Previous Page  64 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 64 / 140 Next Page
Page Background

produkinligting

www.nampo.co.za

62

Graan|Grain

odukinligting

C

laas is hierdie jaar by NAMPO om met ons nuwe

Duitse tegnologie en doeltreffende masjinerie te

spog! Ons glo dat ons die mense is wat vir landbou

en die produsent leef, nooit stilstaan nie en altyd

verbeter – ons bied die nuutste Duitse tegnologie en

mees gesofistikeerde landboumasjinerie wêreldwyd.

Nuutste masjinerie

Hierdie jaar bewys ons hierdie stelling by NAMPO, standplaas F24 en

F27, waar ons die nuutste masjinerie met ons TIER 4-enjins ten toon

stel. Die ARION 600-reeks, AXION 800-reeks en XERION belowe niks

minder nie as optimale krag op die grond, met minimale brand­

stofverbruik. Hierdie trekkers spog nie net met die nuwe enjins se krag

en brandstofbesparingstegnologie nie, maar ook met ongelooflike

gemak, betroubaarheid, kwaliteit en doeltreffendheid. Die kragle­

wering van hierdie masjiene wissel van 116(158) tot 390(530) kW(h.p.).

Dit is egter nie waar die tegnologie hierdie jaar einde kry nie

– so indrukwekkend soos wat dit alreeds is. Claas se oopstuurkoppel­

vlak stel jou in staat om gebruik te maak van geselekteerde derde­

partystuurstelsels en -korreksieseine, sonder om addisionele koste aan

te gaan vir ekstra hidrouliese onderdele. Met behulp van dié koppel-

vlak en die samewerking van AGRA-GPS, stel die tegnologie jou in

staat om ook ander bekende sisteme te behou en te gebruik op ons

masjiene, asook hulle korreksieseine. Spaar geld en tyd en vergemak-

lik jou boerdery – verander jou vloot na Claas en behou nog steeds

jou bestaande terminaal, rekenaarsagteware en korreksieseine.

Ons het nog altyd daarin geslaag om ons stroperreeks op da-

tum te hou deur ’n deurlopende program van masjienontwikkelings­

tekeninge met die nuutste tegnologie. Die geheim van ons sukses?

Ons hou aan om die beproefde tegnologie te verbeter terwyl ons

ook van nuwes gebruik maak. Die geheim van jou sukses? Die

nuutste masjientegnologie en meer as 75 jaar se ervaring in stroper-

ingenieurswese.

Die LEXION 760 TERRA TRAC-

masjien hou tans dan ook die

wêreldrekord (of drie van hulle as

ons dit so kan stel) vir die meeste

tonne mielies gestroop in ’n tydperk

van agt, tien en twaalf ure. Die

LEXION 760 se kleiner boetie, die

LEXION 750, sal ook by NAMPO op

die standplaas teenwoordig wees.

Die prys van hierdie LEXION sal jou

op jou rug laat val as jy hoor hoeveel

stroper jy kry vir dit wat jy daarvoor

betaal – soos ons altyd sê, meer in jou

sak en minder op die grond met ons

stroperreeks. Met dieselfde gene-

tiese samestelling as sy groter broers

en kenmerke soos Dynamic Cooling,

CEMOS Dialogue, die nuwe CEBIS-

skerm en sy effektiewe produkti-

witeit, loop dié stroper die pad saam

met die grotes teen ’n fraksie van die

prys.

Om af te sluit: Ons is vanjaar by

NAMPO om die produsente te wys

hoe ’n Claas op sy plaas BAAS kan

wees. Moenie die skare volg nie, laat

die skare jou volg! Claas – Duitse teg-

nologie en doeltreffendheid.

Ruhan Sirgel,

Kempston Agri

Nuwe tegnologie

en

doeltreffende masjinerie

om mee te spog

Claas se nuwe TIER 4-masjiene – die XERION, AXION 900,

AXION 800 en ARION 650.

Duitse tegnologie en doeltreffendheid.

P

2019