Previous Page  25 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 25 / 68 Next Page
Page Background

WAARDEVOLLE

grondboonwenke

Botrytis-vrot (

Foto 6a

en

6b

) kom laat in die seisoen onder vogtige

toestande voor sodra die nagtemperatuur begin daal. Kultivars se

verdraagsaamheid verskil ten opsigte van verskeie siektes en ook

ander ekonomies-belangrike peste. Hierdie inligting is vervat in

Grondbone, altyd ’n wenner

deur CJ Swanevelder.

Swartpeulvrot (

Foto 7

) en Sclerotinia-vrot (

Foto 8

) kan groot skade

aanrig – veral onder besproeiing, maar ook wanneer nat toestande

by droëlandverbouing heers. Vermy lande met ’n geskiedenis

van die siektes.

Gereelde gewasinspeksie sal verseker dat die nodige blaarsiekte-

en insekbeheer toegepas word. Moenie plantluise en rooispinmyte

onderskat nie. Hulle kan groot skade aanrig – veral as die plante

droogtestremming beleef.

Korrekte en tydige siektebeheer sal ook voer van voortreflike

gehalte, wat gesog onder veeprodusente is, oplewer.

Goeie, sterk plante met voldoende blare vergemaklik ook die me-

ganiese oesproses. Verkieslik moet die grondbone uitgehaal word

voordat dit ryp. Grondbone kan geoes word sodra 75% van die

peule volwassenheid bereik het. Die peule is volwasse as 75% van

die peule ’n donkerbruin of swart buitewand het wanneer dit

geskraap word.

Ter opsomming

Grondbone suig wel aan die agterspeen wat betref kultivarontwik-

keling en biotegnologiese verbetering, maar dit bly een van die beste

wisselbougewasse in ’n rotasiestelsel met mielies. Die geheim van

’n uitstekende grondboonoes lê in effektiewe produksiepraktyke en

tydigheid.

4a en 4b: Blaarvlek op grondbone.

5: Spatselvlek in verskillende stadiums (links – aan-

vangstadium, regs – gevorderde stadium).

6a en 6b: Botrytis-vrot kom gewoonlik laat in die

seisoen voor.

7: Swartpeulvrot onder besproeiing.

8: Sclerotinia-vrot.

4a

6a

8

6b

7

4b

5

FOKUS

Grondbone

Mini-

23

February 2019