Previous Page  43 / 132 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 43 / 132 Next Page
Page Background

41

September 2018

Dit is belangrik dat die verspreiding van hierdie spesie, wat in die

verlede tot hoofsaaklik koejawel-produserende produksiegebiede

beperk was, ondersoek word sodat produsente bewus daarvan is

sou dié pes in hul lande teenwoordig wees.

Eksperiment

Terwyl die aalwurmopname gedoen is, is tien mieliekultivars

(

Tabel 1

) wat in die oostelike en westelike mielieproduksiege­

biede aangeplant word, ook in ‘n glashuiseksperiment vir hul

gasheergeskiktheid ten opsigte van

M. enterolobii

, getoets. Die in­

ligting wat sodoende gegenereer is, gaan egter in ‘n opvolgeksperi­

ment geverifieer word, maar word solank bekend gemaak.

Die eksperiment het behels dat 5 000 eiers en tweede jeugstadia van

hierdie knopwortelaalwurmspesie op wortels van twaalf- tot 14 dae-

oue mieliesaailinge geïnokuleer is en vir 56 dae gelaat is om daarin

voort te plant. Ses herhalings is vir elke kultivar gedoen.

Die plante is na hierdie tydperk verwyder en die eiers en tweede

jeugstadia is vanuit die wortels van elke kultivar geëkstraheer en

getel. Slegs een kultivar is as weerstandbiedend teen hierdie aal­

wurmspesie geïdentifiseer, wat daarop dui dat die aanvanklike

5 000 eiers en tweede jeugstadia waarmee geïnokuleer is, oorskry is.

Minder as 5 000 eiers en tweede jeugstadia is uit wortels van hierdie

kultivar geëkstraheer. Daarenteen was meer as 5 000 eiers en tweede

jeugstadia in wortels van die ander nege kultivars teenwoordig,

wat ‘n aanduiding is dat

M. enterolobii

goed daarin kon voortplant.

Hierdie kultivars is dus vatbaar vir hierdie knopwortelaalwurm­

spesie. Ten spyte van inligting dat mielies swak of geen gasheer vir

hierdie spesie is, dui resultate van hierdie Suid-Afrikaanse studie op

die teendeel.

Ook belangrik om in ag te neem is dat hierdie aalwurmspesie, asook

M. incognita

en

M. javanica

, ‘n voorkeur het vir warmer areas en

as termofiele geklassifiseer word. Met klimaatsverandering, wat ‘n

gegewe is, kan hierdie knopwortelaalwurmspesies in periodes waar­

tydens hoër temperature heers, korter voortplantingsiklusse hê.

Dit kan lei tot hoër bevolkingsdigthede van hierdie aalwurm­

spesies, wat meer skade aan gewasse en minder voedsel vir die

nasie tot gevolg kan hê. Die tendens waar ‘n 2°C- tot 3°C-verho­

ging in temperatuur tydens die duur van glashuiseksperimente

(56 dae) aansienlike verhogings van

M. incognita

getalle in wortels

van sojaboonkultivars tot gevolg gehad het, ondersteun hierdie

uitlating en word in ‘n volgende artikel bespreek. Hierdie tipe van na­

vorsing word ook beplan vir mieliekultivars met die knopwortelaal­

wurmspesies wat uitdagings in plaaslike produksiegebiede inhou.

Die uiteindelike doel van aalwurmnavorsing is om beheerstrategieë

te ontwikkel wat daarop gemik is om aalwurmpeste se bevolkings­

vlakke te verlaag sodat gewasse volhoubaar in die teenwoordigheid

van aalwurms verbou kan word. Geen aalwurmbeheerstrategie, en­

kel of in kombinasie met ander, sal alle aalwurms uitwis nie, omdat

hierdie organismes oor buitengewone oorlewingstrategieë beskik.

‘n Omgewingsvriendelike en koste-effektiewe strategie om aal­

wurmpeste se getalle drasties te verlaag is byvoorbeeld die gebruik

van swak of weerstandbiedende gashere (soos aangedui in Tabel 1).

Dit is ‘n alternatief vir aalwurmdoders waarvan enkeles tans op

mielies en geen op sojabone in Suid-Afrika geregistreer is nie.

Weerstandbiedende mieliekultivars wat in Tabel 1 aangedui is, het

byvoorbeeld

M. enterolobii

-bevolkings tot met 79% verlaag,

vergeleke met dié wat deur die mees vatbare kultivar onderhou is.

Indien sulke weerstandbiedende kultivars in kombinasie met ander

aalwurmbeheerstrategieë, soos aalwurmdoders, gebruik word kan

die bevolkingsvlakke van aalwurmpeste drasties in plaaslike produk­

siestreke verlaag word. Deeglike beplanning is egter belangrik sodat

swak gasheer- of weerstandbiedende kultivars van wisselbou- en/

of dekgewasse in gewasrotasiestelsels ingesluit word om die bevol­

kingsvlakke van aalwurmpeste oor die lang termyn te verlaag.

Insluiting van dekgewasse, as swak- of weerstandbiedende gashere

en/of vir die inkorporering van hul bogrondse dele, is ook belangrik.

Sulke strategieë kan die diversiteit van aalwurmbevolkings (veral dié

van voordelige aalwurms) in gronde bevorder en só bydra tot die

samestelling van minder skadelike aalwurmbevolkings wat minder

skade aan landbougewasse tot gevolg kan hê.

Ander aalwurmgenera

Alhoewel daar vir die doel van hierdie artikel slegs gefokus is op

knopwortel- en letselaalwurms, is daar ander aalwurmpeste wat ook

skade aan mielies en ander graangewasse kan aanrig, maar tot ‘n

mindere mate in geïsoleerde areas.

Hierdie aalwurmgenera sluit stompwortelaalwurms (

Nanidorus/

Paratrichodorus

), spiraalaalwurms (

Hoplolaimidae

), verdwergings­

aalwurm (

Tylenchorhynchus

), ringaalwurms (

Criconematidae

) en

andere in. Ontledings wat by die Noordwes-Universiteit en LNR-

Graangewasse gedoen word, sluit egter die tel en identifikasie van

alle aalwurmpeste in sodat opgetree kan word sou een van hierdie

genera in wortel- en/of grondmonsters vanaf ‘n spesifieke lokaliteit

domineer.

Ontleding van grondmonsters vir die teenwoordigheid van voor­

delige aalwurmgenera/-families word ook op versoek hanteer om

sodoende aan produsente ‘n aanduiding van die “gesondheid/

kwaliteit” van grond te gee.

Toekomstige navorsing

Met die oog op volhoubare voedselproduksie vir Suid-Afrika is

dit belangrik dat toekomstige navorsing voortdurend fokus op die

verspreiding en voorkoms van aalwurmpeste in plaaslike graan­

produksiegebiede. Klimaatsverandering en die toenemende inslui­

ting van bewaringsboerdery is maar twee faktore wat verandering

in aalwurmbevolkings tot gevolg kan hê en daarom moet “aalwurm-

oudits” voortdurend gedoen word.

KULTIVAR

GASHEERSTATUS VIR

M. ENTEROLOBII

DKC78-79 BR

Weerstandbiedend

DKC80-40 BRGEN Vatbaar

P2432 R

Vatbaar

LS 8518

Vatbaar

LS 85398

Vatbaar

VP 8405 B

Vatbaar

KKS 8410 BR

Vatbaar

IMP 51-22 B

Vatbaar

IMP 52-11 R

Vatbaar

BG 5285

Vatbaar

Tabel 1: Die gasheerstatus van geselekteerde mieliekulti-

vars ten opsigte van

Meloidogyne enterolobii

.