produkinligting
www.nampo.co.za56
Graan|Grain
M
onotec bewys dat ’n kombinasie van presisie en
taaiheid by planters dié wenresep in Suid-Afrika is.
Die Quad-Max-sleepplanter is ’n Monotec-voor-
beeld van wat bereik kan word deur Franse presisie
te kombineer met ’n robuuste, Suid-Amerikaanse
styl van kunsmistoediening. Daarmee saam, om ’n
sleepplanter te hê wat tussen plase vervoer kan word sonder die ge-
bruik van ’n sleepwa, maak die Quad-Max baie veelsydig.
Quad-Max: Beskikbaar in twee modelle
Die A-model is ontwerp vir nouer ryspasiëring (45 cm tot 60 cm)
met kunsmis-en-saadkombinasiebakke van vlek
vrye staal met hoë kapasiteit. Hierdie model is
beskikbaar in 10 ry- tot 32 ry-kombinasies.
Die meganiese aandryfstelsel op die
model beskik oor 30 ratverhoudinge.
Die B-model is ontwerp vir wyer
ryspasiëring (60 cm tot 152 cm) met
600
l
-kunsmisbakke (300
l
per ry) en
’n 70
l
-saadbak op elke planteenheid.
Die meganiese aandryfstelsel op hierdie model maak ge-
bruik van ’n eenvoudige, tog robuuste kettingstelsel.
Beide modelle kan bestel word met ’n keuse van
meganiese, elektriese of hidrouliese aandrywing. Die
B-model is beskikbaar met ’n opsie vir vloeibare of
korrelkunsmis vir beide geenbewerking- en kon-
vensionele kunsmistoediening. Monotec verskaf
ook ’n verskeidenheid opsies vir toetrap-
wiele en ryskoonmakers op alle Quad-Max-
modelle.
Arend Langer,
Monotec
Presisie en taaiheid
– wenresep vir ’n planter
8 ry-planter – geen-
bewerking vloeibare
kunsmis.
14 ry-planter – konvensionele korrelkunsmis.
P
2019