33
April 2015
Bewaringslandbou
De Villiers meld dat die Mielietrust die Bewaringslandbouprogram
finansier, terwyl die Wintergraantrust alles reiskoste befonds. Die
Bewaringslandbouwerkgroep, wat verlede jaar begin is, is belangrik
om dié praktyk te bevorder.
Klimaatstoestande en oesskatting
Die eerste oesskatting dui op aansienlike laer produksie vir feitlik
alle graansoorte, behalwe sojabone wat min of meer met dié van
verlede jaar vergelyk.
Droogtehulpplan
Die droogtehulpplan wat deur Graan SA se Bedryfsdienste-afdeling
opgestel is, word aan die vergadering verduidelik. Mnr Jozeph du
Plessis (Graan SA-hoofbestuurslid, Streek 2) bepleit ‘n stelsel van
multirisikoversekering – soos onder meer in die VSA gebruik word.
Indien daar nie multirisikoversekering beskikbaar gaan wees nie,
gaan daar volgende jaar ‘n drastiese afname in aanplantings gesien
word. Die vergadering besluit onder meer dat Graan SA met die
regering in gesprek sal tree rondom hulp met multirisikoverseke-
ring en dat met insetverskaffers in gesprek getree word oor hulp
met en uitstel van betalings.
Liggingsdifferensiaal
Teen die agtergrond van die JSE wat besluit het om nie die stelsel
uit te faseer nie, is daar deur Hoofbestuur aanbeveel dat kontant-
markte in die onderskeie streke verder ontwikkel word sodat dit
meer deursigtig sal wees. Mnr Derek Mathews (Graan SA-hoofbe-
stuurslid, Streek 5) verduidelik dat die JSE ‘n nuwe produk in die
mark gaan plaas, naamlik
basis future trading
wat sal meebring dat
die basis by elke ligging vir twaalf maande vooruit verhandel kan
word. Mathews is van mening dat dit gaan beteken dat besprekings
rakende die liggingsdifferensiaal binnekort irrelevant sal wees. Die
vergadering aanvaar Mathews se voorstelle in dié verband.
Mark en insette
Die wêreld vraag en aanbod vir mielies het rekordproduksie- en ver-
bruiksvlakke bereik en die voorraadvlakke is baie hoog. Graan SA
is besig om met Tesourie te onderhandel oor die terugeis van volle
dieselkortings in plaas van net 80% waar logboeke volledig gehou is.
Dit is egter nog nie so deur Tesourie aanvaar nie.
Sonneblom
MNR JOHN RANKIN TREE AS VOORSITTER OP.
Mark
Dr Ferdi Meyer (Buro vir Voedsel- en Landboubeleid [BFAP]) het
die sessie toegespreek oor ‘n studie wat hulle oor die plaaslike
sonneblomwaardeketting gedoen het. Die doel was om die Suid-
Afrikaanse waardeketting te evalueer en te ontleed ten einde die
algehele toestand van die bedryf te bepaal. Een van die bevindinge
was dat Suid-Afrika ‘n moontlike netto invoerder van sonneblom-
olie en -oliekoek gaan bly.
‘n Verdere doelwit van die studie was om geleenthede te identifi-
seer wat die bedryf kan verbeter en internasionale mededingend-
heid te behou. Melding is gemaak dat die persentasie olie-inhoud,
soos vereis deur die JSE kontrak, beperk is tot 38%, terwyl die
Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium (SAGL) rapporteer dat ‘n ge-
middelde olie-inhoud van 43% plaaslik geproduseer word.
Liggingsdifferensiaal
Rankin meld dat ‘n besluit by ‘n vorige Kongres geneem is dat
die liggingsdifferensiaal afgeskaf moet word, maar dat Hoofbestuur
‘n nuwe voorstel hieroor gemaak het. Hoofbestuur versoek dat ken-
nis geneem word dat die liggingsdifferensiaal ‘n besigheidsmodel
van die JSE Safex is, maar dat die JSE besluit het om nie die stelsel
uit te faseer nie; dat aanbeveel word dat kontantmarkte in die on-
derskeie streke verder ontwikkel word en meer deursigtig bestuur
word; dat Graan SA voortgaan om die billike berekening van die lig-
gingsdifferensiaal deur die JSE te monitor en waar nodig, met die
JSE Safex vir die herberekening daarvan te skakel.
Die sessie besluit dat Hoofbestuur se aanbevelings ondersteun word.
Gradering
Me Petru Fourie (ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA) meld dat
daar vanjaar as gevolg van die droogtetoestande aansoek gedoen
kan word vir ‘n dispensasie by die gradering van sonneblom sodat
sifsels onder die sif bygetel kan word as deel van die massabepa-
ling by sonneblomsaad. In ‘n droë jaar soos vanjaar kan daar baie
klein sonneblompitjies wees wat ‘n redelike bydra tot die gewig van
die vrag kan maak.
Navorsing
Dr André Nel van die LNR-Instituut vir Graangewasse het terug-
voer oor twee van die vernaamste gebeurtenisse wat die afgelope
seisoen by sonneblom voorgekom het, gegee.
Hittekanker
Hittekanker, wat ook stamkanker genoem word, het vanjaar op die
sandgrond van die Noordwes-Vrystaat voorgekom. Dit is nie ‘n
siekte nie, maar is ‘n beskadiging van die buitenste weefsel van die
stam deur hitte. Dit kom gelukkig nie baie voor nie en daar is byna
niks wat daaraan gedoen kan word nie.
Dowwe pitte
Die voorkoms van dowwe pitte gedurende die afgelope seisoen was
bogemiddeld in sekere produksieareas. Die probleem het wyd kop
uitgesteek, maar dit was meer opvallend in die Noordwes Provin-
sie, veral in die omgewing van Delareyville, Schweizer-Reneke en
Migdol. Die probleem het by sonneblombasters van verskillende
maatskappye voorgekom.