Previous Page  57 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 57 / 132 Next Page
Page Background

55

Fokus

Produkinligting

Boor

– ‘n kritiese deel

van gewasverbouing

M

ikronutriënte kan gedefinieer word as chemiese elemen­

te wat in uiters klein hoeveelhede benodig word vir

die normale groei en ontwikkeling van lewende

organismes. Mikronutriënte is nie net belangrik vir ge­

wasverbouing nie, maar vorm ook ‘n belangrike deel van menslike

voeding en ontwikkeling. Dit sluit onder andere elemente soos

boor, yster, koper, mangaan, molibdeen en sink in.

Graedel

et al

. (2012) het data gepubliseer wat toon dat bykans

70% van gronde in Afrika suid van die Sahara boortekorte toon.

Boor (B) is ‘n belangrike element in normale plantontwikkeling.

‘n Boortekort benadeel vegetatiewe en reproduktiewe groei van

plante, wat inhibisie van selgroei, dood van die meristeem en

verlaagde vrugbaarheid kan veroorsaak.

Die primêre funksie van hierdie element is om strukturele integri-

teit aan die selwand in plante te bied. Ander funksies sluit in die

instandhouding van die plasmamembraan en fasilitering van

koolhidraatvervoer na aktief groeiende areas en ontwikkelende

vrugte. Hierdie vervoer van suikers (koolhidrate) is noodsaaklik

vir wortelgroei, vrugontwikkeling en vir normale ontwikkeling van

wortelknoppies in peulgewasse soos lusern, sojabone en grondbone.

Die chemie van B in gronde is uiters eenvoudig in vergelyking

met ander voedingselemente. Boor ondergaan nie oksidasie-

reduksiereaksies of vervlugtingsreaksies in gronde nie. Boorsuur

(H

3

BO

3

) en die boraat-anioon (B[OH

4

]) is die algemeenste vorm van

B wat in die grondoplossing teenwoordig is, waarvan boorsuur die

mees algemene vorm is. Sowel die boraat-anioon en boorsuurvorms

is plantbeskikbaar.

Dr Hugo Opperman,

plantvoedingspesialis, MBFi

Figuur 1: Reaksiekurwe van boorbemesting teenoor die reaksiekurwe van

ander mikronutriënte.