van
die verspreiding van die betrokke Russiese koringluis-biotipes in ‘n
spesifieke gebied.
Die populasiedigtheid van sommige insekspesies, op die grens van
hul geografiese verspreidingsgebied of in ‘n nuwe verspreidings-
gebied, toon soms geweldige fluktuasies. Omgewingsveranderlikes
het ‘n groot invloed op die populasiedigtheid van insekte.
Die Russiese koringluis-biotipekompleks verander dus afhangende
van verandering in die omgewing. Aangesien die Russiese koring-
luis ‘n betekenisvolle bedreiging vir die koringbedryf in Suid-Afrika
is, is dit belangrik om die verandering in populasiedigtheid van die
Russiese koringluis-biotipes te monitor.
Gedurende 2015 was die populasiedigtheid van Russiese koring-
luis in Suid-Afrika relatief laag. In die Vrystaat en Noord-Kaap het
32,35% van die lande wat gemonitor is, geen Russiese koring-
luisinfestasie gehad nie (
Figuur 1
). Die dominante biotipe in die
Vrystaat was RWASA4, wat 19,12% van die biotipekompleks ver-
teenwoordig het (Figuur 1).
RWASA1 en RWASA3 het elk 17,65% van die biotipekompleks
verteenwoordig, terwyl RWASA2 13,24% van die biotipekompleks
verteenwoordig het (Figuur 1). In die Sentraal- en Wes-Vrystaat en
in die Noord-Kaap (Vaalharts-besproeiingsgebied) was die enigste
Russiese koringluis-biotipe wat voorgekom het RWASA1 (Figuur 1).
Die ander biotipes (RWASA2, RWASA3 en RWASA4) was gekon-
sentreerd in die Oos-Vrystaat (Figuur 1). Hoewel RWASA4 nog steeds
OP PLAASVLAK
Russiese koringluis / Biotipes / Verspreiding
Geïntegreerde plaagbeheer
ASTRID JANKIELSOHN,
LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem
1: Russiese koringluispopulasie op koring.
2: Russiese koringluisvoedingskade op vatbare koring.
1
2