Previous Page  56 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 56 / 140 Next Page
Page Background

54

www.nampo.co.za

Graan|Grain

produkinligting

S

edert Fendt twee jaar gelede in Suid-Afrika

bekendgestel is, gaan dié trekkers van krag tot

krag – met vlakke van werkverrigting, beheer en

brandstofekonomie waarvan die meeste ander

trekkers maar net kan droom.

Dit word versprei deur BHBW, wat fokus op vier

reekse met kraglewering van 94 kW tot 380 kW. Die hart van

dié trekkers is die deurlopend-wisselende transmissie – ’n

Vario-transmissie by modelle tot 243 kW, en ’n VarioDrive-

transmissie met onafhanklike vierwielaandrywing by die

vlagskip Fendt 1000 Vario-reeks.

Hul brandstofverbruik is plaaslik sonder gelyke, sê mnr

Frans Cronjé van BHBW. “In vergelykende demo’s wat ons

deurentyd doen, is Fendt elke keer eerste, met brandstof-

besparings van vyf tot 17 liter per hektaar, afhangend van

die toepassing en grondtoestande. Dit beteken dat jy die

premie wat jy moontlik daarvoor betaal binne vier jaar of

4 000 uur afbetaal – en intussen kry jy die voordele van

buitengewone trekkertegnologie. Daarby is die hele reeks

baie veelsydig.”

Mnr Pieter Hamman van Vereeniging het vroeër

vanjaar ’n Fendt 1050 Vario van 380 kW aangekoop om

primêre bewerking meer doeltreffend te doen. Hy plant

wortels, aartappels, mielies, koring en soja, en bewerk

650 hektaar onder besproeiing en 800 hektaar op droëland.

Die Fendt trek ’n viermeterwye Horsch-kombinasiewerktuig

en sleep ’n elftandskeurploeg wat tot 650 mm diep in swaar

grond werk.

“Die hele ontwerp van die trekker het my aangetrek,” sê Pieter.

“Alles draai stadiger, wat noodwendig brandstof bespaar en slyta-

sie en diensintervalle verminder. Die transmissie pas die werkspoed

outomaties aan by toestande, en maksimum kraglewering en wring-

krag, sowel as die laagste spesifieke brandstofverbruik, word teen

net meer as 1 400 o.p.m. gehandhaaf. Ek sal nie weer ’n groter trek-

ker sonder ’n deurlopend-wisselende transmissie koop nie.”

Omdat primêre bewerking hoofsaaklik onder spilpunte gedoen

word, is die skerp draaisirkel ’n groot pluspunt. “Met sy onafhanklike

vierwielaandrywing word hy deur draaie getrek en nie gestoot nie,

wat slytasie beperk. ’n Knakker in dié kilowattklas draai te wyd en

slytasie op die onderstel sou ook te veel gewees het.”

Daarby bied Fendt jou alle moontlike tegnologie om bewerking

te vergemaklik. “Wanneer die trekker eers geprogrammeer is, druk jy

basies net ’n knoppie om te begin ry en dan weer te stop.”

Nog ’n nuwe lid van die Fendt-familie is die LFC-groep van

Wesselsbron, wat ’n Fendt 724 Vario van 168 kW aangekoop het om

hul trekkervloot vir plantwerk en kunsmistoediening aan te vul.

Waarde vir geld

“Die Fendt 724 Vario is by uitnemendheid geskik vir plantwerk, met

voldoende olielewering, en het sover baie goeie resultate gelewer,”

sê mnr Lourens van der Linde jr van die LFC-groep. “Iets wat uitstaan,

is die uitsonderlike wyse waarop die Vario-transmissie die verhou­

ding tussen lae omwentelinge en kraglewering handhaaf, wat

brandstofverbruik verlaag. Daarby is die trekker maklik om te beheer

en gee ek hom 11 uit 10 vir rygerief.

“Wat afwerking betref, is dit nie net die kajuit wat van gehalte

spreek nie – die meganiese aspekte van die trekker is iets besonders.

Ek het nog nooit so iets teëgekom nie. Jy betaal ’n premie vir die

handelsmerk, maar jy kry waarde vir jou geld.”

BHBW bemark plaaslik vier Fendt-reekse, naamlik die Fendt 1000

Vario (291 kW - 380 kW), die Fendt 900 Vario (199 kW - 243 kW), die Fendt

800 Vario (162 kW - 206 kW) en die Fendt 700 Vario (94 kW - 162 kW).

Anita van Zyl,

namens BHBW Suid-Afrika

Dié trekkers gaan

van

krag tot krag

Pieter Hamman by sy Fendt 1050 Vario.

Godfried Heydenrych (links), uitvoerende hoof van BHBW, wens

Lourens van der Linde verlede jaar geluk met die aankoop van die

LFC-groep se Fendt 724 Vario.

P

2019