

57
1
2
3
1: Groot wit nierbone.
2: Rooi gespikkelde bone.
3: Klein wit inmaakbone.
dra veral by tot die hoë insetkoste: Saad, chemiese beheer van
onkruide, siektes en plae, meganisasiekoste en versekering. Die
totale insetkoste beloop R14 812/ha (Computus Bestuursburo BK).
Die prys van droëbone word aansienlik deur die graad beïnvloed.
Die drie belangrikste items wat die graad van droëbone bepaal, is
fisiese suiwerheid, gebrekkige bone en die hoeveelheid gesplete
bone in die monster.
Fisiese suiwerheid word bepaal deur die afwesigheid van vreemde
materiaal (blare en takkies), sand en klippies. Dit is noodsaaklik
dat basiese fasiliteite op plaasvlak beskikbaar moet wees om die
vreemde materiaal, sand en klippies uit die monster te verwyder.
Die omvang van gebrekkige bone word bepaal deur die persenta
sie van die bone wat verkleur het. Verkleuring van bone vind hoof
saaklik plaas wanneer daar insekskade – veral bolwurm – op die
peule voorkom. Water dring deur hierdie letsels die peul binne en
van die pitte in die peul verkleur. ’n Ander groot risiko is wanneer
reën voorkom nadat die bone in windrye geplaas is om droog te
word voordat dit gestroop word.
Effektiewe insekbeheer en goeie beplanning tydens stroop is
noodsaaklik om hierdie risiko’s te bestuur. Die voorkoms van bakte
riese en swamsiektes tydens
die groeiseisoen dra ook by
tot vlekke op die graan.
Die hoeveelheid gesplete bo-
ne in die monster word deur
die stroopproses en die han-
tering van die bone beïn
vloed. Ten spyte van die
graderingsregulasies wat tot
7,5% gesplete bone vir graad 2
toelaat, verkies die handel dat
die gesplete bone minder as
4% moet wees.
Die pryselastisiteit word in
Tabel 2
aangedui. Uit hierdie
tabel is dit duidelik dat droë
bone nie winsgewend gepro
duseer kan word indien die
opbrengs per hektaar onder
1,14 t/ha daal nie. Neem in ag
dat die nasionale gemiddelde
opbrengs die afgelope tien
jaar slegs 1,29 t/ha is.
Om te verseker dat droëbone
winsgewend teen huidige
prysvlakke verbou word, moet
die produsent poog om ten
minste 1,75 t/ha te produseer.
Hoe verder wes produksie
plaasvind, hoe groter word die
risiko dat blomme afgespeen
word sou temperature tydens
die blomperiode bo 30°C styg.
Navrae
Vir enige navrae in dié ver
band, kontak die outeurs by
chris@beans.co.za
of
philip@
computus.co.za.