April 2016
58
Kultivarkeuse en winsgewendheid van
koring
– op mekaar se tone of in maat?
W
êreldwyd verskaf koringprodusente noodsaaklike kalo-
rieë. In Afrika word ‘n toename in koringverbruik ver-
wag as gevolg van ‘n groeiende vraag na verwerkte
graanprodukte. Vir Suider-Afrika is kultivarkeuse dus
uiters belangrik om koringverbouing winsgewend te maak en die
maal- en bakbedrywe kompeterend te hou.
Die verwagte toename in koringverbruik reflekteer nie in die
nasionale koringaanplantings van 2015, wat in die somerreënval-
streek minder as 75 000 ha uitmaak, teenoor die 225 000 ha in 2011
(Graan SA, 2015) nie.
Ekonomiese faktore het produsente gedwing om oor te skakel na
somergewasse, met die gevolg dat meer koring ingevoer moet
word, al bestaan moderne tegnologie, produksiehulpbronne en in-
frastruktuur om plaaslik self aan die nasionale behoefte te voldoen.
Produsente kort sterk insentiewe om weer koring te produseer
en tans lyk die aanwysers goed. Die rand/dollar-wisselkoers het
die koringprys ‘n groot positiewe sprong laat maak en daar word
ernstig besin oor die uitermatige hoë kwaliteitstandaarde vir vry-
stelling van hoë-opbrengskultivars in Suid-Afrika en baie produsen-
te herontdek weer die waarde van koring in hul kontantvloeisisteme.
‘n Koringprys wat so onlangs soos 2015 met ± R1 500/ton te kort
geskiet het vir winsgewende produksie, is een van die hoofredes
waarom alternatiewe gewasse oorweeg word.
Opbrengspotensiaal het dus as seleksieparameter baie belangrik
vir die koringteler geword en is ook een van die primêre produksie-
keuses wat ‘n koringprodusent elke seisoen moet maak. Dit is hier
waar die kinkel lê…
Koringprys en die graderingskaal
Die prys wat ‘n produsent vir sy koringoes ontvang, word nie alleen-
lik deur graanopbrengs (t/ha) bepaal nie, maar ook hektolitermassa
(hektolitermassa per kg), valgetal (sekondes) en graanproteïenin-
houd (persentasie).
Die nasionale graderingskaal vir broodkoring (
Tabel 1
) bring die
kwaliteit van ‘n produsent se koring in berekening met die vasstel-
ling van die finale prys daarvoor en is dus net so belangrik in die
keuse van ‘n nuwe kultivar.
Gradering bepaal die mate van aanpassings wat meulenaars moet
maak in die verwerkingsproses van die spesifieke graan en gee vir
bakkers ‘n aanduiding van die eindprodukte wat daarmee vervaar-
dig kan word. Hektolitermassa, valgetal en graanproteïeninhoud
spreek dus elk ‘n ander komponent van graankwaliteit aan:
Hektolitermassa (hl/kg)
Die hektolitermassa van kultivars is ‘n genetiese eienskap, maar
word hoofsaaklik deur die omgewing bepaal. Dit is ‘n digtheidspara-
meter en gee ‘n goeie aanduiding van die meelekstraksie en uit-
eindelike winsgewendheid wat verwag kan word.
Valgetal (sekondes)
Valgetal word bepaal deur die tyd wat ‘n silinder neem om in ‘n
glasfles deur ‘n meelsuspensie te beweeg en dui die alfa-amilase
ensiemaktiwiteit in koring aan. ‘n Lae valgetal (hoë alfa-amilase
aktiwiteit) is ‘n aanduiding dat die styselmolekules na suikers
afgebreek het – wat hierdie koring dan onaanvaarbaar maak vir
kommersiële maal- en bakdoeleindes.
Graanproteïeninhoud (%)
Dit word deur die Kjeldahl- of Dumas-metodes bepaal waarin graan-
monsters verbrand word en die stikstof wat tydens ontbranding
onstaan, gemeet word. Graanproteïen gee ‘n aanduiding van die
potensiële eindprodukte wat van die koring vervaardig kan word
en die internasionale norm is dat hoë proteïen vir broodprodukte
vereis word en laer proteïen vir beskuitjies.
Oorweeg meer as net opbrengspotensiaal
Deur die keuse van ‘n voornemende kultivar alleenlik op graan-
opbrengs te baseer, word ‘n skewe prentjie geskets, aangesien op-
brengs en kwaliteit in die meeste gevalle negatief op mekaar inwerk.
Met ander woorde, die ideale kultivar moet oor hoë opbrengs, hoë
hektolitermassa, hoë valgetal en hoë graanproteïeninhoud beskik
wat in die finale prys wat ‘n produsent ontvang, weerspieël word.
Die miskonsepsie dat opbrengs alleen vir kultivarkeuse oorweeg
moet word, is algemeen reg oor die koringproduserende dele van
die wêreld en Hollamby en Bayraktar het in 1996 tot die volgende
gevolgtrekking gekom. “Yield is the prime objective. Despite a new
cultivar’s improvements, including quality capable of attracting
premiums, farmers will not grow it unless they expect it to yield
well on their farms.” (Hollamby and Bayraktar,
Increasing yield
potential in wheat: Breaking the barriers
, 1996)
OP PLAASVLAK
Kultivarkeuse / Prysrangordes / Opbrengsrangordes
Gewasproduksie
ROBBIE LINDEQUE,
LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem
Kry joune hier
Vir ‘n elektroniese kopie van die produksiehandleidings, volg
hierdie stappe:
Gaan na
www.arc.agric.za.
Kliek
op
“Information hub (Quick links)”.
Gaan af op die lysie en
kliek
op
“Small Grain”.
Gaan af op die lysie en
kliek
op die
produksiehandleiding
van belang.