Previous Page  48 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 48 / 132 Next Page
Page Background

September 2018

46

Effektiewe beheer van

glifosaatbestande opslagmielies krities

H

ierdie artikel is nie geskryf om die moets en moenies van

monokultuurmielies te behandel nie, maar om slegs een

van die uitdagings wat as gevolg daarvan ontstaan, aan

te spreek. Opslagmielies behoort as ‘n onkruid in ‘n nuwe

seisoen gesien te word.

Data bewys dat opslagmielies tot 8% oesverlies kan bewerkstellig.

Dit gee ons ongeveer R640 se verlies in ‘n land met 4 ton opbrengs

en R1 280 in ‘n land met 8 ton opbrengs. Dit is meer as die totale

chemiese bespuitingskoste per hektaar.

Hoe gemaak met opslagmielies in ‘n glifosaatbestande mieliepro­

gram, oftewel Roundup Ready-mielieprogram? Die uitdaging is dat

die vensterperiode waarin opslagmielies bestry kan word, geweldig

klein is en as ons ‘n fout maak, dit nie sonder meganiese bewerking

beheer kan word nie. Indien wel, dan ook net tussen die rye.

Omdat ‘n mielie heterosigoties is, sal sy nageslag terugslaan na

sy ouerlyne – waarvan die glifosaat-geen van die wyfie se lyne

afkomstig is. Dit beteken dat tussen 25% en 75% van die nageslag

(opslag) die glifosaatgeen sal bevat, afhangende van die bestuiwing,

en derhalwe weerstand teen glifosaat sal bied. Dit is waarom ons

ander produkte, soos fops en dims, moet gebruik om die glifosaat-

bestande opslag te beheer.

Daar is verskeie aktiewe bestanddele wat gebruik kan word, waar-

van Clethodim en Kwisalofop-P-tefuriel die meeste gebruik word

omdat hulle tans die goedkoopste en doeltreffendste is. Hierdie

twee aktiewe bestanddele word op die blare van aktief-groeiende

opslagmielies aangewend en word translaminêr deur plantsappe na

die groeipunt vervoer om dit te dood.

Uit proewe wil dit voorkom asof Kwisalofop-P-tefuriel tog vinniger

en effektiewer werk. (Vra jou gewasoplossingspesialis of gebruik

Google

om jouself te vergewis van die handelsname van die twee

soorte fops en dims.)

Die afgelope seisoen het bogenoemde twee aktiewe bestanddele

gemengde suksesse behaal. In ‘n uitgebreide studie kon ons

vasstel dat geen van die produkte en lotnommers wat getoets is,

op standaard was nie. Dit het ons genoop om proewe te spuit en ‘n

diepgaande studie te maak van wat tydens die bespuiting verkeerd

gegaan het.

Vervolgens kommunikeer ons graag ‘n paar punte wat in ag geneem

moet word om opslagmielies die hoof te bied:

Klimaat:

Die opslag moet gesond wees en aktief groei sodat

die middel na die groeipunt kan beweeg. Daarom sal enige

stremming, hetsy koue of erge hitte, die plante se groei vertraag

en translokasie van die aktiewe bestanddele na die groeipunt

stadiger laat plaasvind. Dié vertraging in sapvloei gee die plant

‘n kans om die aktiewe bestanddeel te metaboliseer, wat sal

veroorsaak dat hergroei kan plaasvind.

Kultivar:

Kies die regte kultivar met ‘n goeie staanvermoë, ‘n

sterk stam en ‘n vinnige afdrogingsvermoë.

Stroopwerk:

Stroop betyds; moenie te lank wag nadat die oes

genoeg afgedroog het nie.

Gebruik die regte

stroperverstellings

. Tot 15% pitverlies is

tydens hierdie seisoen gesien.

Bewerkingsmetodes:

Doen die regte saadbedvoorbereiding

en waak daarteen om ‘n implement te gebruik wat die opslag

en blare in ‘n ry inskuif. Dit veroorsaak ‘n “worsopslag” wat oor

‘n tydperk ontkiem en nie raakgespuit kan word nie – veral in

nouer rye.

Bespuiting:

Gebruik die minimum aanbeveling van 150 liter

water per hektaar om voldoende benatting te bewerkstellig.

Hierdie is ‘n kritiese faktor by beide aktiewe bestanddele.

Gebruik 2% ammoniumsulfaat om die water te

kondisioneer

en

die soute te bind.

Voeg ten minste 200 ml van ‘n

penetreermiddel

soos lemoen-

olie by.

Spuittoerusting:

Gebruik die regte spuitstuk vir ‘n watervolume

van 150 liter en meer. Gaan spuitstukke noukeurig na vir slytasie

en effektiwiteit. Hierdie faktor is een van die grootste hindernisse

vir effektiwiteit, wat veral by hoogloopspuite gesien word.

Produsente gebruik een stel spuitstukke vir ‘n te lang tyd.

Opsomming

Pas hierdie reëls toe voor planttyd en uit eie ervaring en proewe

waarborg ek jou gemoedsrus in die bekamping van opslagmielies.

Verwysings

National Science Foundation. (s.a.).

Understanding inheritance

. Beskikbaar by:

http://maize.teacherfriendlyguide.org/index.php/biology-and-genetics-of-maize/

understanding-inheritance.

Anon. (s.a.).

The effect of Roudup Ready corn on corn yield

. Beskikbaar by:

http://

www.aganytime.com/Documents/ArticlePDFs/LC-Monmouth-The-Effectof-

Volunteer-Roundup-Ready-Corn-on-Corn-Yield.pdf.

Fokus

Geïntegreerde plaagbeheer

Produkinligting

Gerrie Ludick,

InteliGro TMS

Hierdie foto toon die uitwerking van fops en dims op opslagmielies.

Let op die afsterwing van die groeipunt, terwyl die res van die plant

lewendig is.