BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendeweg 852, Midrand
,
1685 Tel: +27 11 203 2400
Faks: +27 11 203 2461 Webtuiste: www.agro.basf.co.za Mobiele webtuiste: m.agro.basf.co.za
@BASF_Africa BASF.Africa
Selontra
®
Rodent Bait: Reg. Nr. L10101 (Wet Nr. 36 van 1947) bevat cholecalciferol 0,75 g/kg. Skadelik.
Selontra
®
is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF. Verwys asseblief na die produketiket vir volledige gebruiksaanwysings.
Selontra
®
Die allernuutste benadering
tot knaagdierdoders
Ongeag die aard van jou onderneming, bied
BASF
jou die
nuutste tegnologie in knaagdierdoders. As ’n antikoagulant-
vrye oplossing is dit veiliger as bestaande knaagdierdoders,
maar ook uiters smaaklik. Dit verseker
Selontra
®
as ’n
allesomvattende oplossing wat selfs die hardnekkigste
knaagdierpopulasies beheer vir gemoedsrus in jou
Geïntegreerde Plaagbestuurstelsel.
Selontra
®
– slimmer as knaagdiere.
Uitoorlê knaagdiere:
• Volledige beheer binne 7 dae.
• Laer risiko vir kontaminasie en residu’s.
• Uiters smaaklik en word bo ander kosbronne verkies.
• Bevat die natuurlike eetlusdemper, cholecalciferol.
• Beheer 100% antikoagulant-bestande knaagdiere.
• Minimaliseer nie-teiken en sekondêre vergiftiging.
• Stabiel in bedompige, warm en koue omgewings.
• Werk vinnig met minder aas.
Pakhuise
& Fabrieke
Pluimvee, Varke, Beeste
& algemene Landbou
Kos &
Spyseniering
Konstruksie
uppe marketing A18545/SAG
68
Nuwe benadering
tot knaagdierdoders
W
eerstand teen antikoagulante knaagdierdoders
en die negatiewe impak van hierdie produkte op
die omgewing en nie-teikendiere, is ‘n uitdaging
wat toeneem – veral wanneer ‘n mens in jou
onderneming of op die plaas daarmee gekonfronteer word. Dit
is daarom noodsaaklik om die korrekte maatreëls toe te pas om
infestasie behoorlik te beheer.
Alhoewel die meeste gebruikers verskillende metodes volg
om die risiko wat knaagdierdoders vir nie-teikendiere en die
omgewing inhou, te verlig, is die enigste oplossing om die
gebruik van hierdie soort produkte af te skaal en na ‘n veiliger
produk oor te skakel.
“BASF in Suid-Afrika bied nou die nuutste tegnologie in
knaagdierdoders, Selontra
®
. As ‘n antikoagulant-vrye oplossing,
is dit nie net veiliger as bestaande knaagdierdoders nie, maar
dit werk ook vinniger. As gevolg van die produk se spesiale
tegnologie wat die knaagdiere laat ophou vreet, word skade op
jou perseel ook onmiddellik beperk.
“Selontra is uiters smaaklik, werk uiters vinnig met minder
lokaas en beheer selfs die hardnekkigste knaagdierpopulasies
binne sewe dae. Dit verlaag die risiko vir kontaminasie en
residu’s aansienlik en minimaliseer ook nie-teiken- en sekondêre
vergiftiging,” sê mnr Lukas Viljoen, sakebestuurder vir profes
sionele en spesialiteitsoplossings, BASF Suid-Afrika.
“Die Griffon-gifinligtingsentrum onderskryf Selontra as ‘n doel
treffende knaagdierdoder, wat die risiko vir sekondêre vergif
tiging van uile en roofvoëls verlaag, weens die besonder lae
toksisiteit vir voëls.”
Een van grootste uitdagings in
knaagdierbeheer
Diegene wat antikoagulante knaagdierdoders gebruik, moet
die veiligheid van nie-teikendiere en die omgewing verseker,
aangesien hierdie knaagdierdoders giftig is vir alle soogdiere
en voëls. Daarom is die beskerming van hierdie diere teen
primêre en sekondêre vergiftiging ‘n prioriteit en is dit ook
belangrik om die impak wat die produkte op die omgewing het,
te bestuur.
Professionele instansies stel toenemend verskillende metodes
op die proef om die risiko’s te verminder. Hierdie maatreëls het
egter dikwels ‘n negatiewe impak op die doeltreffendheid van die
behandelings, wat dan spoedig weer daartoe lei dat knaagdiere
skade aan eiendom kan verrig. Selontra is die veiliger keuse én
die deurbraak waarop jy gewag het.
Fokus
Produkinligting
BASF Gewasbeskerming SA