

uppe marketing A19228
DEKALB
®
-innovasie
ontsluit jou potensiaal
Die innoverende tegnologie en
opbrengspotensiaal wat deel uitmaak
van
DEKALB
®-genetika, verseker dat
produsente kan uitsien na ’nmielie-oes
om op trots te wees. Omdat ons kliënte vir
ons belangrik is, word ons tegnologie en
navorsing gerugsteun deur kundige advies
en professionele diens om sodoende ons
produsente se volle potensiaal te ontsluit.
PLANT JOU SUKSES
Monsanto en
DEKALB®
is geregistreerde handelsmerke van
Monsanto Technology LLC.
Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.
DEKALB SA
www.dekalb.co.za
@DEKALB_SA
Korrekte gebruik van landboumiddels
Landboumiddels se etikette weerspieël ’n geweldige komplekse
klomp navorsing, proewe en dinkwerk wat alles daarop gemik
is om te verseker die produk na wense presteer. Wanneer die
landboumiddel aangewend word, is dit die produsent se wetlike
verantwoordelikheid om die etiket se voorskrifte streng na te volg.
Meer as 95% van alle klagtes oor produkte wat faal of gewasse
beskadig, is die direkte gevolg van versuiming om voorskrifte
na te volg. Alle etikette het die vrywaring daarop wat wys dat die
registrasiehouer geen verantwoordelikheid aanvaar vir die produk
se prestasie as die etiket se voorskrifte nie nagevolg word nie.
Indien ’n produsent die gebruiksaanwysings nie navolg nie, en
die produk dus nie die gewenste uitwerking het nie, is daar geen
regsgronde vir ’n eis teen die registrasiehouer.
Stappe indien daar
probleme met gehalte is
Wanneer ’n produsent ’n grondige rede het om te glo dat ’n
landboumiddel se gehalte onder verdenking is, moet een geseëlde
houer weggebêre word.
Kontak dan die CropLife Suid-Afrika hoofkantoor by
info@croplife.
co.za
of 087 980 5163 vir aanwysings om die produk te laat analiseer
ten einde vas te stel of daar wel ’n afwyking van spesifikasie is.
Wees versigtig met aankope
Daar is landboumiddels in die omloop wat vervals is en hierdie
middels se gehalte is nooit op standaard nie. Wees bedag op houers
met vreemde etikette wat nie bekend lyk nie, of produkte wat
goedkoop gesmous word.
Weer eens is CropLife Suid-Afrika daar om te help. Die AgriIntel
databasis op
www.agri-intel.com
bevat die etikette van byna alle
geregistreerde landboumiddels in Suid-Afrika en só kan ‘n mens
vinnig uitvind of ’n landboumiddel wel wettig is.
Wanneer ’n landboumiddel nie na wense presteer nie, kontak ’n
CropLife geakkrediteerde agent. Dit is dikwels tenkmengsels wat
probleme veroorsaak of kalibrasie wat foutief was, maar as die
produk se spesifikasie foutief was, moet die registrasiehouer die
verantwoordelikheid daarvoor aanvaar.
Kyk na watergehalte, veral waar beskikbare water baie opgeloste
soute bevat, aangesien dit produkprestasie baie maklik kan bena-
deel. Die pH moet gebuffer word aangesien dit ook die prestasie
kan beïnvloed.
Opsomming
Oor die algemeen is daar geen rede om plaagdodergehalte te
wantrou nie, maar wees bedag op die sluipers wat onwettige en
ongeregistreerde middels probeer verkoop. Dit is net gewaarborgde
moeilikheid.
Koop jou landboumiddels by ’n betroubare verspreider en dring op
betroubare handelsmerke aan. Vir jou eie gemoedsrus stel CropLife
voor dat jy jou landboumiddels by ’n geakkrediteerde agent en/of
’n verspreider wat ’n CropLife SA-lid is, aankoop.
Vir navrae in verband met die artikel, kontak die outeur by 082 446
8946 of
gerhard@croplife.co.za
.