

Januarie 2019
26
OP PLAASVLAK
Geïntegreerde plaagbeheer
Toksikologiese studies
Alle landboumiddels, hetsy chemies of biologies van aard, hou een
of ander moontlike gevaar vir menslike gesondheid of die omgewing
in. Daarom word vereis dat ’n volledige toksikologiese evaluering
van die middel onderneem word wat gewoonlik intensief in die
Noordelike Halfrond uitgevoer word.
Die verslag sal risiko’s identifiseer en ook die maksimum toegelate
daaglikse inname vir mense spesifiseer.
Registrasieproses
Die aansoek om registrasie van ’n nuwe landboumiddel is ’n om-
vattende proses wat tot twee jaar mag duur. Verskeie tegniese
spesialiste evalueer die data wat voorgelê word en dikwels vra die
Registrateur bykomende data aan voordat die dossier uiteindelik
goedgekeur en registrasie toegestaan word.
Na-registrasie kontrole
Registrasiehouers is onderhewig aan verskeie ander vereistes nadat
hul landboumiddels geregistreer is. Sommige middels word van
die buiteland ingevoer waar dit geformuleer en reeds verpak is met
die nodige etikette. Ander word in grootmaat ingevoer en plaaslik
herverpak en dan geëtiketteer.
Daar is ook baie produkte waarvan die aktiewe bestanddele en
koformulante ingevoer word waarna die middel plaaslik geformu-
leer, verpak en geëtiketteer word. Dit is noodwendig so dat daar
tydens vervaardiging wel foute mag insluip wat die landboumiddels
se gehalte en/of samestelling negatief mag beïnvloed.
Om te verseker dat produkte se samestelling altyd aan die spesifi-
kasie voldoen en van hoogstaande gehalte is, moet alle ingevoerde
produkte, ná invoer ontleed word om die gehalte te bepaal. Produkte
wat plaaslik vervaardig word óf plaaslik geformuleer word, moet ook
aan sulke gehaltebeheertoetse onderwerp word.
Gehaltebeheertoetse is analises wat gedoen word om vas te stel
wat die chemiese inhoud en fisiese eienskappe van die middels is.
Die analise van die aktiewe bestanddele is die belangrikste – en
daarmee saam of die korrekte aktiewe bestanddeel teenwoordig is
en of dit in die gereguleerde konsentrasie is.
Let wel dat die regulasies van Wet Nr. 36 van 1947 wel bepaalde
spelings toelaat – byvoorbeeld as die aktiewe bestanddeel meer as
50% van die formulasie is, dan mag die afwyking nie meer as 2,5%
wees nie en as die aktiewe bestanddeel tussen 25% en 50% is, mag
die afwyking nie meer as 5% wees nie.
Verder moet dit vasgestel word of daar enige kontaminante of
onsuiwerhede in die formulasie is. Sulke elemente is wel toelaatbaar,
maar binne die perke wat vasgestel is wanneer die produk ge-
registreer word.
Die toetse behels ook fisiese eienskappe soos byvoorbeeld
viskositeit, partikelgrootte veral vir suspensie-konsentraat en
emulsie in water formulasies, die digtheid (soortlike gewig) en
stabiliteit. Daar word ook gekyk na korrelgrootte en oplosbaarheid
van water oplosbare korrelformulasies. Dit is selfs raadsaam om een
van die vervaardigde houers in die praktyk op die proef te stel om
vas te stel of dit die gewenste resultate lewer.
Daar is ook die regulatoriese intervensie in produkgehalte, naamlik
dat dit die Registrateur vry staan om enige tyd hierdie analitiese data
te inspekteer ten einde te bepaal of die spesifieke middel aan die
gehalte vereistes voldoen. Hy mag selfs monsters neem om dit te
laat analiseer vir gehaltebeheer.
’n Inspekteur van die direktoraat vir die beheer van landbou-insette
daag gereeld by registrasiehouers se pakhuise op om geseëlde
houers vir analise te neem. Alle landboumiddels wat ingevoer word
en selfs produkte wat plaaslik geformuleer word, is aan rekordhou-
ding onderhewig. Monsters moet as deel van gehaltebeheer gehou
word vir latere verwysing indien daar enige probleme opduik.
Die onus vir gehaltebeheer lê by die registrasiehouer en die man-
daat by die Registrateur. Indien die Registrateur vind dat die produk
se samestelling nie aan die spesifikasies voldoen nie, is hy by
magte om die produk se registrasie op te skort of selfs te kanselleer
afhangende van die aard van die afwyking.
Aanduidings van moontlike swak gehalte
Dit is heeltemal moontlik dat foute kan insluip tydens die vervaardi-
ging van landboumiddels. Vir die produsent is dit onmoontlik om te
weet of daar foute gemaak is, maar ’n blote visuele inspeksie van die
produk in sy houer sal gewoonlik die eerste simptome van verkeerde
of swak produkgehalte aandui.
Kleure wat onbekend lyk, middels waarvan die onderskeie kom-
ponente uitgeskei het, onbekende reuke en swak prestering is tekens
van moontlike probleme. Kontak dadelik die registrasiehouer vir hulp
met só ’n vermeende swak gehalteproduk.
GEHALTEVERSEKERING
in landboumiddels
Graan SA/Sasol fotokompetisie