Background Image
Previous Page  37 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 37 / 92 Next Page
Page Background

35

April 2015

SA Graan/Grain

dekking van Kongres 2015

Die

SA Graan/Grain

redaksie bring hierdie samevatting oor vanjaar se Graan SA Kongres (soos uiteengesit op

bladsy 13 tot 37) aan ons lesers en lede van die organisasie wat nie persoonlik die Kongres bygewoon het nie. Dit

moet egter geensins geag word as ‘n genotuleerde weergawe van Kongres of kongresverrigtinge nie, aangesien

laasgenoemde in die amptelike notule weergegee word.

Sorghum

MNR LOUIS CLAASSEN TREE AS VOORSITTER OP.

Biobrandstofbeleid

Vrae word gestel of biobrandstof, volgens wet, steeds in brandstof

ingemeng gaan word, en of sorghum dalk daarvoor ingevoer sal

moet word. Die sessie besluit dat Graan SA ondersoek moet instel

of biobrandstof steeds in brandstof ingemeng gaan word. Daar is

ook onsekerheid of die fabriek op Cradock ontwikkel gaan word.

Graderingsregulasies

Me Funzani Sundani (ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA) gee te-

rugvoer oor die nuwe voorgestelde graderingsregulasies vir sorg-

hum. Sy beklemtoon dat daar ooreengekom is dat die GL-grade

sal wegval en daar net twee grade, naamlik GM en GH, sal wees.

‘n Bykomende graad (GM3) wat voorsiening sal maak vir sorghum

wat nie aan die spesifikasies vir die GM1- en GM2-graad voldoen nie,

sal ingestel word.

Uitvoermarkte

Daar is aanduidings dat Botswana huiwerig is om sorghum van

Suid-Afrika in te voer aangesien hulle graag eerder self wil produ-

seer. Die sessie word egter ingelig dat ander Afrika-markte ‘n poten-

siaal vir uitvoer van tot 50 000 ton toon.

Kweleaprobleme

Aandag word gegee aan probleme wat die Departement van Land-

bou, Bosbou en Visserye het met die voorsiening van brandstof

vir beheeraksies. In sekere gevalle het produsente die brandstof

gekoop vir die beheeraksie en is terugbetaal deur die departement.

Die sessie besluit dat beswaar by die departement aangeteken

word dat die beheeraksies nie op standaard is nie en opgeknap

moet word.

Mark en insette

Wêreldwyd is daar ‘n verwagte toename in sorghumproduksie

weens veral stygings in die VSA, Australië en Argentinië. China

word gesien as die grootste koper van sorghum. Plaaslik is die situ-

asie nie so positief nie weens onlangse droogtetoestande.

Liggingsdifferensiaal

Grey noem dat Graan SA saam met die PNS dit tot dusver kon reg-

kry om die JSE te oortuig dat sojabone nie ‘n liggingsdifferensiaal

nodig het nie.

Sclerotinia

Na aanleiding van vrae oor Sclerotinia, noem dr Jan Dreyer (voor-

heen van die LNR-Instituut vir Graangewasse) dat die PNS die vor-

dering in ander lande om Sclerotinia te bekamp, fyn dophou. BASF

het aangedui dat daar belowende produkte in die pyplyn is wat

Sclerotinia effektief kan beheer. Louw noem dat Graan SA tans

probeer om ‘n konsortium vir Sclerotinia-navorsing in Suid-Afrika

te vestig.

Aalwurm

Mnr Thabo van Zyl (produsent van Wesselsbron) noem dat aalwurm

in die sandgronde ‘n baie groot probleem is. Daar is volgens hom

geen chemiese middels vir aalwurm op sojabone geregistreer nie.

Daar is ook ‘n groot behoefte aan aalwurmweerstandige kultivars.

Oesversekering

Die sessie stel vrae oor duur oesversekering op sojabone. Die be-

kostigbaarheid van veral haelversekering het ‘n probleem geword.

Mnr Gerhard Diedericks (Santam Landbou) gee terugvoer oor

die winsgewendheid van verskeringsprodukte en dui aan dat die

versekeraar nuwe moontlikhede sal ondersoek.