Background Image
Previous Page  40 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 40 / 92 Next Page
Page Background

April 2015

38

Riglyne vir die benutting

van verdroogde graangewasse en oesreste

D

ie omvang van die 2014/2015-droogte in die somersaai-

gebiede is van so ‘n aard dat daar feitlik geen area is wat

nie deur die droogte geraak is nie. Die omvang van die

skade wissel tussen gebiede, maar selfs op dieselfde

plaas is daar blokke graan wat minder of meer skade het as gevolg

van oneweredige reënval.

Dit is so dat graanvorming en dus oesopbrengs in sekere streke

geweldig benadeel is, maar ‘n redelike hoeveelheid vegetatiewe

groei het plaasgevind. In ander streke is die gewasse baie vroeg

beskadig en daar is dus min materiaal op die lande. Ten spyte van

die droogte, is daar ‘n redelike hoeveelheid plantmateriaal waar-

op diere kan oorwinter en dit is ‘n baie groot pluspunt.

Sonder oesreste of verdroogde plantmateriaal sou dit haas on-

moontlik wees om vee in die somersaaigebiede te oorwinter.

Verskillende benuttingsmetodes van die plantmateriaal het koste-

implikasies en daarom moet deeglik besin word voor mielies net

summier afgesny word.

Besluit eerstens oor die heraanwending van die droogtebeskadig-

de oeste. Gaan dit byvoorbeeld oor die maksimering van winste, oor

voervoorsiening aan vee omdat daar niks anders is om te vreet nie,

oor moontlike waardetoevoeging van die droogtebeskadigde oeste

of oor die beste en goedkoopste oorwinteringsmetode vir vee?

Om ‘n besluit te neem:

Bepaal eers hoeveel en watter tipe voer (ruvoer en/of kragvoer)

werklik vir die vee benodig word.

Bepaal hoeveel ton graan per hektaar geoes kan word.

Bepaal met die hoeveelheid graan of die graaninkomste per

hektaar die stroopkoste gaan oorskry.

Bepaal die hoeveelheid materiaal en graan wat per hektaar

beskikbaar is. Daaruit sal die drakrag van die gewas afgelei

kan word.

Bepaal ook vir hoe lank die gewas en materiaal beskikbaar sal

wees.

Neem ‘n besluit oor watter alternatief die boerderyverlies sal

minimeer.

Beweiding op die land

Die heel goedkoopste metode is om die gewas net so op die land

te los en te bewei wanneer dit nodig is. Skape benut die graan baie

goed en daar is feitlik geen vermorsing nie.

Die grootste risiko is dat skape hulleself sal oorvreet aan graan

en groot verliese kan as gevolg van suurpens (asidose) voorkom.

Skape moet geleidelik oor ten minste 14 dae op graan aangepas

word voordat hulle op die lande gaan en gee daarmee saam ‘n

produk om suurpens te voorkom.

Voermol Landelek (V15414) is ‘n voorbeeld van só ‘n lek. Maak

seker dat die lek medikamente en buffers bevat om suurpens te

beperk. In die 14 dae-aanpassingsperiode moet mielies aanvanklik

teen 200 g/skaap/dag gegee word vir twee dae en daarna elke

tweede dag gelykmatig met 100 g verhoog word.

Vars Landelek moet daagliks naby waterkrippe gegee word om ‘n

daaglikse inname van ten minste 200 g per 45 kg tot 50 kg skaap

te verseker. Landelek bevat ook 26% proteïen en die regte minerale

en spoorminerale om tekorte op mielies, graansorghum en sonne-

blomme aan te vul.

Mielieplante kan reeds in die groenstadium bewei word, maar

groen, verlepte graansorghumplante het ‘n hoë blousuurinhoud en

moet verkieslik bewei word wanneer die plante heeltemal dood is.

Hypo teen 1 kg per 200 liter drinkwater sal help om blousuurvergifting

te beperk.

Bonegewasse, soos byvoorbeeld sojabone wat verdroog het,

kan baie goed deur skape benut word. Skape moet ook gelei-

delik oor ten minste 14 dae op sojabone aangepas word om spys-

verteringsteurnisse te voorkom.

‘n Breek in die wol by wolproduserende rasse kom algemeen voor

indien die aanpassing nie geleidelik is nie. Die regte aanvulling

op bonegewasse en bonereste is Voermol Molovite (V7266) en ‘n

daaglikse inname van ongeveer 200 g per 45 kg tot 50 kg skaap is

voldoende. Molovite bevat 10% goeie gehalte natuurlike proteïen

en die nodige medikamente, minerale en spoorminerale om tekorte

op bone en bonereste aan te vul.

Beeste benut verdroogde plantmateriaal op die land baie goed,

maar as daar ‘n redelike hoeveelheid graan is (meer as 0,5 ton/ha),

vind vermorsing plaas. Pitte wat op die grond val, gaan verlore

en beter benutting is moontlik waar skape in kombinasie met

beeste wei.

Dit maak sin om die vee in te jaag terwyl die graan nog nat is om

verdere verwering en verliese van plantmateriaal te beperk.

‘n Onbeplande brand kan hierdie voer totaal vernietig en daarom

moet voorbrande gemaak word waar daar ‘n brandrisiko is.

Maak van kuilvoer

Besin deeglik oor die koste en aanwending van kuilvoer. Om mielies

met ‘n enkelrykerwer te sny en uit te ry, gaan ongeveer R1 100/ha

kos. Dieselgebruik kan tussen 13 liter/ha en 28 liter/ha beloop.

Hoe hoër die opbrengs, hoe laer sal die maakkoste per ton wees en

daar is ‘n hele aantal faktore wat die werklike koste bepaal. Waak

daarteen om té vroeg te sny, want alhoewel die blare droog vertoon,

kan die stamme nog baie nat wees.

Die ideale vogpersentasie om kuilvoer te sny, lê tussen 70% en

60%. Kerf die materiaal fyn (10 mm - 20 mm) en kompakteer goed

om goeie fermentasie te kry. Droogtemielies se stikstofinhoud

is normaalweg hoër as dié van mielies wat goed gegroei het. Die

suikers in verdroogde mielies is gewoonlik hoog genoeg vir normale

fermentasie.

‘n Melkkoei is die mees doeltreffende dier om kuilvoer in geld

om te sit. Rantsoene met die maksimuminsluiting van kuilvoer is

OP PLAASVLAK

Verdroogde graangewasse / Beweiding / Kuilvoer

Bestuurspraktyke

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker en

HENDRIK VAN PLETZEN,

Voermol Voere