

55
October 2018
Droëbone
as winsgewende gewas
in die Oos- en Wes-Vrystaat
D
roëbone is ’n koelweerpeulgewas
wat as wisselbougewas suksesvol
saammet mielies verbou kan word.
Beplanning is egter van uiterste
belang by die produksie van droëbone in
’n wisselboustelsel, aangesien droëbone en
ander graangewasse se chemiese onkruid
doderbestuursprogramme dikwels bots.
Die produksie van droëbone vereis goed
gedreineerde gronde met ’n hoë vrug
baarheid en neutrale pH. Koel temperature
word verkies, met minimumtemperature
bo 10°C en maksimumtemperature laer as
28°C. Goed verspreide reënval van 600 mm
gedurende die groeiseisoen, word verkies.
Daar is drie tipes droëbone wat algemeen
in Suid-Afrika verbou word, naamlik rooi
gespikkelde bone (±40 000 ton), klein wit
bone (±22 000 ton) en groot wit nierbone
(±1 200 ton).
Groot wit nierbone (
Foto 1
op bladsy 57) is
grootsadige (80 - 120 sade per 100 g) bone
wat koel weer verkies en uiters gevoelig
vir hoë temperature is. Hoewel groot wit
nierbone suksesvol in die Oos-Vrystaat in
hoërliggende gebiede verbou kan word,
vind die grootste produksie van groot wit
nierbone in die misbelt van Mpumalanga
plaas.
Die sade van rooi gespikkelde bone
(
Foto 2
op bladsy 57) is van medium groot
te (160 - 300 sade per 100 g) en word
regoor Suid-Afrika verbou. Weens die koel
temperatuur – en hoër reënvalbehoefte
– vind die meeste produksie in die Oos-
Vrystaat plaas. In die Wes-Vrystaat beperk
hoër temperature die produksie van rooi
gespikkelde bone.
Klein wit bone (
Foto 3
op bladsy 57) het
klein sade (400 - 650 sade per 100 g) en is
meer verdraagsaam wat hoër temperature
betref. Klein wit bone word hoofsaaklik
in Mpumalanga, Noordwes Provinsie en
Limpopo verbou. Hierdie tipe droëboon
is ook geskik vir produksie in die Wes-
Vrystaat, waar hoër temperature dikwels in
Februarie voorkom.
Droëbone is ’n uitstekende wisselbouge
was en pas goed in ’n wisselboustelsel
met mielies en koring in die Oos-Vrystaat.
Die moontlikheid daarvan om stikstof
deur middel van droëbone te bind, is egter
gering.
Die oppervlakte aangeplant en die op
brengs per hektaar varieer aansienlik tus
sen seisoene. Die variasie in oppervlakte
wat aangeplant word, is grootliks die gevolg
van twee faktore, naamlik die onvermoë om
invoerpariteit vooruit te skat en beperkte
saadvoorsiening.
Op plaasvlak
Diversifikasie
Wisselbou / Saad / Invoerpariteit
Chris Kleingeld,
hoofbestuurder, Droëbone Produsente-Organisasie en
dr Philip Theunissen
, Computus Bestuursdienste
KRITERIA
Kg stikstof N
45
Opbrengs (t/ha)
1,50
Prys/ton
13 000,00
R/HA PER JAAR
INKOMSTE
Produkverkope
19 500,00
Bruto produksiewaarde
19 500,00
DIREKTE UITGAWES
Saad
3 472,00
Kunsmis (vervoer/ton van R230 ingesluit)
995,00
Onkruidbeheer
429,00
Plaagbeheer
1 952,00
Spuitkoste (vliegtuig vier keer)
720,00
Stroopkoste (brandstof ingesluit)
1 067,00
Los arbeid
923,47
Direkte uitgawes
9 558,47
VERANDERLIKE UITGAWES
Oesversekering (persentasie van omset)
1 891,50
Hael 9,7%
1 891,50
Ryp 0%
0,00
Oormaat reën 0%
0,00
Pakmateriaal
105,00
Vervoerkoste
108,00
Veranderlike uitgawes
2 104,50
TOEGEDEELDE UITGAWES
Meganisasiekoste
2 671,00
Brandstof
587,00
Depresiasie en reparasies
1 872,00
Operateurskoste
212,00
Rente
478,00
Toegedeelde uitgawes
3 149,00
TOTALE UITGAWES
14 811,97
Vertakkingsmarge
4 688,03
Gelykbreekprys (prys/ton)
9 874,64
Gelykbreekopbrengs (t/ha)
1,14
Tabel 1: Insetkoste van droëbone vir die 2018/2019-plantseisoen.