

GEHALTEVERSEKERING
in die
produksie van landboumiddels
G
raanprodusente spandeer amper 10% van hulle produk-
siekoste aan landboumiddels, oftewel, plaagdoders en
aan verwante produkte soos benatters, kleefmiddels en
buffers. Enige van die insette soos saad, kunsmis en land-
boumiddels is baie belangrik vir produsente omdat goeie gehalte
insette saam met geskikte weersomstandighede ’n winsgewende
oes vir die produsent verseker.
Daar bestaan ’n mate van wantroue onder produsente oor die gehalte
van landboumiddels. Dit word dikwels aangevuur deur gerugte van
lae effektiwiteit of selfs gewasskade.
CropLife Suid-Afrika, wat die bedryfsvereniging vir die plant-
beskermingsbedryf is, wil produsente die versekering gee dat
daar min rede is om enigsins die gehalte van landboumiddels te
bevraagteken.
Die stelling word egter slegs gekwalifiseer met die voorbehoud dat
landboumiddels wel geregistreer is en aan al die vereistes voldoen.
Ongeregistreerde landboumiddels is uiters riskant omdat daar geen
waarborg is dat dit aan die vereistes voldoen nie.
Vereistes in terme van Wet Nr. 36 van 1947
DieWet opMisstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels,
1947 (Wet Nr. 36 van 1947) vereis dat alle landboumiddels, of dan
plaagdoders, geregistreer moet wees. Dit vereis bowendien dat
die middels in goedgekeurde, skoon houers wat nie mors as die
middel oorgegiet word nie, verpak moet wees, dat die houer met
’n goedgekeurde etiket toegerus is, dat die middel se samestelling
en fisiese eienskappe voldoen aan die vereistes soos by registrasie
ingedien en dat die middels se effektiwiteit ooreenstem met dít wat
vir die aansoek om registrasie aangebied is.
Hierdie vereistes is almal onder Artikel 7 (1) van die Wet vervat,
maar die vereistes word verder ondersteun deur die feit dat die
Registrateur van die Wet enige ander voorwaardes mag stel voordat
’n aansoek om registrasie ingedien word.
Dit alles spreek tot die oorspronklike rede waarom Wet Nr. 36 van
1947 geformuleer is, naamlik om te verseker dat die plaagdoders wat
vervaardig en verskaf word, die nodige effektiwiteit sal hê om plae,
plantsiektes en onkruide te beheer.
Die ontwikkeling van ‘n landboumiddel
Wanneer ’n maatskappy ’n landboumiddel ontwikkel, is daar ’n
baie breë spektrum van vereisde navorsing wat benodig is vir die
samestelling van die dossier wat vir aansoek om registrasie ingedien
moet word.
Die eerste daarvan is om ’n bron van die aktiewe bestanddeel te
vind, daardie bron se analise van die aktiewe bestanddeel vir vyf
lotte te bekom en seker te maak die standaard van die aktiewe
bestanddeel aanvaarbaar is.
Indien daar enige onsuiwerhede of kontaminante in die aktiewe
bestanddeel is, moet dit in die analitiese verslag verklaar word. Só ’n
bron word dan ook deur die Registrateur goedgekeur en aangeteken
as die enigste verskaffer van die aktiewe bestanddeel wat die
maatskappy mag gebruik.
Dan moet die aktiewe bestanddeel in ’n geskikte samestelling met
ander koformulante geformuleer word. Die formulasie-aanleg moet
ook deur die Registrateur goedgekeur word. Koformulante is items
soos die oplosmiddels, benatters, stabiliseerders, kleurstowwe,
emulgeermiddels en kleefmiddels. Slegs bepaalde middels word
goedgekeur en stowwe soos byvoorbeeld diazo-pigmente is reeds
lankal verban.
’n Raklewe word bepaal deurdat die maatskappy die geformuleerde
landboumiddel aan versnelde raklewe-toetse blootstel waarna alle
fisiese en chemiese eienskappe geëvalueer word. As die middel al
die toetse slaag, word ’n twee jaar-raklewe ingevolge die regulasies
toegestaan, maar indien die middel nie die toetse oorleef nie, word
’n korter raklewe toegeken.
Veldproewe moet gedoen word oor ten minste twee groeiseisoene
en in ’n minimum van twee verskillende klimatologiese streke om te
bewys dat die middel ten minste 80% beheer van die pes, siekte of
onkruid behaal.
Daar word ook residuproewe gedoen met die korrekte dosis, sowel
as twee maal die dosis, om te bepaal wat die aanvaarbare residue
sal wees ná die oesinterval, met ander woorde, hoe lank die
produsent ná laaste aanwending moet wag om te verseker dat
residue onder die aanvaarbare residuvlakke sal wees.
’n Baie belangrike vereiste is om te bewys dat as die landboumiddel
met die regte toedieningsapparaat en korrekte dosis aangewend is,
geen gewasskade aangerig word nie.
Al hierdie vereistes is daarop gemik om te verseker dat die beoogde
middel volgens spesifikasie presteer.
25
January 2019
OP PLAASVLAK
Geïntegreerde plaagbeheer
Registrasie / Gehaltebeheertoetse / Gewasskade
DR GERHARD H VERDOORN,
CropLife Suid-Afrika
“
“
Ongeregistreerde
landboumiddels is
uiters riskant omdat
daar geen waarborg
is dat dit aan
die vereistes
voldoen nie.