Previous Page  63 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 63 / 132 Next Page
Page Background

Onkruidbestuur:

Die verskil tussen sukses en mislukking

G

lifosaat is een van die bekendste onkruiddoders in landbou

en is gewild by produsente en tuiniers regoor die wêreld.

Glifosaat se doeltreffendheid is geleë in sy vermoë om

te verhoed dat plante die proteïene vervaardig wat nodig

is vir hul oorlewing. Omdat bykans alle plante hierdie essensiële

proteïene op presies dieselfde wyse vervaardig, het glifosaat ‘n effek

op die meeste plante.

50 jaar gelede, in die vroeë sewentigerjare, het Monsanto in Suid-

Afrika met hoofsaaklik landbouchemikalieë begin handel dryf en een

van die nuwe produkte wat in die mark getoets is, was Roundup

®

.

Hoewel sommige mense aanvanklik skepties was oor die nuwe

breëspektrum-onkruiddoder, het die praktiese resultate, gerugsteun

deur wetenskaplike navorsing, sommer gou alle skeptisisme uit die

weg geruim.

Volhoubare landbouproduksie is vir Monsanto uiters belangrik en

ons probeer alles in ons vermoë om saam met ons kliënte daaraan

te werk om die afskeiding van kweekhuisgasse in die atmosfeer

te verminder. Die koms van Roundup 50 jaar gelede, het die weg

gebaan om verminderde bewerkingspraktyke moontlik te maak

en dit speel steeds ‘n groot rol in die vermindering van grond- en

watererosie, asook in die verdamping van vog uit die grond.

Goeie plaagbeheer en onkruidbestuur is die verskil tussen sukses en

mislukking op die plaas, omdat dit opbrengsverliese bekamp deur

kompetisie tussen die gewas en ongewenste plante uit te skakel.

Onkruiddoders vergroot die opsies vir onkruidbeheer, want die

werking daarvan is minder afhanklik van omgewingsfaktore soos

klimaat en grondsoort, as met meganiese beheer. As die grond te

nat is om te bewerk, kan onkruiddoders toegedien word en juis dan

baie goed werk. Onkruiddoders kan ook deur die besproeiingstel-

sel, of in sekere gevalle met ‘n vliegtuig, toegedien word as die

produk se registrasie dit toelaat.

Die risiko van onkruide wat weerstand teen onkruiddoders opbou,

moet egter bestuur word en die volgende bestuurspraktyke kan

daarmee bystand verleen:

‘n Rekordhoudingstelsel van die onkruiddoders wat op ‘n land

gebruik is.

‘n Onkruidbeheerprogram met teenweerstandstrategieë – wat

wisselbou, hooimaak voor saadstorting en ander praktyke

insluit.

Monitering van die doeltreffendheid van die program en die

aantekening van afwykings.

Hou by die voorgeskrewe aanbevelings en toedieningshoe­

veelhede wat op die etiket aangedui word.

Kombineer meer as een onkruiddoder – gebruik onkruiddoders

met verskillende metodes van werking.

Monsanto se tegnologie maak dit vir produsente makliker om bewa­

ringspraktyke te volg, want dit bied:

Breëspektrumonkruidbeheer.

Effektiewe beheer van eenjarige en meerjarige grasse en

breëblaaronkruide.

Grootsadige onkruide, soos olieboom, word effektief beheer

– wat lei tot verlaagde kostes en uitskakeling van ongewensde

sade in graanmonsters.

Bewese gewasveiligheid.

Geen stremming op gewasse nie, met die gevolg dat die plant

volle genetiese potensiaal verwesenlik.

Buigsaamheid wat toediening betref.

Effektiewe onkruidbeheer vanaf opkoms tot voor oes.

Onkruidgrootte en nie grondkleipersentasie nie, bepaal die

onkruiddoderdosis en gevolglik word daar ook net gespuit indien

die onkruide teenwoordig is.

Wisselbou-opsies kan ten volle geakkommodeer word.

Chemiese middels word in Suid-Afrika gereguleer volgens bepalings

van die Wet op Misstowwe, Veevoere, Landboumiddels en

Veemiddels (Wet 36 van 1947). Dié wet het baie duidelike voorskrifte

waarvolgens die produkgehalte en werking van chemiese middels

op grond van navorsings- en ontwikkelingsproewe geëvalueer word.

Dit is belangrik om onder geen omstandighede ongeregistreerde

middels te koop of te gebruik nie. Kyk uit vir die L-nommer (hoofletter

L gevolg deur vier syfers, byvoorbeeld L1234) op die etikette van

chemiese beheermiddels. Dit dui aan dat ‘n landbouhulpmiddel

behoorlik geregistreer is. Volgens Wet 36 van 1947 moet die

L-nommer prominent op etikette van alle geregistreerde produkte

aangedui word.

Dit is van kardinale belang om die etiket te lees en die aanwysings

noukeurig na te volg. Nie net vir die beste werking van die produk

wat jy gekoop het nie, maar ook omdat die veiligheid van jou en jou

gesin afhang van die korrekte gebruik van enige chemiese middel.

Raadpleeg ook altyd die produketiket om te verseker dat die pro-

duk korrek toegedien en gebruik word.

61

September 2018

Produkinligting

Fokus

Geïntegreerde plaagbeheer

Magda du Toit,

Monsanto

1: Goeie plaagbeheer en onkruidbestuur

bekamp opbrengsverliese deur kompetisie

tussen die gewas en ongewenste plante

uit te skakel. Produsente kan só staatmaak

op ‘n onkruidvrye land.

2: Die droëlandkultivar, DKC 72-76 BR, se

sleutelkenmerk is sy meerkoppigheid.

Verder kan jy staatmaak op uitstekende

opbrengsprestasie in die oostelike en

westelike streke, vinnige afdroging, uit-

stekende saailingkragtigheid en staanver-

moë. Die baster het oor die algemeen goeie

tot uitstekende siekteverdraagsaamheid.

1

2