Previous Page  60 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 60 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

58

Sojaboonentstowwe in Suid-Afrika:

‘n Vervaardigersperspektief

D

ie voordeel van sojaboonproduk­

sie in rotasie met mielies – en

dan natuurlik ook die wisseling in

mieliepryse – het in die afgelope

dekade ‘n dramatiese groei in sojaboonaan­

plantings tot gevolg gehad. Nuwe hektare,

wat nooit voorheen vir sojaboonproduksie

gebruik is nie, word nou ingespan en ver­

skeie nuwe sojaboonprodusente is

nou by die geledere gevoeg.

Die 183 000 ha wat in die

2006/2007-seisoen aangeplant is,

het gegroei na 472 000 ha in

die 2011/2012-seisoen en die

787 200 ha wat in die huidige

seisoen aangeplant is (PNS Statis­

tiek,

www.proteinresearch.net

).

Nuwe kultivars wat nou in Suid-

Afrika beskikbaar is, maak dit

boonop vir minder tradisionele

areas moontlik om sojabone suk­

sesvol te verbou. Die grootste

hoeveelheid sojabone is hierdie

seisoen in die Vrystaat geplant

(345 000 ha), gevolg deur Mpuma­

langa (310 000 ha) en KwaZulu-Natal

(40 000 ha) (sien

Grafiek 1

).

Vir suksesvolle sojaboonproduk­

sie is die bestuur van stikstofbe­

mesting van kardinale belang.

Sojabone

benodig

ongeveer

100 kg tot 120 kg stikstof per hektaar

vir elke ton opbrengs wat beoog word.

Stikstofbemesting is een van die duurste in­

sette, maar sojabone bied vir ons ‘n ekono­

miese alternatief vir tradisionele bemesting

– die simbiotiese assosiasie met Rhizobium-

bakterieë.

Hierdie simbiotiese assosiasie tussen

Rhizobium-bakterieë en peulplante is al vir

vele jare bekend en is een van die koste-ef­

fektiefste maniere om stikstof aan die plant

te lewer. Peulplantentstowwe word al vir

meer as drie dekades kommersieel in Suid-

Afrikaanse landbou ingespan om nodulasie

op sojabone suksesvol te bewerkstellig.

Wanneer peulplante effektief geënt word,

lewer dit genoeg van die korrekte, lewens­

vatbare Rhizobium-bakterieë direk by die

saad om seker te maak nodulasie vind so

gou moontlik na ontkieming plaas ten einde

‘n goeie oes te lewer.

Tegnologie rakende die vervaardiging, for­

mulering en toediening van sojaboonent­

stowwe is deur die produsent se behoeftes

gedryf: Entstowwe moet onder ‘n wye ver­

skeidenheid van omgewingstoestande ef­

fektief wees en dit moet ook so maklik en

eenvoudig moontlik wees om toe te dien.

Ontwikkeling van soja-

boonentstowwe

Daar is verskeie faktore wat vervaardigers in

ag moet neem wanneer sojaboonentstow­

we ontwikkel word. Die belangrikste hiervan

is die keuse van die korrekte isolaat of iso­

late. Die meeste peulplante het ‘n besonder

spesifieke

Rhizobium-

of

Bradyrhizobium-

spesie waarmee dit in assosiasie kan gaan.

‘n Voorbeeld hiervan is die simbiotiese ver­

houding tussen sojabone (

Glycine max

) en

Bradyrhizobium japonicum. B. japonicum

infekteer sojaboonwortelhaartjies en vorm

nodules wat atmosferiese stikstof aktief

bind. Die stikstof is dan in die vorm van

ammonium vir die plant beskikbaar. Indien

ander Rhizobium-spesies gebruik word, sal

daar geen nodules vorm nie, of die nodules

sal onaktief wees.

Vir elke Rhizobium-spesie is al ‘n

verskeidenheid rasse geïsoleer. Elk­

een van hierdie rasse gaan verskil in

hul vermoë om die wortelhaartjies

te kan infekteer, hoe effektief hulle

stikstof in die nodules bind, hoe

hulle met ander Rhizobium-spesies

kompeteer om die wortelhaartjies

te infekteer en laastens, hoe hulle in

die spesifieke omgewing waar hulle

toegedien is, vaar.

In die 1990’s is navorsing in

Suid-Afrika deur die LNR-Plantbe­

skermingsnavorsingsinstituut (PBNI)

gedoen om die beste sojaboonent­

stofisolaat vir Suid-Afrikaanse toe­

stande te vind. Hulle het verskeie

oorsese isolate geneem en op ‘n

wye verskeidenheid kultivars en

produksiegebiede getoets.

Die isolaat wat oor die hele proef

heen op die meeste kultivars en in

die meeste gebiede goed gedoen het, was

die

B. japonicum-

isolaat WB74. Dit is die

isolaat wat die algemeenste in plaaslike ent­

stowwe gebruik word.

Daar is tans verskeie sojaboonentstowwe in

Suid-Afrika beskikbaar wat ook ander rasse

en isolate bevat, byvoorbeeld

Bradyrhizobi-

um elkanii

. Hierdie rasse en isolate kan net

so effektief wees soos WB74 – afhangende

van die sojaboonkultivar en omgewings­

toestande. Verskeie entstowwe bevat ook

kombinasies van rasse en isolate.

Produkformulering speel ‘n kritiese rol

in die sukses van sojaboonentstowwe en

affekteer die entstof se effektiwiteit.

Fokus

Geïntegreerde plaagbeheer

Wilma Mac Pherson,

South African Bioproducts Organisation

In die geval van nuwe

grond (of

virgin soil

soos

dit ook bekend staan),

waar sojabone nog nooit

geplant is nie, is dit

raadsaam om dubbel

die hoeveelheid

entstof te gebruik.