Previous Page  72 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 72 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

70

Ontsluit jou spuitbelegging

V

illa het onlangs ‘n nuwe produk bekend gestel wat die

doeltreffendheid van plaagdoders verhoog. Interlock is ‘n

neerslaghulpmiddel wat bedekking en blaredakindringing

verbeter, terwyl dit wegdrywing en verdamping verminder.

Die nadele van wegdryfbare fyn druppels

Verlies aan fyner druppels as gevolg van wegdrywing tydens

plaagdodertoedienings is ‘n groot bydraende faktor tot verlaagde

plaagdodereffektiwiteit.

Dit het vier belangrike nadele, naamlik:

Verlaagde bedekking op teikenonkruide en gewasse.

Verminderde druppelpenetrasie laer af in die gewas.

Verhoogde verdamping van fyn druppels.

Wegdrywing en moontlike onkruiddoderskade op nie-teiken­

gewasse.

‘n Groot gedeelte van plaagdodertoedienings mag as gevolg van

wegdrywing en verdamping van klein druppels verloor word. Dit

het ‘n direkte uitwerking op produksiekostes en oesopbrengs,

naamlik deur:

Verlies aan plaagdoder binne die gewasteikenarea en moontlike

gewasskade buite die teikenarea.

Meer kompetisie van onkruide en verminderde insek- en

swambeheer wat alles ‘n negatiewe impak op oesopbrengs het.

Veelvuldige plaagdodertoedienings, met al die gepaardgaande

kostes.

Interlock verskaf ‘n oplossing

Interlock (reg. nr. L10254, Wet nr. 36 van 1947) is ‘n unieke, nuwe

generasie-byvoegmiddel wat die volume wegdryfbare fyn druppels

in spuittoedienings verminder. Dit sluit voordele soos bedekking

en diepte van blaredakindringing in, terwyl dit wegdrywing uitsluit.

Plaagbeheer word daarom verhoog met ‘n gepaardgaande direkte

positiewe uitwerking op opbrengs.

Voordele by die gebruik van Interlock

Splinternuwe tegnologie in Suid-Afrika.

Verminderde produkverlies as gevolg van wegdrywing en

verdamping, verhoogde blaredakindringing en bedekking.

Gemaklike gebruik en lae dosis.

Dit verdik nie die spuitoplossing nie en veroorsaak nie meng­

baarheidsprobleme nie.

Verander nie die spuitpatrone van spuitpunte nie.

Kan met enige spuitpunte, wat die luginlaattipes insluit, ge-

bruik word.

Dit verskuif nie die druppelspektrum na ultra-groot druppels

wat kan afloop of afhop nie, maar werk eerder by wyse van

vergroting van die fyn druppels in die druppelspektrum.

Verhoogde bedekking

Interlock verhoog plaagbeheer deur spuitdruppelbedekking te

verhoog.

Verminderde wegdrywing

Dit verlaag die volume fyn druppels in die spuitnewel – dus

verminderde wegdrywing en verdamping.

Verhoogde effektiwiteit

Interlock verhoog bedekking en blaredakindringing. Dit verbeter

beheer en sodoende verhoog dit gewasopbrengs.

Villa wil met gehalte produkte en datagedrewe insigte in produsente

se behoeftes voorsien deur hul te ondersteun in die aanpak van

uitdagings. Aan die hand van relevante data kan die regte produk

of spuitprogram op die regte tyd met die regte toerusting gebruik

word ten einde sukses te behaal.

Interlock, reg. nr. L 10254, Wet nr. 36 van 1947. Registrasiehouer: Winfield Solutions

Registration Holdings.

Fokus

Geïntegreerde plaagbeheer

Produkinligting

Brian de Villiers,

produkbestuurder: Byvoegmiddels, Villa Crop Protection

Water alleen

Hop of rol af

Nie-ioniese benatter

Onkruiddoder alleen

Onkruiddoder + Interlock

Nie-ioniese benatter + Interlock

Bo die blaredak

Middelste deel van die gewas

Lae deel van die gewas

Bly op blaar

+ Interlock

+ Interlock + nie-ioniese

benatter (soos Villa 51)

1: Druppel-afhop met en sonder Interlock.

2: Bedekking op verskillende hoogtes binne die gewas.

3: Spuitpunte sonder en met Interlock.

1

2

3