Background Image
Previous Page  41 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 41 / 92 Next Page
Page Background

39

April 2015

op aanvraag beskikbaar. Verdroogde mieliekuilvoer kan ook met

sukses in voerkraalrantsoene gebruik word of vir beperkte byvoe-

ding om vleisbeeste mee te oorwinter.

Mieliekuilvoer se energiewaarde en veral droogtekuilvoer is te

laag om beeste mee af te rond en daarom moet energie in ‘n voer-

kraalrantsoen bygevoeg word. Melassemeel is ‘n goedkoop bron

van energie en dit kan tot 12% van die mieliemeel in ‘n voerkraal-

rantsoen vervang.

Skape kan ook kuilvoer benut, maar as gevolg van selektiewe

vreetgewoontes, is die inname soms nie voldoende nie. Sodra die

kuilvoer bietjie uitdroog in die krip, weier skape om dit te vreet.

Skape moet ten minste twee tot drie keer per dag vars kuilvoer kry

om ‘n goeie inname te verseker.

Stoekmielies

Die kwaliteit van stoekmielies is goed, maar hoë arbeids- en maal-

koste veroorsaak dat dit min in die praktyk gedoen word.

Sny, hark en baal

As gevolg van hoë koste, is dit sekerlik die laaste benuttingsmeto-

de om te oorweeg. Baie faktore bepaal koste, maar ‘n riglynkoste

vir sny, hark en baal met ‘n rondebaler is ongeveer R701/ha en on-

geveer 22 liter diesel per hektaar sal benodig word.

Die kwaliteit van gebaalde mieliereste is hoogstens vir onderhoud,

en om beter benutting te kry, moet dit gemaal en met ‘n produk

soos Voermol LS 33 (V2678) behandel word. Meng LS 33 in gelyke

dele met water en meng 1 liter van die mengsel met 10 kg ruvoer.

LS 33 verhoog die smaaklikheid en kwaliteit van enige swak gehal-

te ruvoer.

‘n Laaste opmerking is dat die herstelvermoë van mielies in baie

gevalle onderskat word. Veral jonger mielies kan verbasend herstel

mits dit nog reën. Die hoë mielieprys maak dit die moeite werd om

selfs by ‘n lae opbrengs te stroop.

Deur net die graan te verwyder, is daar nog baie plantreste om vee

mee te oorwinter. Mielieresteweiding se energiewaarde is hoog,

maar die proteïenwaarde is marginaal tot laag vir produserende

diere, soos lammerooie; koeie met kalwers; en jong, groeiende diere.

Lekaanvulling is belangrik en ‘n lek soos Voermol se Landelek is

spesiaal ontwikkel om voedingstekorte op oesresteweidings vir

hierdie tipe diere aan te vul. Maak net seker dat die risiko van brand

tot die minimum beperk word.

Kontak ‘n landboukundige in jou gebied om behulpsaam te wees

met die beplanning hiervan of vir Hendrik van Pletzen by 083 456

3636 of Pietman Botha by 082 759 2991.

1: Koos Snyman van Aliwal-Noord wys hoe

skape weimielies benut. Al die graan word

uiteindelik benut.

2: Voermol Landelek bevat die nodige

buffers, goeie gehalte proteïen en spoor-

minerale om verdroogde mielies en reste

optimaal te benut.

1

2