Previous Page  91 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 91 / 132 Next Page
Page Background

Grafiek 4: Persentasie afwyking vanaf gemiddeld vir effektiewe reënval en opbrengs per seisoen:

Middelburg-area.

Bron: LNR-GKW; NOK

Grafiek 5: Effektiewe reënval en kg graan/mm reën per seisoen in die Standerton-area.

Bron: LNR-GKW; NOK

Grafiek 6: Persentasie afwyking vanaf gemiddeld vir effektiewe reënval en opbrengs per seisoen:

Standerton-area.

Bron: LNR-GKW; NOK

Die jare met goeie bogemiddelde effek-

tiewe reënval het ook aansienlike bogemid­

delde opbrengste gelewer. Dit dui op

verbetering in die waterverbruiksdoeltref­

fendheid.

Hou in gedagte

Alhoewel effektiewe reënval gedurende

die seisoen ‘n besonder belangrike rol in

die produksie van die seisoen speel, is daar

ook ander faktore of praktyke wat produk-

sie en opbrengs kan beïnvloed. Alhoewel

die gemiddelde reënval in Mpumalanga

hoër is as in van die ander graanproduse­

rende streke, is dit steeds ‘n beperkende

hulpbron en daarom is dit noodsaaklik dat

dit optimaal benut moet word.

Soos in die artikel aangedui, is ‘n

praktiese norm of mikpunt vir reënge­

bruiksdoeltreffendheid in mielieproduksie

deur verskeie internasionale studies vas­

gestel op tussen 15 kg tot 20 kg graan

per millimeter water vir die seisoen. Dit is

belangrik dat produsente vas sal stel hoe

hul plase met die algemene norm, of po­

tensiaal, vergelyk om sodoende die ver­

bouing daarvan te verbeter en meer

doeltreffend te maak.

Die verspreiding van die reën deur die

loop van die produksieseisoen speel ook

‘n betreklik belangrike rol in die opbrengs,

terwyl die grond se waterhouvermoë,

infiltrasievermoë, verdamping asook drei­

neringsvermoë boonop ‘n groot invloed

op die doeltreffende gebruik en benutting

van reënwater vir optimale graanproduksie

kan hê.

Ten slotte

Die inligting wat in die artikel gebruik word,

weerspieël gemiddeldes van ‘n omgewing

en is nie presiese gevalle nie. Dit is egter

steeds ‘n goeie aanduiding van hoe ‘n

streek se reëngebruiksdoeltreffendheid

min of meer daar uitsien en is daarom

noodsaaklik dat produsente hul eie plase

teen dié gemiddeldes sal meet om te bepaal

hoe hul plase daarmee vergelyk.

Dit is nie net noodsaaklik om hulself te

meet teen dié gemiddeldes nie, maar die

tendense moet ook bereken word om

vas te stel of daar ‘n verbetering in reën­

gebruiksdoeltreffendheid is.

September 2018

89