

Oktober 2018
60
Die beter benutting van elke kamp veroorsaak ook dat beter
kwaliteit gras in die toekoms benut gaan word. Daar is reeds
gevalle waar die voorkoms van rooigras by veeprodusente binne
twee groeiseisoene vermenigvuldig het. Die veld is tydens die
groeiseisoen gelaat om te rus en is dan in die wintermaande
benut.
Onbenutte gras soos dekgras en in sommige gevalle selfs
terpentyngras word deur die beeste benut.
Brandbane en padreserwes kan bewei word. Dit is aansienlik
meer doeltreffend as brandstroke, aangesien dit heelwat breër
gewei kan word – wat veldbrande doeltreffend kan voorkom
(
Foto 4a
en
Foto 4b
).
Ultrahoëdrukbeweiding voorsien die diere elke uur met vars
voer waarop geen dier getrap, gemis en geürineer het nie.
Soos die weiding verbeter, verbeter die drakrag ook aansienlik
en kan meer diere op dieselfde plaas aangehou word.
Opsomming
Elke veeprodusent het ‘n verantwoordelikheid om voedselproduk-
sie te optimaliseer om sodoende die groeiende populasie te
voed. Dit moet tesame met hulpbronbewaring en -verbetering
geskied. Daar is tegnologie wat ingespan kan word om hierdie
doelwitte te behaal.
As veeprodusent is jy dus eintlik verplig om jou weidingstrategie
te verander om jou weidings meer doeltreffend te benut, meer diere
op dieselfde oppervlak aan te hou en meer voedsel te produseer.
In die proses sal jy boonop meer winsgewend wees.
Die tyd is verby waar net nog ‘n plaas bygekoop kan word as die
plafon bereik is – ons moet nou ons produksie vertikaal uitbrei
om steeds volhoubaar en ekonomies te produseer. Ultrahoë
drukbeweiding is een van sodanige maniere om hierdie doelwit te
haal. Probeer dit gerus.
Hoëdrukbeweiding
op plaasvlak
Vee
2a
2b
2a tot 2c: Koeie in
’
n ultrahoëdrukbeweidingstelsel.
3: Die trap-effek op kaal kolle.
2c
3