Previous Page  62 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 62 / 140 Next Page
Page Background

P

2019

60

www.nampo.co.za

Graan|Grain

O

m die NAMPO Oesdag by te woon, is ’n moet-doen

op die produsent se jaarprogram. Dit vra egter

goeie beplanning om die rit aangenaam en veilig

te maak.

Hier in die hartland van die Vrystaat is dit nie

moeilik om soos die spreekwoordelike naald in ’n

hooimied te voel nie, maar dit is onnodig. Beplan net vooraf vir wie

jy waar wil sien en hoe jy daar kan kom.

Pendeldiens

Loer gerus by

www.mieliehop.co.za

of skakel me Hetienne von

Abo-Moolman by 084 083 4000 vir kort- en langafstandritte na en

vanaf NAMPO Park. Die Mieliehop Pendeldiens, in oorleg met Botha­

ville Sakekamer, sluit ook ritte van en na Pretoria, Johannesburg,

Potchefstroom, Klerksdorp, Welkom, Bloemfontein en op versoek vanaf

OR Tambo/Lanseria na NAMPO Park in.

Kies jou pad na NAMPO

Verseker die belangrikste om te weet is die koördinate vir

NAMPO Park: 27°14'0.52"S en 26°39'53.24"E. Sleutel dit nou reeds

op jou GPS in.

Of jy NAMPO Park nou vanuit Gauteng, die Vrystaat, Noord-

Kaap, Noordwes Provinsie of deur enige van die bekende of minder

bekende grondpaaie nader, sal alle paaie – soos in die

verlede – na die R30 toe lei – die pad tussen Botha­

ville en Orkney. Met die tong in die kies wonder ’n

mens eintlik hoekom hulle nie lankal die R30 na

die “NN” of NAMPO Nasionale-pad herdoop het

nie...

Alle toegang na parkeerterreine is net

vanaf die R30. Dit sluit besoekersparkering,

uitstallersparkering, gasteparkering, ledepar­

kering en parkering vir busse, vliegtuie asook

op- en aflaaivoertuie in. Staan egter vroeg

op, luister na NAMPO Radio se helikopter­

verkeersverslae en parkeer so gou moontlik vir

jou NAMPO-ervaring.

Parkering

Onthou, daar is geen spesiale busparkering nie. Alle

busse gebruik dieselfde paaie en parkeerterreine as

motors, bakkies, motorfietse en aflaaivoertuie.

Daar is, soos in die verlede, twee reuseparkeerter-

reine. Die Noordelike (Orkney-kant) en die Suidelike (Botha­

ville-kant) parkeerterreine is vir almal wat nie lede van Graan SA

of genooide gaste van Graan SA is nie.

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

Weet

waar, wie

en

wat

by NAMPO is

Bulperd Trailers

082 414 2569

callie@yebo.co.za www.bulperd.co.za