Previous Page  76 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 76 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2018

74

OP PLAASVLAK

– Deel 2

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

saamgevat

NA-STROOPBEMARKING

Reeks

i

n Deel 1 van die reeks, wat in die Februarie-uitgawe van

SA Graan/Grain

verskyn het, is daar meer gefokus op wat

na-stroopbemarking behels en waarom dit vir produsente van

belang is om na-stroopbemarking te oorweeg.

Hierdie gedeelte van die reeks sal meer fokus op die faktore

waarop gelet moet word wanneer produsente na-stroopbemarking

van geproduseerde graan oorweeg.

Die bemarking van graan speel ‘n uiters belangrike rol in die

winsgewendheid van ‘n boerdery en dit is noodsaaklik vir produsente

om goeie en oordeelkundige bemarking van die grane te oorweeg.

Wanneer daar na bemarking van graan verwys word, is daar

verskeie alternatiewe wat oorweeg kan word. Hierdie alternatiewe

strek vanaf voor-seisoenverskansing en kontraktering tot en met

na-seisoenbemarking waar daar ook verskeie strategieë gevolg

kan word.

Dit is egter vir produsente belangrik om die verskillende aspekte,

soos die risiko’s verbonde aan die gebruik van die verskillende

strategieë in gedagte te hou.

Prys- en risikobestuur

Die volatiliteit van die plaaslike klimaat en graanmarkte wat die

afgelope paar jaar beleef is, het die kollig weer opnuut op die

bemarking en veral voor-seisoenverskansing van grane geplaas.

Alhoewel die voor-seisoenverskansing en kontraktering van graan

vir die produsent goeie geleenthede bied om beter pryse te realiseer

as om tydens strooptyd te bemark, hou hierdie tipe van bemarking

ook ander risiko’s, soos produksierisiko, vir produsente in.

Produksierisiko verwys na die moontlikheid dat die produsent

minder tonne van die gewas kan stroop as wat verskans is met voor-

seisoenkontraktering. Dit kan ‘n negatiewe impak op die produsent

se kontantvloei hê, aangesien die produsent aanspreeklik gehou

word vir die balans van die tonne wat nie op die kontrak gelewer

kon word nie.

Die afgelope paar seisoene was die omstandighede – veral tydens

planttyd – uiters uitdagend en het die produsente dit met moeite

hanteer. Die aanplantings was, veral in die westelike gedeeltes van

die land, laat en produsente kon nie altyd van gunstige prysgeleent-

hede in die mark gebruik maak vir voor-seisoenkontraktering nie, as

gevolg van die produksie-onsekerheid wat geheers het.

Hierdie produsente bevind hulle in uitdagende omstandighede,

aangesien die tydstip wanneer die produsente meer sekerheid

rakende die verwagte produksie vir die seisoen het, die mark alreeds

oorwegend in ‘n sekere rigting begin beweeg het – afhangende van

die seisoen se omstandighede wat heers.

Oor die algemeen is die pryse onder normale toestande geneig

om gedurende strooptyd laer te wees, aangesien die grootste

hoeveelheid van die graan gedurende daardie tydperk gelewer

word – wat beteken dat dié produsente wat nie betyds voor-

seisoenkontraktering kon doen nie, die meeste van die tyd die graan

verkoop wanneer die pryse laer as die gemiddeld is. Produsente

moet dan na-stroopbemarking van grane oorweeg.

Kontantvloei

Kontantvloei is een van die belangrikste aspekte in enige be-

sigheid en dit is noodsaaklik dat produsente moet omsien na hul

kontantvloeibehoeftes en die bestuur daarvan.

Na-stroopbemarking kan verskeie impakte op kontantvloei hê – veral

wanneer produsente besluit om die graan op te berg as ‘n strategie

om munt te slaan uit moontlike positiewe prysbewegings deur die

loop van die seisoen.

Dit sal veroorsaak dat produsente nie noodwendig tydens stroop-

tyd kontant-invloei ontvang nie, maar dat hierdie kontant-invloei

eers later deur die loop van die seisoen sal geskied, soos die graan

verkoop word.

In ‘n groot aantal gevalle het produsente nie noodwendig die

finansiële kapasiteit om die graan vir lang tydperke te stoor nie,

vanweë verpligtinge soos produksierekeninge wat vereffen moet

word. Dit plaas produsente in die situasie waar hulle noodgedwon-

ge die graan tydens strooptyd moet verkoop of kort daarna en

dan is dit vir hulle ‘n uitdaging om voordeel te trek uit voordelige

prysbewegings soos die seisoen vorder.

Gee aandag aan dié aspekte

Direkte insetkoste

R6 700 000

Oorhoofse koste

R2 000 000

Totale koste

R8 700 000

Totale produksie (ton)

5 000

Gelykbreek-produsenteprys

R1 740

TABEL 1: TOTALE KOSTE, PRODUKSIE EN GELYKBREEKPRYS VAN

‘N HIPOTETIESE PLAAS.