59
April 2016
Om hierdie stelling te illustreer, is ‘n alternatiewe rangorde vir kulti-
vars bepaal volgens die prys (R/c) wat elkeen sou behaal en dit word
dan vergelyk met die rangorde van hul graanopbrengspotensiaal.
Graanopbrengs, hektolitermassa, valgetal en proteïeninhoud van al
die droëlandkultivars wat vir vroeë en laat aanplanting in die Oos- en
Noordwes-Vrystaat in 2014 aanbeveel was, is hiervoor gebruik.
Eerstens is ‘n denkbeeldige prys van R3 500/ton vir graad 1 toe-
geken met ‘n verskil van R250 tussen enige twee aangrensende
grade. Hierna is die graanopbrengs (t/ha) wat ‘n kultivar behaal
het met die prys van die graad (R/ton) daarvoor vermenigvuldig.
Hierdie “prysrangorde” is dan langs die rangorde vir graanopbrengs
uitgedruk en vergelyk.
Bykans geen skommeling tussen die opbrengsrangorde en die
prysrangorde het in die vroeë aanplanting (Junie) in die Oos-
Vrystaat voorgekom nie (
Tabel 2
) en slegs resultate vir die later
aanplanting word bespreek.
Indien ‘n produsent SST 398 sou kies volgens prysrangorde en
nie PAN 3111 (volgens opbrengsrangorde) nie, sou die finansiële
verskil per hektaar R604 wees. In ander woorde gestel, die keuse
van SST 398 sou ‘n produsent wat 300 ha daarvan plant, ‘n addi-
sionele R181 350 in die sak besorg omdat hektolitermassa, valgetal
en graanproteïen daarvan ‘n beter graad tot gevolg sou gehad het.
Dieselfde mate van skommelinge in rangorde kom ook in die Noord-
wes-Vrystaat voor (
Tabel 3
) alhoewel dit, anders as in die Oos-
Vrystaat, by beide die vroeë- en later plantdatums was. Vir ‘n vroeë
aanplanting sou die keuse van PAN 3161 (eerste in die rangorde
volgens prys) bokant PAN 3195 (eerste volgens die rangorde
vir opbrengs) ‘n reuse verskil van oor die R2 600/ha gemaak het
wat vir ‘n produsent met 300 ha van hierdie kultivar, ‘n addisionele
R800 000 sou beteken het.
By ‘n later plantdatum is die nommer een kultivar volgens opbrengs-
rangorde en prysrangorde dieselfde kultivar, naamlik Matlabas.
Die skommeling tussen rangordes in onderskeidelik die laat aan-
planting in die Oos-Vrystaat en vroeë aanplanting in die Noordwes-
Vrystaat in 2014 was hoofsaaklik as gevolg van variasie in hektoliter-
massa en nie proteïeninhoud soos algemeen verwag sou word nie.
Hektolitermassa word veral beïnvloed deur uitermatige droë
toestande en/of hitte in die tweede helfte van die groeiseisoen.
GRAAD
GRADERINGPARAMETERS VIR KLAS B-KORING (BROODKORING)
HEKTOLITERMASSA
VALGETAL
GRAANPROTEÏENINHOUD
1
77
220
12
2
76
220
11
3
74
220
10
4
72
200
9
Utiliteitsgraad
70
150
8
Ander
< 70
< 150
< 8
TABEL 1: DIE SUID-AFRIKAANSE GRADERINGSTABEL VIR KORING.
VROEË PLANTDATUM (JUNIE)
LATER PLANTDATUM (JULIE)
KULTIVAR
OPBRENGS
PRYS
KULTIVAR
OPBRENGS
PRYS
RANGORDE T/HA RANGORDE R/HA
RANGORDE T/HA RANGORDE R/HA
SST 347
1
3,93
1
12 576,00 SST 398
3
4,07
1
13 024,00
PAN 3111
2
3,90
2
12 480,00 PAN 3368
5
3,97
2
12 704,00
PAN 3195
3
3,81
3
12 192,00 SST 317
6
3,91
3
12 512,00
Matlabas*
4
3,80
4
12 160,00 PAN 3111
1
4,21
4
12 419,50
SST 356
5
3,65
5
11 680,00 Elands
8
3,77
5
12 064,00
SST 316
6
3,57
6
11 424,00 SST 347
4
3,98
6
11 741,00
SST 317
7
3,52
7
11 264,00 Senqu
11
3,63
7
11 616,00
SST 387
8
3,49
8
11 168,00 PAN 3195
2
4,09
8
11 043,00
SST 398
9
3,49
9
11 168,00 SST 316
12
3,62
9
10 679,00
PAN 3120*
10
3,43
10
10 976,00 PAN 3379
12
3,60
10
10 620,00
PAN 3118*
11
3,30
11
10 560,00 Gariep
15
3,25
11
10 400,00
PAN 3379
13
3,18
12
10 176,00 PAN 3161
7
3,78
12
10 206,00
Gariep
14
3,09
13
9 888,00 Koonap
16
3,17
13
10 144,00
Senqu
15
3,06
14
9 792,00 SST 356
9
3,74
14
10 098,00
PAN 3368
16
3,04
15
9 728,00 SST 387
14
3,52
15
9 504,00
PAN 3161
12
3,26
16
9 617,00 PAN 3198
16
3,12
16
8 424,00
Elands
17
2,85
17
9 120,00
Koonap
19
2,67
18
8 544,00
PAN 3198
18
2,83
19
8 348,00
TABEL 2: PRYS- EN OPBRENGSRANGORDES VAN DROËLANDKULTIVARS UIT DIE OOS-VRYSTAAT (2014).
Kultivars wat met ‘n asterisk* gemerk is, word slegs aanbeveel vir ‘n vroeë plantdatum