Previous Page  23 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 23 / 68 Next Page
Page Background

21

February 2019

Daar word meestal te yl geplant (

Tabel 1

). Plant 150 000 plan-

te/ha op droëland en 300 000 plante/ha onder besproeiing.

Probeer om ’n inry-spasiëring met ’n minimum van 75 mm te

handhaaf.

Die grond moet warm genoeg wees, met ’n minimum

grondtemperatuur van 15˚C of warmer teen 06:00 die oggend.

Grondswamme (

Foto 2

) kan ’n drastiese invloed op stand hê as

die grond koud en nat is.

Gebruik ’n hoë gehalte en beproefde entstof om te verseker

dat die knoppiesbakterieë voldoende stikstof bind (

Foto 3

),

(

Tabel 2

).

Behandel die saad met geregistreerde swam- en insekdoders.

Wanneer grondbone onder besproeiing geplant word, kan die

grond voor plant besproei word. Die beste is om die plante kans

te gee om op te kom voordat daar weer besproei word.

Plant tussen 50 mm - 75 mm diep om te verseker dat die sade

voldoende vog het om te ontkiem.

Plant met ’n geregistreerde aalwurmbeheermiddel.

Die plantestand wat aangeplant word, realiseer selde. Daarom

kan tussen 3 000 sade/ha en 5 000 sade/ha méér aangeplant

word om die gewenste finale stand te realiseer.

Lesse tydens gewasinspeksie

Van al die graangewasse verg grondbone gedurende die seisoen

beslis die meeste aandag. Bestuursbesluite en tydigheid kan ’n

drastiese invloed op die winsgewendheid (opbrengs en gehalte) van

grondbone hê.

’n Vroegtydige, korrekte, voorkomende siektebeheerprogram kan

byvoorbeeld die verskil wees tussen wins en verlies – as die klimaat

bevorderlik is vir siekte-ontwikkeling.

Die belangrikste blaarsiektes wat grondboonopbrengste inperk,

is vroeë en laat blaarvlek (veral laasgenoemde,

Foto 4a

en

4b

op

bladsy 23), asook spatselvlek. Blaarvlek sal gewoonlik die eerste

blaarsiekte wees wat voorkom. Die voorkoms van spatselvlek

(

Foto 5

op bladsy 23) is meer prominent in koel, nat weer.

Die voorkoms van aktiewe stikstofbindende (pienk) knoppiesbakte-

rieë bly altyd ’n belangrike fokuspunt om ’n optimale opbrengs

onder die gegewe klimaatstoestande te realiseer. Dikwels wonder

ons of daar genoeg knoppiesbakterieë is om voldoende stikstof te

produseer. In Tabel 2 word ’n algemene riglyn verskaf om te verse-

ker dat voldoende stikstofbinding wel plaasvind.

VROEË SEISOEN NODULERINGSKAAL NODULES/PLANT

BESTUURSBESLUIT

Uitstekend

>20

Geen reaksie op addisionele stikstofbemesting nie.

Baie goed

16 - 20

Min of geen reaksie nie op addisionele stikstofbemesting.

Goed

11 - 15

Min reaksie op addisionele stikstofbemesting.

Matig

6 - 10

Moontlike reaksie op addisionele stikstofbemesting.

Swak

1 - 5

Addisionele stikstofbemesting is noodsaaklik om optimale opbrengs

te lewer.

Geen

0

Addisionele stikstofbemesting is noodsaaklik om optimale opbrengs

te lewer.

Aangepas uit

Texas Peanut Production Guide

deur Todd Baughman, 2006

TABEL 2: EVALUERING VAN EFFEKTIEWE STIKSTOFBINDING DEUR KNOPPIESBAKTERIEË.

1: Korrekte produksiepraktyke en

reën op die regte tyd het hier ’n

uitstekende oes en ook uitste-

kende gehalte tot gevolg gehad.

2: Rhizoctonia en ander grondge-

draagde swamme kom veral onder

koue, nat toestande voor.

3: Jong grondbone met ’n

deeglik-ontwikkelde eerste drag

en voldoende knoppiesbakterieë

(Tabel 2).

1

3

2