Previous Page  66 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 66 / 140 Next Page
Page Background

produkinligting

www.nampo.co.za

64

Graan|Grain

T

he Forkman CC is ’n Pretoria-gebaseerde vurkhysermaat-

skappy wat in 1986 tot stand gekom het. Gedurende die

negentigerjare het daar ’n groot behoefte in diemark ontstaan

vir ’n goedkoper vurkhyserfabrikaat van hoë gehalte en na

’n deeglike studie en noukeurige seleksie het ons in 1994 die

alleenagentskap vir Tailift

®

-vurkhysers in Suid-Afrika bekom.

Internasionaal het die besonder goeie kwaliteit, betroubaarheid

en werkverrigting van Tailift-vurkhysers nie ongemerk verbygegaan

nie. In Augustus 2015 het Toyota Industries Corporation (TICO), die

grootste vervaardiger van vurkhysers wêreldwyd, ’n beherende

aandeel van 55% in Tailift Ltd. Co se vurkhyserdivisie bekom. Nie al-

leen was dit ’n pluimpie in die hoed van die Tailift-fabrikaat nie, maar

dit het ook beteken dat tegniese vindingrykheid, asook navorsing en

ontwikkeling, voortaan tussen die twee entiteite gedeel sou word.

Die dinamiese nuwe Tailift Z-reeks en die 9L-Plus-reeks vurkhysers, wat

spesiaal ontwikkel is vir die opkomende markte, getuig van hierdie

sinergie tussen die twee topmaatskappye.

Ons lewer reeds vir die afgelope twee dekades vurkhysers, toe-

rusting en bybehore aan produsente van sitrus, sagte vrugte, tafel-

druiwe, aartappels, katoen, wyn en saad.

Oorlegpleging met ons eindgebruikers in elke sektor het ons

in staat gestel om oor die jare spesifieke behoeftes en vurkhy-

sertoepassings te identifiseer. Verskeie fabrikate en modelle van

vurkhyserbybehore is gevolglik op die proef gestel en geëvalueer

deur ons produsente. Mettertyd was ons in die posisie om ons Tailift-

vurkhysermodelreeks volledig te kon komplementeer met nommer-

pas produksiehanteringsbybehore en -toerusting van hoë kwaliteit

wat ideaal geskik is vir elke behoefte en toepassing.

Tailift-vurkhysers word tegnies gerugsteun deur ’n netwerk van

streng gekeurde diensverskaffers en tegnici.

Ons verskaf die volgende produkte aan die landbou-industrie:

Vurkhysers vanaf 1,8 ton- tot 10 ton-kapasiteit met diesel-, petrol-,

vloeibarepetroleumgas-, elektriese of battery-aandrywing;

vurkhysers vir semi-rowwe terrein, asook rowwe terrein;

elektries aangedrewe pallettrollies en stapelaars (

stackers

);

Cascade

®

-bybehore, byvoorbeeld baalklampe; multipallet-

of losmaatbak-hanteerders; losmaatbak-

tippers

en roteerders;

pallettrollies: Standaard asook lae profiel;

Tailift-vurkhyserparte; asook

vurkhyserbande.

André Kotze,

Lift-it Materials Handling CC

Neem produksie tot ’n nuwe

vlak met dié

vurkhysers

Kontak ons gerus vir meer inligting of besoek ons by die Nampo Oesdag: Standplaas C33(c)

Mosaicstraat 107

Silvertondale

Pretoria

0184

Telefoon (André): 082 455 0009

E-pos:

liftitmh@gmail.com

Webwerf:

www.forkman.co.za

VERSKAFFER VAN VURKHYSERS EN DOELGERIGTE VURKHYSER BYBEHORE AAN DIE LANDBOUSEKTOR

Ons verskaf die volle reeks

bybehore (attachments)

Semi-rowwe terrein vurkhysers

met enjins

Rowwe terrein vurkhysers

met enjins

Elektries/Battery vurkhysers

Vorentoe of sywaartse Krat Tiepers

Baalklamp

Enkel-dubbel Pallet Hanteerders

A TOYOTA INDUSTRIES GROUP CO.

P

2019