

58
O
ns het nog altyd in veranderende tye geleef, maar dees
dae verander die tye vinniger, meer drasties en meer
onvoorspelbaar. Die wêreldpopulasie behoort in alle
waarskynlikheid teen 2050 sowat 10 miljard mense in
totaal te wees. Ons benodig dus beter en meer voeding, beter
gesondheid en meer doeltreffende energieverbruik.
Die harde werklikheid is egter dat die landboubedryf nie in staat
is om die hoeveelheid mense met die huidige landbou-, omgewings-
en ekonomiese stelsels te voed nie.
Om ‘n plaas se drakrag suksesvol met tot 300% te verhoog, terwyl
die weidingtoestand verbeter, is beslis ‘n praktyk om te ondersoek.
Dit is waar hoëdrukbeweiding ter sprake kom – om die plaas se
drakrag sodanig te verbeter dat tot drie keer meer beeste daarop
aangehou kan word.
Plantwortelfisiologie
Plante se wortels dien as stoororgaan vir voedselreserwes. Hierdie
reserwes word gebruik om nadat die plant afgewei is, weer blare
te begin produseer. Sodra hierdie blare weer begin groei het,
kan hulle begin om deur middel van fotosintese nog meer blare te
produseer.
Sodra die vegetatiewe groeifase ‘n einde bereik het, sal die plant
oorgaan in die reproduktiewe fase. Hier word die saad gevorm
om die voortbestaan van die grasplant te bewerkstellig. Wanneer
die plant steeds nie benut (ontblaar of bewei) word nie, sal die
voedselreserwes wat dan in oormaat geproduseer word, na die
wortels gekanaliseer word om daar gestoor te word. Hierdie siklus
herhaal homself van hier af.
Indien die plant aansienlik kort bewei is, word meer reserwes ont
trek om die blare te begin produseer en dit neem ook langer vir die
hergroei om ‘n aanvang te neem. Wanneer die blare net begin groei
het en daar is nog nie reserwes terug na die wortels gekanaliseer
nie en die plant word weer bewei, word nog meer reserwes ont
trek. Indien hierdie proses voortgaan, soos wanneer koeie vir ‘n
lang periode in ‘n groot kamp gejaag word, sal die wortelreserwes
later uitgeput raak en sal die graspolle ál kleiner word.
Die wortelstelsel sal al kleiner begin raak omdat soveel van die
reserwes onttrek is sonder om enige reserwes terug te plaas. Die
groeikragtigheid van hierdie weiding sal daal soos die polle kleiner
word. Die weiding is in ‘n sneeubaleffek gewikkel – die gras groei
stadiger omdat die wortels al kleiner word en die wortels word al
kleiner omdat die weiding te kort na mekaar bewei word.
Hoëdrukbeweiding:
Die antwoord tot beter drakrag
op plaasvlak
Beweiding / Drakrag / Hergroei
Vee
Hennie du Toit,
vee- en weidingkundige, Obaro
1a en 1b: Swak weiding (1a) wat lank sal neem om uit te groei teenoor
‘n goeie rooigrasstand (1b).
Oktober
2018
1a
1b