

Oktober 2018
66
Diens planters vir
optimale
plantestand
D
ie doel van ’n planter is om saad en kunsmis eweredig
teen ’n bepaalde hoeveelheid oor ’n land te versprei.
Die planter bepaal die oespotensiaal van ’n land tydens
planttyd; daarom is die instandhouding, diens en herstel
van planters essensieel.
Dit is krities dat planters sonder uitdagings deur die plantseisoen
heen kan funksioneer. Daar moet ook na die fyner detail gekyk word,
sodat die planter optimaal kan werk. Enige verstelling aan ’n planter
nadat daar geplant is, kan tog nie die potensiaal verbeter nie?
Onthou dat ’n planter ’n presisiemasjien is en daarvolgens bestuur
moet word. Daar is paar belangrike aspekte van ’n planter wat
aandag vereis voordat ’n mens begin plant.
Saaduitmeetmeganismes
Die belangrikste is die saaduitmeetmeganismes. Dit is die hart van
enige planter. Laat dit deur ’n kundige persoon diens.
Uitmeetmeganismes kan met MeterMax-kalibrasietoetsbanke ge
toets word om die regte plantestand, plantspoed en ook foute
(byvoorbeeld mis-pitte en dubbel-pitte) te bepaal. Daar kan ook
seker gemaak word dat die saadgroottes wat gebruik word,
akkuraat geplant word. Dit is bewys dat die akkuraatheid van
uitmeetmeganismes met tot 10% kan verbeter as hulle op ’n
MeterMax getoets en verstel is.
Alle geslyte onderdele behoort vervang te word om seker te maak
dat die uitmeters die plantseisoen sonder uitdagings sal kan
deurgaan. Neem die uitmeetmeganismes en genoeg van die betrok
ke saad wat jy wil plant vroegtydig na ’n MeterMax-verteenwoor
diger om dit te laat toets.
Hoogte van die planterbalk
’n Planterbalk se hoogte van die grond af is ook belangrik. Dit be
invloed hoe die plantereenheid oor die grond beweeg.
Die parallelarms van die plantereenhede moet horisontaal met
die grond wees. Maak ook seker dat die busse nie geslyt is nie en dat
die boute goed vas is.
Afdrukvere se werking word deur balkhoogte beïnvloed en ook
hoe glad of egalig die ry-eenheid oor die grond beweeg. As die
planterbalk te hoog is, sal die vere nie die ry-eenheid stewig
genoeg met die grond laat kontak maak nie. As die planterbalk te
laag is, sal die vere weer te veel druk op die grond (en gevolglike
grondverdigting) veroorsaak.
Planterbalk
Tesame met die balkhoogte, moet produsente hul vergewis van
hoe hoog die plantersleepstang aan die trekkerhaak gehaak is. Dit
beïnvloed die oriëntasie van die ry-eenheid.
Die planterbalk moet ongeveer waterpas met die grond loop. Dit
verseker dat die vooroopmakers die regte diepte handhaaf en die
saadbuis teen die regte hoek aan die ry-eenheid sit.
As die planterbalk na vore oorleun, kan die plantdiepte te diep
wees, die toedrukwiele aan die agterkant kan dan ook nie
korrek funksioneer nie en die toedruk-aksie sal nie behoorlik
plaasvind nie.
Die saad sal ook nie “vryval” deur die saadbuis nie: Dit sal die
kante daarvan tref, wat dan die saadspasiëring sal benadeel.
Aandrywings
Gaan alle kettings, laers en ratte vir slytasie na. Kettings en laers wat
geroes, styf en geslyt is, moet vervang word.
Afwykings of rukkerigheid in die aandrywing veroorsaak swak
werkverrigting van die uitmeetmeganismes – wat weer tot ’n
swak plantestand en -spasiëring lei.
op plaasvlak
Instandhouding / Herstel / Voor plant
Werktuie en toerusting
Andries Botha,
tegniese bestuurder, Cerealis Precision
1: Gaan die balk se oriëntasie na.
2: Die parallelarms se busse moenie geslyt wees nie. Let veral op die slytasie op
die boute en maak seker dat die moere goed vas is.
3: Swak onderhoude kettings veroorsaak gebrekkige spasiëring en plantestand.
1
2
3