

59
Op hierdie stadium sal hergroei besonder lank neem om ‘n
aanvang te neem en sal dit tipies eers begin plaasvind na ‘n goeie
reënbui (
Foto 1a
en
Foto 1b
).
Die smaaklike en gewenste spesies sal begin uitsterf weens oor
benutting. Die drakrag van sodanige weiding is reeds baie laag en
kan nie meer volhoubaar daarop geproduseer word nie.
Hoëdruk- of ultrahoëdrukbeweiding
Hierdie beweidingstelsel word op kort beweidingsperiodes en
lang rusperiodes gebaseer. Beeste begin binne twaalf tot 14 dae
nadat hulle in ‘n nuwe kamp ingejaag is, die hergroei van die plante
wat reeds benut is, afwei – dit is die smaakliker en meer voed-
same weiding.
Dit is egter ook dié weiding wat nie benut moet word nie, aangesien
dit nog nie reserwes in die wortelstelsel teruggeplaas het nie.
Dit is dus uiters nadelig vir die plant en sy wortelstelsel om so kort
na mekaar benut te word.
Hoëdrukbeweiding begin waar diere in sodanige klein kampies
gejaag word, dat hulle binne 14 dae die hele kamp afgewei het.
Dit is die beste om al die koeie in een groot trop te laat wei. Die
duimreël is dat die kampgrootte ongeveer 15% van die tropgrootte
moet wees. As die trop uit 100 diere bestaan, moet die kampe nie
groter as 15 ha wees nie. Dan behoort die trop die kamp binne 14 dae
skoon te gewei het.
Namate die kampe nog kleiner word, word later oorgegaan na
ultrahoëdrukbeweiding. Meestal word hier van elektriese draadjies
gebruik gemaak, aangesien elke kamp verder verklein word. Die
trop diere word vir sowat een uur op ‘n klein oppervlak aangehou
voordat hulle na die volgende strook weiding verskuif word
(
Foto 2a
tot
Foto 2c
op bladsy 60).
Die stroke kan sowat 50 m tot 100 m breed wees en die stuk wat
voorsien word, is dan so lank soos die trop koeie – met ander woorde
hulle staan die strook vol en die diere wei die gras in elkeen se
onmiddellike omgewing.
Aangesien die diere die onsmaaklike spesies ook benut, sal dit
heelwat langer neem om deur die plaas te wei as met konvensionele
beweidingstelsels. Die beste praktyk is om die soetveld slegs in
die wintermaande te benut en die hele groeiseisoen te laat rus.
Suurveld en vleiweidings daarenteen, moet verkieslik ongeveer
elke twee maande benut word. Met langer tussenposes sal die
veld te suur en onsmaaklik word.
Wanneer daar begin word om swak veld in hierdie stelsel te bestuur,
behoort die swakste veld vir die totale groeiseisoen nie bewei te
word nie. Dit moet egter gedurende die wintermaande ordentlik
afgewei word. Die grasse se wortels sal vinnig begin herstel en
soos wat die reserwes begin toeneem, sal die wortelstelsel al ster
ker word.
Die grasproduksie en spesiesamestelling sal ook met rasse skre
de verbeter. Oor die verloop van twee seisoene behoort ‘n groot
verbetering in die spesiesamestelling waargeneem te word.
Voordele van ultrahoëdrukbeweiding
Die voordeel daarvan, buiten die makliker hantering, is die volgende:
Beeste word betreklik mak weens die gereelde hantering. Dit
vergemaklik die werk met die diere beduidend.
Die diere trap die kaal kolle in die veld los en die trap-effek
vorm ‘n saadbed wat deurlugting, deurligting asook waterin
dringing verbeter
(Foto 3
op bladsy 60).
Dit veroorsaak dat ‘n groot hoeveelheid saad wat reeds in die
grond voorkom, met die eerste reën ontkiem en die kaal kolle
in die veld só herstel. Selfs waar lekbakke vir jare gestaan het,
kan die kaal kolle in een seisoen verdwyn.