

Insetaankope:
Tydige beplanning
raak ál belangriker
D
eeglike en vroegtydige beplanning vir die aankoop van
insetmiddele raak by die dag belangriker. Die dae is verby
waar ’n produsent ’n dag voor plant die foon optel om
’n inset die volgende dag op sy plaas te hê.
Dit kos enige maatskappy geld om voorraad vir lang periodes
te hou – in stoorkostes en rente. Om hierdie rede pas feitlik alle
insetmaatskappye die “net betyds”-beginsel toe. Die beginsel
is op alle insetmiddele van toepassing, maar soveel meer op
landboumasjinerie en toerusting, omdat dit gewoonlik hoëkoste-
items is wat duur is om vir lang tydperke aan te hou voordat dit
van die hand gesit word. Die meeste insette word boonop ingevoer
– wat die leityd van bestelling tot aflewering verder verleng.
Om hierdie rede is dit vir ’n produsent van uiterste belang om die
aankoopbeplanning van veral trekkers, planters, implemente en
ander masjinerietoerusting vroegtydig te doen.
Behoorlike meganisasiebeplanning en die uitvoering daarvan ten
opsigte van die spesifieke produksieprosesse wat vir die boer
deryonderneming wat bedryf word benodig word, is primêr in die
sukses van volhoubare gewasproduksie en die suksesvolle bedryf
van die onderneming.
Hedendaagse landboutoerusting, wat wissel van die mees basiese
tot uiters moderne en hoogstegnologies-gevorderde produkte in
die vorm van trekkers, stropers, selfaangedrewe spuite, planters,
presisieboerderytoerusting en ander werktuie, verg enorme kapi
taalbesteding wat uiters oordeelkundig besin, beplan en bestee
moet word. Die tydige beplanning en uitvoer van hierdie aankope
speel dus ’n belangrike rol om te verseker dat die vereiste toerus
ting beskikbaar is sodat die produksieproses betyds kan begin en
volledig uitgevoer word gedurende die belangrike periode van
die produksieseisoen.
Wat produsente sowel as die verskaffers van landboumasjinerie
in Suid-Afrika terdeë moet besef, is dat ons vandag in ’n globale
en steeds ekspansionistiese mark meeding vir die verkryging van
genoegsame landboutoerusting vanaf die primêre vervaardigers
van hierdie toerusting om in die markbehoefte te voorsien. Dit
bring mee dat die vraag na sowel die basiese as gesofistikeerde
landboutoerusting toenemend groei en sodoende beskikbare pro
duksiekapasiteit deurlopend onder druk plaas.
Dit het tot gevolg dat vervaardigers prioriteit verleen aan klan
tebestellings met vaste aankoopondernemings wat voorraad
bestellings beperk en sodoende langer voorsieningsperiodes van
toerusting meebring.
Hierdie tendens is van toepassing op alle hoofkategorieë land
boutoerusting soos trekkers, stropers, selfaangedrewe spuite,
katoenplukkers, planters en selfs hooitoerusting. Vir die kom
mersiële produsent wat effektiwiteit, produktiwiteit en optimale
winsgewendheid in sy onderneming as prioriteit stel en nastreef, is
dit van uiterste belang dat sy meganisasiebeplanning, meegaande
kapitaalbeplanning en voornemende aankoopprogram met soveel
soos tien maande tot ’n jaar voor die datum van aanvang van die
produksieproses tot uitvoer gebring word.
Hierdie benadering sal verseker dat belangrike produkte oor
deelkundig en volgens behoefte beplan en aangekoop word om
betyds en volledig in ontvangs geneem te word vir die aanvang van
die produksieproses.
Omdat die deurlopende en voldoende voorsiening van onderdele
’n kardinale rol in die effektiewe bedryf en beskikbaarheid van toe
rusting tydens die produksieproses speel, steun hierdie voortydige
benadering in die beplanningsproses van die aankoop van toerusting
ook ’n belangrike rol in die tydige beplanning en voorsiening van
onderdele deur verskaffers en hul netwerk van handelaars.
Ingeligte produsente is gereeld in gesprek met hul naaste handelaar
van landboutoerusting, om sodoende op hoogte te bly van nuwe
ontwikkeling op die gebied van toerusting en tegnologie, hoe hier
die produkte inpas by hul boerderybehoefte en dit ondersteun, die
beskikbaarheid daarvan en die beplanning van hul aankope.
65
October 2018
Op plaasvlak
Werktuie en toerusting
Beplanning / Insetmiddele / Aankope
Johan Loxton,
namens die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie
en
CORNÉ LOUW
,
senior ekonoom, Graan SA
Reg vir die Feesseisoen
Produsente behoort ook voor die Feesseisoen by hul plaaslike
handelaars uit te vind hoe die handelaars hul kan ondersteun sou
hulle onderdele gedurende die Feesseisoen benodig. Indien die
produsent nie tevrede is met die handelaar se reëlings nie, kan hy
dit met die nasionale verspreider opneem, aangesien dit vir die
nasionale verspreiders prioriteit is om produsente ook gedurende
die Feestyd met goeie diens te ondersteun.
Nasionale verspreiders het spesiale reëlings in plek ten einde
die voorsiening van onderdele gedurende hierdie periode te
verseker.