Previous Page  59 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 59 / 132 Next Page
Page Background

Fokus

Boorvlakke van ongeveer vyf dele per miljoen in die grond is

voldoende vir die meeste gewasse. Die grootste fraksie van B in

gronde word geadsorbeer op organiese materiaal, wat dien as ‘n

poel van boor, wat maklik in die grondoplossing vrygestel kan word.

Verder adsorbeer B silikaatkleideeltjies en metaaloksiede deur

ligand ruilreaksies. Geadsorbeerde B neem toe met toenemende

klei-inhoud en metaaloksied (Al en Fe oksiede)-inhoud van gronde.

Oplossing pH: pH is een van die belangrikste faktore wat die be­

skikbaarheid van B in gronde beïnvloed. Lae pH sal adsorpsie van

B aansienlik verlaag en tot hoë loging lei. Optimale B-opname deur

plante vind gewoonlik tussen pH 5 tot pH 7 plaas. Lae grondvog lei

ook tot laer booropname, omdat boor deur middel van diffusie in

die grond inbeweeg.

Hoogs geloogde suur en sanderige gronde met ‘n lae organiese

materiaalpersentasie (≤1,5%) sal veral lei tot boortekorte, maar

selfs gronde met ‘n hoë kleipersentasie kan boortekorte toon. Die

boorinhoud van plante wissel geweldig tussen spesies en selfs

kultivars, maar ‘n benaderde hoeveelheid van tien tot 50 dele per

miljoen is gewoonlik voldoende vir normale ontwikkeling. Die toe­

diening van ‘n booraanvulling vir ‘n gewas moet met sorg gedoen

word, aangesien hoë boorvlakke ook toksies vir plante kan wees.

Die gevoeligheid vir boor wissel ook tussen spesies.

Verskillende praktyke is beskikbaar om boortekorte in gewasver­

bouing aan te spreek. Boor kan voor planttyd breedwerpig in ‘n

land uitgespuit word, saam met planterkunsmis (in die vorm van

korrels of as ‘n korrelbedekking). Blaarbespuiting kan ook op spe­

sifieke groeistadiums toegedien word. Verskillende vorme van boor

is in die mark beskikbaar met variërende mates van doeltreffend-

heid in terme van opname.

Algemene vorme sluit in boorsuur (X-Treem B Powder) met ‘n

boorinhoud van ongeveer 170 g/kg B, natriumoktaboraat tetrahidraat

(Solubor) met ‘n boorinhoud van ongeveer 205 g/kg B, sowel as

verskeie vorme van organies gekompliseerde vloeistof-boorvorme.

Organiese boorvorme se konsentrasies wissel gewoonlik tussen

60 g/l en 150 g/l (X-Treem B Liquid).

Boor-mobiliteit is swak in die meeste gewasse en die presiese

meganisme van boorbeweging (translokasie) in die plant word nog

ondersoek. Dit is daarom dat boortekorte eerste in die nuwe groei

van gewasse opgemerk word. Die simptome van boortekorte wis-

sel ook tussen spesies. Navorsing het wel getoon dat boor slegs

in die gekompliseerde vorm van suiker-en-amienalkoholverbinding

binne die plant kan beweeg.

Navorsing deur Yoshinari

et al

. (2017) het ook getoon dat die op­

name van boorvorme meer doeltreffend is as algemene anorga-

niese boorvorme soos boorsuur deur plantblare. Soos voorheen

genoem, is hierdie organiese boorverbindings in die mark beskik-

baar, maar dit kom gewoonlik teen ‘n premie teenoor anorganiese

vorms. In meeste gevalle kan die premie wel verhaal word deur

verhoogde opbrengste wat deur meer effektiewe boorbemestings­

vorme teweeggebring word.

Boor

– ‘n kritiese deel

van gewasverbouing

57