Previous Page  57 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 57 / 140 Next Page
Page Background

55

www.nampo.co.za

Graan|Grain

A

s die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond

spreek dit vanself dat daar tydens NAMPO Oesdag

voorsiening getref moet word vir al die kommunika-

sie- en inligtingstegnologie- (IT-)behoeftes wat só ’n

groot skou benodig. In dié verband gaan die IT-maat-

skappy, Hambisana, net soos die vorige jaar, op hulle

bekwame manier goed moet bontstaan om die kommunikasie-

kanale oop te hou.

Hambisana beteken “loop saam” in Zoeloe. Volgens

mnr Quintin Fourie, senior bedieneringenieur (

server engineer

),

heers daar nog altyd op eg boerewyse, goeie onderlinge span­

werk in Hambisana, asook met Graan SA. Die maatskappy is nie

net verantwoordelik vir NAMPO nie, maar ook vir Graan SA se al-

gehele IT-infrastruktuur. Hulle sien onder meer om na die internet­

dienste, telefone, sekuriteit en netwerke by die hoofkantoor in

Pretoria sowel as by al die ander takke regoor die land.

Vesel- en draadlose konneksies

Die maatskappy se primêre doel tydens die NAMPO Oesdag is

om die netwerk te ondersteun en vir al die verskillende partye be-

troubare internet-, bediener- en netwerktoegang te gee. Hierdie

netwerk bestaan uit vesel- en draadlose konneksies en word onder

meer deur al die toegangshekke, media, sosiale media, televisie-

uitsendings, Graan SA-personeel en -dagbestuur asook belangrike

besoekers (BBP’s) gebruik.

Voorbereiding vir NAMPO begin ongeveer twee maande

voor die skou deur met uitstallers oorleg te pleeg ten opsigte van

die beskikbare dienste. ’n Maand voor die Oesdag word daar ’n

besoek aan NAMPO Park gebring om met voorbereiding van die

netwerk te begin en seker te maak dit is stabiel en in ’n goeie wer­

kende toestand. Daar word dan ook ’n behoeftebepaling gemaak

van enige addisionele toerusting wat moontlik benodig mag word.

Vier dae voor die Oesdag begin, word finale toetse gedoen.

Daar is egter slegs beperkte Wi-Fi beskikbaar vir onder-

steunende personeel wat op die terrein werk, vir sekere uitstallers en

vir BBP’s. Hambisana beoog egter om die toekomstige uitbreiding

van hierdie diens vir gebruik deur die publiek te ondersoek.

Tydens NAMPO sal ’n hoogsbekwame span persone deurgaans

en op enige gegewe oomblik teenwoordig wees om te sorg dat

kommunikasie sonder ’n kinkel in die kabel kan geskied. Quintin, wat

as spanleier sal optree, is primêr in beheer van beide Graan SA en

meer spesifiek die NAMPO Oesdag se IT. Hy is uiters vertroud met

die NAMPO-omgewing en was van die begin af betrokke by die in-

frastruktuur en netwerkuitleg. Hy word bygestaan deur mnre Branden

Venter as netwerkspesialis, terwyl Anton Smith en Marno Louw sal

omsien na die projek se operasionele bestuur op die terrein.

“Daar is heelwat uitdagings waarvoor ons moet voorberei.

Ons werk ongelukkig met hardeware en baie faktore kan maak

dat hardeware misluk. Weens die feit dat NAMPO Park in die plat-

teland is, speel krag, beskikbaarheid van bandwydte en algemene

verkeer op die terrein altyd ’n rol. Dit skep lekker uitdagings om ons

span besig te hou tydens die Oesdag,” sê Marno.

“Hoewel verlede jaar se skou vir ons ’n reusesukses was, het ons

steeds heelwat geleer en is ek oortuig daarvan dat ons hierdie jaar

selfs beter voorberei sal wees. In IT moet daar altyd ’n plan B wees om

die wa deur die drif te trek. Dit is definitief nie onderhandelbaar nie.”

So ervaar IT-manne NAMPO

“Dit is nie aldag dat diegene wat gewoond is om hulle daag-

likse brood in ’n inligtingstegnologiekantoor agter ’n rekenaar

te verdien, dit kan doen in die omgewing van die heerlike reuk

van braaivleisvure en die opwinding van gesellige skougan­

gers nie.” Só sê Quintin Fourie oor die eerste NAMPO Oesdag

wat die maatskappy verlede jaar hanteer het.

“Tydens die NAMPOOesdag was daar ook gulde geleent­

heid om Graan SA-lede, vir wie die maatskappy indirek van

diens is met hul verskaffing van IT-dienste aan Graan SA, te ont-

moet. Produsente het nie gehuiwer om sommer persoonlik by

ons kers op te steek ten opsigte van internetopvangsprobleme,

internetprotokolkameras en telefone op hulle plase nie. Dit is

lekker om te hoor hoe die landbou-industrieë daarna streef

om die tegnologie, waarmee ons op ’n daaglikse basis werk,

daadwerklik te implementeer.”

Volgens Marno Louw het hy die werksomgewing by

NAMPO baie positief ervaar. “Wanneer jy jou hande vol het

om goeie kommunikasie op die sisteme te verseker, is die

gevoel van welwillendheid en goeie samewerking asook die

goeie skoot humor wat daarmee gepaard gaan, ’n unieke

belewenis. Met die saamkuier om die kampvure in die aand

en die lang stories en grappe wat vertel is, kon ’n mens ook

nie anders as om bevoorreg te voel om deel van dié NAMPO-

kameraadskap te wees nie.”

“Tydens NAMPO het ek ook weer eens ervaar dat ons

produsente van die beste in die wêreld is wanneer dit kom by

die aanwending van tegnologie in hulle landboupraktyke.

Daar was groot belangstelling in wat ons as Hambisana doen

en hoe dit toegepas kan word in die produsent se eie omge­

wing,” sê Marno.

Branden Venter, wat verlede jaar ook by die Oesdag

betrokke was, sê dat dit vir hom ’n riem onder die hart is om

te sien wat kan gebeur wanneer die landbougemeenskap

hande vat en ’n tentoonstelling van dié skaal ’n reusesukses

maak. “Vanaf bobaaspannekoekbaksters tot groot bekende

maatskappye in die bedryf snoer kragte saam en laat die

dinge gebeur. Dit is vir my ’n voorreg om by NAMPO betrokke

te wees.”

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

Kommunikasiekanale

by NAMPO sal ononderbroke gons

AKTUEEL

P

2019