Previous Page  61 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 61 / 132 Next Page
Page Background

59

September 2018

Sojaboonentstowwe, asook ander peul­

plantentstowwe, word geformuleer om ‘n

groot aantal van die korrekte Rhizobium-

bakterieë in ‘n spesifieke draermateriaal

te bevat.

Formulerings bevat ook stabiliseerders,

beskermende middels en ander elemente

soos mikronutriënte. Die formulering be­

paal die entstof se rakleeftyd. Dit beskerm

die bakterieë tydens stoor en vervoer. Dit is

belangrik dat die formulering gedurende die

hele leeftyd van die produk stabiel moet bly

– van vervaardiging totdat dit gebruik word.

Met die oog op registrasie van sojaboon­

entstowwe moet die formulering ‘n hoë

aantal bakterieë tot aan die einde van die

rakleeftyd van die produk kan onderhou

– en steeds aktief nodulasie tot gevolg hê.

Oor die algemeen word ‘n minimum van 10

5

Rhizobium-bakterieë per saadjie vir effek­

tiewe nodulasie benodig. In die geval van

peulplantentstowwe is ‘n oormaat Rhizo­

bium-bakterieë nie skadelik nie, maar beter.

Nie net die raklewe van entstowwe het

oor die jare verbeter nie, maar ook hul

werking en die gemak waarmee hul toe­

gedien kan word. Sojaboonentstowwe is

nou beskikbaar in verskeie vaste draer- en

vloeibare formulerings. Oor die algemeen

word kleefmiddels saam met vaste draer-

formulerings aanbeveel. Verskeie kleef­

middels is kommersieel beskikbaar en die

entstofvervaardiger sal die beste een vir sy

spesifieke entstof kan aanbeveel.

Dit is ook moontlik om vaste draer-entstow­

we in die plantvoor toe te dien, afhangende

van die partikelgrootte van die draer. Die

meeste poeierentstowwe moet direk voor

aanplanting op die saad toegedien word.

Vloeibare sojaboonentstofformulerings het

die afgelope paar jaar heelwat aandag ge­

niet en word besonder suksesvol gebruik.

Dit kan as beide direkte saadbehandeling

of as plantvoortoediening gebruik word. ‘n

Vloeibare formulering bestaan gewoonlik

uit die Rhizobium-bakterieë gesuspendeer

in ‘n water-, olie-, of polimeerbasis en kan

verskeie byvoegings bevat om die eien­

skappe van die entstof te verander.

Van die byvoegings verbeter die produk­

kwaliteit en rakleeftyd en sommige byvoe­

gings kan ook die lewensvatbaarheid van

Rhizobium-bakterieë op die saad, sodra dit

toegedien is, verbeter. Byvoegings beskerm

bakterieë teen uitdroging nadat dit toege­

dien is – veral wanneer behandelde saad

geplant word en grondtoestande droog en

warm is.

Entstowwe met hierdie tipe beskerming kan

dae voor plant op die saad toegedien word.

Sekere sojaboonentstofformulerings bevat

ook nutriënte wat die bakterieë se metabo­

lisme in die tydperk tussen enting en wan­

neer die bakterieë in die plant inbeweeg

het, aan die gang hou. Sommige vloeibare

formulerings bevat ultraviolet-beskerming

om die bakterieë tydens die plantproses te

beskerm. Daar is ook sojaboonentstowwe

wat seintegnologie bevat om die nodulasie­

proses aan te help.

Ander voordelige mikro­

organismes

Sojaboonentstowwe word ook met groot

sukses saam met ander voordelige mikro­

organismes, soos

Bacillus-

en

Trichoder-

ma-

spesies, toegedien. Hierdie voordelige

mikroörganismes kan in twee groepe

verdeel word: Dié wat saailingverwelksiek­

tes kan onderdruk en dié wat wortelgroei

aanhelp.

Daar is wel van hierdie mikroörganismes

wat in beide kategorieë val. Rhizobium-

bakterieë kan slegs wortelhaartjies binne

die eerste ses ure na hul gevorm het, infek­

teer. Voordelige mikroörganismes stimuleer

wortelgroei en daarom ook wortelhaartjies

se ontwikkeling. Dit beteken daar is meer

plekke vir die Rhizobium-bakterieë om te

infekteer.

Daar is vele eksterne faktore wat die effek­

tiewe nodulasie van sojabone kan affekteer,

maak nie saak watter entstofhandelsmerk

gebruik word nie. Toestande wat onguns­

tig is vir saadontkieming, sal ook nadelig

wees vir die oorlewing van Rhizobium in die

grond en vir die nodulasieproses. Hierdie

toestande sluit in té lae of hoë grondtem­

perature, lae of hoë grondvog, asook ‘n

grond pH onder 4 en bo 9.

In die geval van nuwe grond (of

virgin soil

soos dit ook bekend staan), waar sojabone

nog nooit geplant is nie, is dit raadsaam om

dubbel die hoeveelheid entstof te gebruik.

Dit kan óf as dubbel die hoeveelheid entstof

op die saad, óf as enkeldosis-entstof op

die saad en so ook in die plantvoor, toege­

dien word. Dit sal ‘n bydrae lewer om enige

risikofaktore wat die entstof moontlik kan

benadeel, vry te spring.

‘n Belangrike faktor vir produsente om

in gedagte te hou, is die feit dat hulle te

doen het met ‘n lewende organisme wat

spesifieke bergingstoestande benodig. Dit

is raadsaam om die etiket hieroor te raad­

pleeg. Om die maksimum uit die entstof te

kry, beveel ‘n groot aantal entstofvervaardi­

gers aan dat die produkte by koel tempera­

ture (4°C - 24°C) gestoor moet word, maar

dit moet nie toegelaat word om te vries nie.

Hou entstowwe ook weg van vlugtige che­

miese middels en uit direkte sonlig. Bloot­

stelling aan oormatige hoë temperature

vir lang periodes kan ook die bakterieë

affekteer en kan daartoe lei dat enting on­

doeltreffend sal wees. Dit is uiters belangrik

dat die entstof lewendig en lewensvatbaar

is teen die minimum spesifikasie op die

etiket. Sojaboonprodusente moet aandring

op die “varsste produk” om goeie enting en

suksesvolle oeste te verseker.

Die sojaboonbedryf in Suid-Afrika het nog

nie sy volle potensiaal bereik nie en daar is

nog heelwat ruimte vir groei. Sojaboonent­

stofvervaardigers is gefokus om by te dra

tot die sukses van die bedryf en om volhou­

bare groei te verseker.

Met dank en waardering aan Arysta Lifescience

(dr Bridgitta Steyn en mnr Jaco Marais), BASF (mnr

Sean Brereton-Stiles), die LNR (drs Ansa van Vuuren,

Elna van der Linde en Ahmed Hassen van die Plant­

beskermingsnavorsingsinstituut) en Plant Health

Products (prof Mike Morris en Debby Perry) vir hul

waardevolle bydraes tot hierdie artikel.

Grafiek 1: Hektare sojabone in die afgelope drie seisoene aangeplant.