Previous Page  50 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 50 / 132 Next Page
Page Background

ion

succeed

ri

Ontsluit só volle waarde van presisieboerdery

P

rodusente het voortdurend nuwe en beter tegnologie nodig

om volhoubaar te kan produseer. Goeie inligting is egter

skaars, omdat heelwat riglyne en norme gebaseer is op ou

navorsing en kultivars en nie gekalibreer is met die nuutste,

hoër opbrengsvlakke van genetika nie.

Om blindelings voort te gaan en nie van wetenskaplik-gebaseerde

inligting gebruik te maak nie, is ‘n groot risiko in die graanbedryf.

Die koms van Agri Technovation se wolkgebaseerde platform,

MyFarmWeb™, maak dit tans vir produsente moontlik om alle

presisiedata (historiese en huidige data) in te trek en te stoor. Hierdie

data is ook gekorreleer met GPS-punte op die plaas.

Agri Technovation is aan die voorpunt om “groot data” te verwerk.

Deur middel van genetikaproewe, die nuwe MyFarmWeb-tegnolo­

gie, asook kommersiële data op produsente se plase, kan die

sogenaamde

multilayering

-aksie uitgevoer word. Hierdie proses

behels die vergelyking van spesifieke genetika met opbrengsdata

op grondtipe kaarte, asook grondpresisie-vrugbaarheidskaarte,

om spesifieke korrelasies te identifiseer. Daarvolgens kan kultivars

se stabiliteitskaarte ook opgestel word om die langtermynposisies

op lande te identifiseer waar die kultivars geplant kan word vir

maksimale opbrengsresultate.

Grondvrugbaarheidsvlakke gemeet teen opbrengs van genetika

kan ook gemeet word om die beste vlakke van produksie te bepaal.

Tabelle kan opgestel word waar verskillende vlakke in dele per

miljoen (dpm), basisversadigingsvlakke (%) en verhoudings tussen

elemente, mikro-elementvlakke, suurversadiging en pH korreleer

met gewasse se beste opbrengs per kultivar. Met die druk van ‘n

knoppie kan produsente op MyFarmWeb ‘n presisiekaart oor hul

winsgewendheid vanaf hul eie stroperkaarte op verskillende ge-

wasse genereer. Hulle kan hul eie insetkostes en graanpryse inlees,

wat dan die kaart genereer en vertoon.

Dit is vir die graanbedryf belangrik dat produsente hul eie presisie-

data effektief verder moet aanwend ten einde nuwe geleenthede

daaruit te ontgin. Ongelukkig gebeur dit nog steeds dat plase se ou

historiese stroper- en ontledingsdata nie gebruik word om nuwe

geleenthede te ontsluit nie. Uiteindelik is dit nou moontlik om

werklik insig te verkry in potensiële risikoverskansing en toekoms­

tige winsgewendheid.

Vir meer inligting rakende kultivarkeuses volgens grondtipes en

insigte wat winsgewendheid bevorder, kontak jou naaste Laeveld

Agrochem agent of Agri Technovation landboukundige of besoek

ons webtuiste.

Fokus

Geïntegreerde plaagbeheer

Produkinligting

Willem JH Eigenhuis,

Agri Technovation