

Januarie 2019
32
’n Lewe van oorwinning
is JOU keuse
T
rauma en stres is ’n realiteit in ons alledaagse lewe. Is daar
dan enige hoop op ’n lewe van vrede en vryheid? Word
my gedrag en lewe bepaal deur omstandighede buite my
beheer en is ek net ’n pion van my situasie?
Ek wil onomwonde vir jou sê dat jy nie net ’n pion van omstandig-
hede is nie. Jy is geskape met ’n opdrag wat in jou DNS ingeweef
is: Om te heers en nie om beheer te word nie. Met ander woorde,
jy het die vermoë om te heers oor die effek van omstandighede op
jou lewe.
Dit mag vir jou soos ’n wollerige gedagte klink en dalk wil jy nou vir
my sê: “Word wakker en sien die realiteit om jou.”
Kom ek verduidelik dit soos volg: Ek en jy is geskape met ’n
liggaam, ’n siel (denke, wil en emosies) en ’n gees. Die blootstelling
aan bedreigende omstandighede word deur die sintuie (liggaam)
waargeneem. ’n Sekere interpretasie word daaraan gegee deur
middel van prosesse wat in jou onbewuste plaasvind.
Hierdie prosesse vorm jou denke ten opsigte van die gebeure en
die denke aktiveer jou brein, wat weer op sy beurt jou liggaam in
staat stel om tot die veg-, vlug- of vries-aksie oor te gaan. Emosies
soos aggressie is onmiddellik beskikbaar. Dit stel ’n persoon in
staat om te kan veg of vlug. Die probleem is egter dat jy nie
noodwendig kán veg of vlug nie en gevoelens van magteloosheid
en hopeloosheid word dan ervaar.
Hierdie gevoel van magteloosheid kan jou laat voel dat jy slegs ‘n
pion van jou omstandighede is, want hoe veg of vlug jy teen
droogtes, politieke besluite en ekstreme weersomstandighede?
Jou interpretasie daarvan
Ek hoop om met hierdie verduideliking vir jou ’n antwoord te gee.
Kom ons neem net ’n paar tree terug en kyk weer na die proses:
Iets gebeur (A)
ons gee ’n interpretasie daaraan (B)
en dit het
’n resultaat (C).
Die gebeure (A) is buite ’n persoon se beheer. Die resultate (C) is die
gevolg van die interpretasie (B) van die gebeure. Indien positiewe
resultate verlang word, moet die interpretasie positief wees. Die
enigste plek waar ’n persoon, ten opsigte van die resultate, beheer
kan neem, is om die interpretasie wat jy aan die gebeure gee, te
beheer. Dit beteken dat jy deur middel van jou denkpatrone, wat
onder andere deur jou lewensbeskouinge gevorm word, wel ’n
invloed kan uitoefen op die effek van gebeure op jou lewe.
Iets buite jouself het dus nie beheer oor jou lewe nie, maar jy kan
self ’n groot bepalende effek op jou lewe uitoefen deur die korrekte
denkpatrone en lewensbeskouinge.
Lokus van beheer
Korrekte denke en lewensbeskouinge hou direk verband met ’n
persoon se lokus van beheer. Indien ’n persoon se lokus van beheer
ekstern is, sal omstandighede en wat ’n persoon doen, bepaal wie
die persoon is – met ander woorde die persoon vind sy identiteit in
dinge om hom/haar.
’n Interne lokus van beheer, is wanneer die persoon sy identiteit vind
in wie hy/sy is en nie in wat gedoen of besit word óf wat ander van
die persoon dink nie.
Indien jou identiteit deur eksterne faktore bepaal word, word jy
beheer deur die omstandighede in die wêreld. As jou identiteit kom
van wie jy is, word jou lewe intern beheer deur onder ander jou
lewensbeskouinge wat diep gewortel is in jou geesdimensie.
Ek wil dit vanuit my eie verwysingsraamwerk soos volg met jou
deel: Indien jy ’n kind van die Here is, lê jou identiteit in wie jy in
Jesus Christus is. Die Heilige Gees binne in jou rig onder andere
jou wil, denkpatrone, emosies en gedrag. Dit stel jou in staat om na
situasies te kyk vanuit die wysheid en insig wat die Heilige Gees jou
gee. Indien jou identiteit deur omstandighede in die wêreld bepaal
word, word jou denke, emosies en gedrag deur die wêreld bepaal.
Dit laat my tot die gevolgtrekking kom dat alhoewel ons nie beheer
oor omstandighede het nie, ons wel beheer oor die effek daarvan
het, afhangende van wie jy in beheer van jou lewe geplaas het – die
wêreld óf die Here.
Nie ’n pion van omstandighede nie
Ek wil graag vandag vir jou bemoedig deur te sê dat jy nie ’n pion
van omstandighede is nie; jy is geskape om te heers (Genesis 1:24 - 31).
Dit is in jou DNS ingeweef deur die hand van jou Skepper. In sy
hande en onder sy beheer is jy veilig en het jy die reg ontvang
om te heers.
Moenie die beheer van jou lewe aan die wêreld oorgee nie, want
dan sal jy soos ’n brander wees wat deur die wind aangejaag en
heen en weer gedryf word (Jakobus 1:6). Die waarheid is jou anker
deur alle storms heen en kan jy as oorwinnaar staan. Jou Skepper
het jou geskape met ’n vermoë om na gees, siel en liggaam vry en
in vrede te lewe, bewerkstellig deur Jesus Christus en geanker in sy
Woord, genade en waarheid.
AKTUEEL
Bemoediging
MARIETJIE DU TOIT,
hoof: Mesites Christen Akademie
“
“
...hoe veg of vlug jy
teen droogtes, politieke
besluite en ekstreme
weersomstandighede?
Marietjie du Toit