Background Image
Previous Page  59 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 59 / 84 Next Page
Page Background

Tik tok...

H

ierdie jaar het verseker sy unieke uitdagings gehad. Die

droogte het teweeggebring dat die meeste produsente

se oeste aansienlik laer is as hul vyf jaar langtermyn-

gemiddelde opbrengs. Kostedruk is aan die orde van die

dag. Dit alles is ‘n wekroep vir produsente om op langtermyndoel-

witte van volhoubaarheid te fokus. Die basiese beginsels van

akkerbou bly egter van krag. Kalk bly ‘n integrale deel van ‘n vol-

houbare gewasproduksieprogram. Met die artikel fokus ons op die

basiese beginsels.

Wat is die hoofredes waarom kalk

toegedien word?

Verhoog kunsmiseffektiwiteit (meer beskikbare voedingstowwe

vir die plant).

Vul die sekondêre makro-elemente kalsium en/of magnesium

aan.

Verlaag vry waterstof [H

+

]-konsentrasie (versuring) en in uiterse

gevalle aluminiumtokisiteit.

Verbeter fisiese grondtoestande.

Soos jy kan sien is kalk ‘n belangrike skakel in volhoubare gewas-

produksie. In moeilike jare moet daar juis oordeelkundig te werk

gegaan word om hierdie kritiese elementkoste effektief te bestuur.

Dit is ‘n bewese feit dat produsente wat fokus op en bly by ‘n goeie

kalkprogram, oor die lang termyn hul grond as bate beskerm. In

goeie jare word die rendement gelewer om ‘n bogemiddelde oes te

verseker.

Kalkreaksie

Hier is ‘n paar belangrike punte wat ‘n groot verskil maak in kalk se

reaksie:

Gebruik jou landboukundige die nuutste

geakkrediteerde laboratoriumresultate van

bronne?

Dit is skokkend om te sien hoe hierdie aspek die afgelope jare deur

die kalkbedryf afgeskeep is. Die gesoute landboukundiges werk

met die nuutste analises wat die integriteit van hul aanbevelings

verhoog. By SA Kalk en Gips kan jy enige tyd die nuutste analises

aanvra. Kwaliteitskontrole is vir ons ononderhandelbaar.

Kry jy kwotasies van eksterne

vervoermaatskappye?

Jy het dalk jou eie vragmotors of vriende se vragmotors gebruik

om kalk by die naaste myn te gaan haal. Maak seker van jou opsies.

Die Suid-Afrikaanse vervoerekonomie het die afgelope paar jaar

dramaties verander. Daar is baie meer spesialislosmaatvragmotors

beskikbaar waar kontrakteurs unieke kontrakte het. Daar is niks wat

‘n vervoertarief verlaag soos goeie terugvragte op vervoerbene

nie. Die beste tariewe word soms 24 uur voor lewering beding. Die

persepsie is male sonder tal in die afgelope seisoen bewys dat ‘n

naby-bron nie noodwendig die beste gelewerde prys bied nie.

Die tydfaktor (omdraaityd en staantyd) speel ‘n baie groter rol in

tariewe naby aan bronne as afstand gery. By ‘n afstand van meer as

ongeveer > 150 km van die bron af, speel die fisiese km in die tarief

‘n baie groter rol. Praat met SA Kalk en Gips, wat veral spesialiseer

in die grootmaat skuif van kalk landwyd, aangesien die maatskappy

die enigste nasionale speler in die kalkbedyf is.

Gebruik jy die kalkkwaliteit in die som om

te bepaal watter kalkbron vir jou die beste

waarde bied?

Daar is verskeie maniere om kalkbronne te evalueer. Die eenvoudig-

ste manier is om die effektiewe relatiewe koste (ERK) (Murphy

en Folett, 1978) te gebruik. Dit is waar die produkprys (genoeg

voorraad), vervoerprys, KKE (suur) metode en deeltjiegrootte in ‘n

som gebruik word om te bepaal wat die goedkoopste gelewerde

bron vir die aanbeveling (R/ton) is. In die som word die persentasie

deeltjies kleiner as 250 mikron (0,25 mm) baie meer bevoordeel

aangesien dit die reaktiwiteit aandui. Party landboukundiges ver-

fyn die som verder deur die KKE (hars)-metode te gebruik. Die

Harswaardemetode (Fölscher en Bornman, 1985) neem reeds die

deeltjiegrootte in ag. Dit is egter ‘n moeilike metode en daar is tans

net een laboratorium wat die harswaarde op gereelde basis bepaal.

Alle aanduidings is dat landboukalk afkomstig van sagte, amorfe

en hoë poreuse bronne, baie vinniger reageer as landboukalk af-

komstig van harde kristallyne en minder poreuse bronne. Hierdie

effek is egter weglaatbaar by kalksoorte waarvan die fynheid < 250

mikron is. (FertaSA,

Bemestingshandleiding

)

Let wel: Hierdie som moet voor die samestelling van presisieboer-

deryaanbevelingskaarte en gewone aanbevelings gedoen word.

Daar is niks so frustrerend soos wanneer aanbevelingskaarte ge-

maak is en die produk wat aanbeveel word, kan nie gelewer kan

word nie. Doen dus jou huiswerk betyds. In

Tabel 1

is ‘n voorbeeld

waarin Bothaville-area as basis dien. Dit illustreer watter verskil

bogemelde punte kan maak op die gelewerde prys van verskillende

bronne. Dit is nou tyd om die regte besluite te neem. Maak seker dat

kalk deel vorm van jou produksieproses. Kontak ons gerus dat ons,

saam met jou agent en landboukundige, jou kan help om die regte

besluit op die regte tyd te neem.

57

April 2016

OP PLAASVLAK

Bemesting

BEN KROG,

bemarkingsbestuurder: SA Kalk en Gips

PRODUK

KM NA

BESTEMMING

BEREKENDE

VERVOERPRYS

HEERSENDE

VERVOERPRYS

PRODUKPRYS

KKE SUUR

DEELTJIEGROOTTE

AANGEPASTE

KKE VOLGENS

DEELTJIEGROOTTE

EFFEKTIEWE

RELATIEWE

KOSTE PER KKE

(AANGEPAS)

GOEDKOOPSTE

RANGORDE

% FYNER AS

250 MIKRON

(100%)

% GROWWER

AS 250 MI-

KRON (50%)

Dolomiet

A Olifantsfontein Dolomiet

265 R234 210 250 84

59% 41% 67

R6,89

4

A Ottoshoop Dolomiet

244 R215 190 155 96

94% 6% 93

R3,70

1

B Meyerton Dolomiet

191 R197 180 260 92

92% 8% 88

R4,98

3

B Mooiplaas Dolomiet

273 R241 220 185 93

89% 11% 88

R4,61

2

Kalsiet

A Olifantsfontein Kalsiet

265 R234 210 325 86

52% 48% 65

R8,19

5

A Panfontein Kalsiet

183 R188 170 155 55

92% 8% 53

R6,16

3

A Prolime Kalsiet

228 R201 180 185 89

60% 40% 71

R5,13

1

B Northam Kalsiet

338 R298 280 128 78

64% 36% 64

R6,38

4

B Ulco Kalsiet

340 R300 280 200 98

72% 28% 84

R5,70

2

TABEL 1: DIE VERSKIL OP DIE GELEWERDE PRYS VAN VERSKILLENDE BRONNE (BOTHAVILLE AS BASIS).

Produk-inligting