Background Image
Previous Page  36 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 36 / 92 Next Page
Page Background

April 2015

34

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

Grondbone

Sojabone

MNR FRANS MINNAAR IS DIE NUWE VOORSITTER VAN DIE WERKGROEP.

MNR JAN GREY TREE AS VOORSITTER OP.

Navorsing

Me Loureine Salomon (LNR-Instituut vir Graangewasse) gee terug-

voer oor die Elite kultivarproewe. Een van die teellyne toon uit-

stekende weerstand teen droogte in die Brits-gebied. Sy waarsku

produsente teen proewe met ingevoerde saad aangesien nie almal

aan fitosanitêre vereistes voldoen nie.

Droogtetoestande

Mnr Wandile Sihlobo (ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA) noem

dat Graan SA besig is met gesprekke met die staat en dat inligting

voortdurend aan hulle oorgedra word, wat hulle op hoogte hou ra-

kende die huidige toestande. Plaaslike produksie kan met soveel

soos 9% daal weens droogtetoestande.

Mark en insette

In ‘n oorsig van markte wys Sihlobo op verwagtinge dat huishoude-

like verbruik sal toeneem wat kan lei tot ‘n verhoogde vraag na

graanprodukte. Daar word ook verwag dat rentekoerse vir ‘n redelike

tydperk stabiel behoort te bly.

Liggingsdifferensiaal

Teen die agtergrond van die JSE wat besluit het om nie die stelsel

uit te faseer nie, is daar deur Hoofbestuur aanbeveel dat kontant-

markte in die onderskeie streke verder ontwikkel word sodat dit

meer deursigtig sal wees.

Invoere

Produsente versoek inligting oor hoeveel ton grondbone en saad

van die buiteland af ingevoer word, van watter lande, wat die kwali-

teit daarvan is en waarvoor dit gebruik word. Die sessie besluit dat

die versoek aan die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye

en die Departement van Gesondheid gestuur word.

Produksie/Insette

Mnr Corné Louw (senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA) gee

terugvoer oor die vordering wat gemaak word met die implemen-

tering van ‘n tantieme model vir oopbestuifde gewasse. Die voor-

gestelde sisteem het ten doel om die negatiewe impak teen te werk

wat die terughouding van saad op investering in die saadbedryf het.

Na deeglike bespreking is besluit dat ‘n eenvoudige tantieme model

ondersteun word.

Saad

Louw gee terugvoer oor die beskikbaarheid van gesertifiseerde

sojaboonsaad vir die 2015/2016-produksieseisoen. Hy noem dat

volgens berekeninge daar verlede jaar genoeg gesertifiseerde saad

beskikbaar was vir die aanplant van 360 000 hektaar, terwyl inlig-

ting van saadmaatskappye aandui dat daar vir die komende seisoen

gesertifiseerde saad vir die aanplant van 620 000 hektaar beskik-

baar behoort te wees.

Kultivarkeuses

Me Annelie de Beer (LNR-Instituut vir Graangewasse) gee terugvoer

oor die resultate verkry uit die jaarlikse kultivarevalueringsproewe.

Uit die resultate is dit duidelik dat daar ‘n groot verskil is tussen

die twee lokaliteite by Hoopstad en Migdol. Daar word versoek dat

evalueringsproewe in die weste uitgebrei word.

Droogtehulpplan

Louw noem dat gegewe die uitermatige graad van droogte wat

tans in die somerproduksiegebiede beleef word, Graan SA ‘n droog-

tehulpplan ondersoek. Voorstelle oor hoe produsente bygestaan

kan word, sluit in: Belastingvrye spaarplanne vir ekstreme gevalle

van droogte en waarborge vir finansiële instellings vanaf die rege-

ring in tye van rampe.

Gradering

Grey verduidelik hoe sojaboongradering tans werk en hoe die voor-

gestelde graderingsregulasies (dispensasie vir 2015-seisoen) gaan

werk. Die voorstel is dat daar onder die 4,75 mm rondegatsif, ‘n

1,8 mm gleufsif gebruik word vir die bepaling van vreemde voor-

werpe en die persentasie sojabone en stukkies sojabone in die

besending. Die vreemde voorwerp persentasie word vanaf 4% na

5% verhoog en gevolglik die kombinasie van vreemde voorwerpe

en Sclerotinia vanaf 6% na 7%.

Voginhoud

Louw verwys na ‘n besluit by die vorige Wegbreeksessie dat die

moontlikheid ondersoek word om die voginhoud van sojabone

tydens lewering vanaf 13% na 14% te verhoog. Die rede vir die ver-

soek was dat dit die stroopkapasiteit van ‘n produsent aansienlik

sal verhoog en ook die risiko aan verliese tydens stroping verlaag.

Gevallestudies word deur Graan SA en AgbizGrain ondersoek waar

sojabone teen ‘n hoër voginhoud gelewer is en oor ‘n lang termyn

veilig geberg word.

Tariefbeskerming

Louw noem dat die veevoerbedryf in 2014 aansoek by die Kommis-

sie vir Internasionale Handelsadministrasie van Suid-Afrika (ITAC)

gedoen het om die sojabooninvoertarief te verwyder. Graan SA het

deur middel van goeie motivering en ondersteuning van die De-

partement van Handel en Nywerheid, daarin geslaag om die invoer-

tarief vir die bedryf te behou.

Koppe bymekaar gesit

tydens wegbreeksessies