Previous Page  61 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 61 / 140 Next Page
Page Background

produkinligting

59

www.nampo.co.za

Graan|Grain

T

egnologie en praktiese werkverrigting kom bymekaar in

Challenger-stropers om hoë produktiwiteit teen die laagste

moontlike brandstofverbruik te verseker. Die stropers, wat

by die NAMPO Oesdag op die BHBW-standplaas te sien sal

wees, het die afgelope paar jaar hulle staal in ’n verskeiden-

heid toestande en gewasse gewys.

“Challenger-stropers hanteer hoë opbrengste met gemak, is

ligter op brandstof en baie betroubaar,” sê mnr Japie Landman, wat

saam met sy pa Johan naby Utrecht boer. Hulle het vanjaar ná drie

seisoene ’n Challenger 520C (Klas 6) vir ’n 540C (Klas 7) verruil, om

voorsiening te maak vir ’n groter aantal hektare wat gestroop moet

word. BHBW bemark ook die Challenger 560C, ’n Klas 8-stroper.

Met die Challenger 520C het die Landmans van Jajola Boerdery

verlede jaar 1 600 hektaar mielies, soja en koring gestroop. Dit het

mielies van tot sewe ton per hektaar op droëland en tot 15 ton onder

besproeiing sonder probleme hanteer. “Daar is min Klas 6-stropers

wat die Challenger dit sou kon nadoen,” sê Japie.

Hy beskryf Challenger-stropers as robuust en sonder fieterjasies,

“met die minste knoppies op die mark. As jy die kant oopmaak, is

daar net drie of vier belde, wat komplikasies verminder, en alle funk-

sies word vanaf net een terminaal in die kajuit beheer.”

Graangehalte is onberispelik. “Die stroper lewer ’n uitstekende

monster, met bitter min aftrekkings, ongeag die gewas. Daarby word

reste perfek gekerf en oor die volle wydte van die stroper versprei,

wat ’n groot voordeel is met minimumbewerking.”

Die aankoopprys van die nuwe 540C was goed en hulle kon die

520C ná drie seisoene inruil vir baie naby aan wat hulle betaal het,

sê Japie.

Hoë werkverrigting

Sleutelfaktore wat bydra tot die werkverrigting van die stropers is die

groot sluk en die gladde vloei van materiaal na die rotor. Die rotor

ontvang materiaal oor bykans 360 grade, wat opeenhopings en ver-

stoppings voorkom. Dit verbeter sowel kapasiteit as die beheer van

materiaal in die rotor- en konkaafgedeeltes.

Die rotor is 3,558 m lank, wat dit die langste konvensionele rotor op

die mark maak. Dit het ’n elektries-hidrouliese losdraai- en trufunksie

(

rocker and reverser

) wat uit die kajuit beheer word. ’n Tweespoedrat-

kas met rotorsnelhede van 264 o.p.m. tot 1 235 o.p.m. maak vir alle

toestande en gewasse voorsiening.

Ligter op brandstof

In landswye stropertoetse met die Challenger 540C en 560C is

bevind dat algehele dieselverbruik tot 20% minder is as by ander

rotorstropers in Klas 7 en 8, sê mnr Robbie Hall, Challenger-verkoops­

bestuurder by BHBW.

“Hoofrede hiervoor is die suinige AGCO Power-enjin asook die

feit dat dit teen 90 grade kantel om dit in lyn met die rotor te plaas. As

gevolg hiervan is slegs twee aandryfbelde nodig en word die mak-

simum krag aan die rotor gelewer. Die kragverlies tussen die enjin en

rotor is minder as 10%.”

Die plasing van die enjin maak plek vir Challenger se V-Cool-

verkoelingstelsel wat lug intrek vanaf die skoonste deel van die stro­

per – sy bokant. Die V-Cool-stelsel meet die omgewingstemperatuur

sowel as die temperatuur van stroperfunksies en werk dan teen die

optimale snelheid om die enjin behoorlik koel te hou. Dit vermin-

der die kragvereiste en brandstofverbruik. Die V-Cool-stelsel het ’n

truwaaier waarvan die spoed

outomaties aanpas om kaf en vuil-

goed weg te hou van die inlaat­

skerm. Dit maak dit feitlik oorbodig

om verkoelingselemente tydens

die oesseisoen skoon te maak.

10 570 liter word gehou deur

die Challenger 520C se graantenk

en dié van die Challenger 540C

en 560C hou 12 300 liter. Graan

word teen 159 liter per sekonde

afgelaai – die vinnigste op die

mark.

Alle Challenger 500C-stropers

word as Autoguide Ready uit

Amerika ingevoer. Stropers kan ook

opsioneel toegerus word vir die pas

van videokameras (Video Ready).

Vierwielaandrywing en dubbel-

voorwiele is as opsie beskikbaar.

Geen stroper kan optimaal

benut word indien dit nie absoluut

reg ingestel is vir ’n spesifieke gewas

en toestande nie. Opleiding van

BHBW-personeel en Challenger-

handelaars sorg dat stropereie-

naars die nodige kundigheid en

ondersteuning tot hul beskikking het

om sukses met oestyd te verseker.

Anita van Zyl,

namens BHBW Suid-Afrika

Ons stroop

vir wins

Johan (links) en Japie Landman van Jajola Boerdery, Utrecht by hul nuwe Challenger 540C.

P

2019