75
March 2018
In hierdie geval kan produsente alternatiewe strategieë oorweeg,
wat die gebruik van afgeleide instrumente op Safex insluit, om
moontlik voordeel te trek uit gunstige prysbewegings deur die loop
van die seisoen.
Wees vertroud met die prysvlakke
Dit is essensieel dat produsente goed vertroud moet wees met
die produksiekoste, asook die hoeveelheid wins wat hul graag vir
die seisoen sal wil realiseer. In
Tabel 1
word ‘n hipotetiese plaas
gebruik waarin die aanname gemaak word dat die produsent
1 000 ha witmielies plant en die totale koste van produksie ongeveer
R8 700/ha beloop. Die produsent het ‘n gemiddelde opbrengs van
5 t/ha behaal, wat die totale produksie op 5 000 ton mielies vir die
seisoen te staan bring. Tabel 1 toon die totale koste van produksie,
asook die gelykbreek-produsenteprys vir die seisoen.
Tabel 2
toon die minimum Safex-prys waarteen die produsent moet
verkoop om ‘n sekere persentasie wins te realiseer. Dit is duidelik
uit Tabel 2 dat indien ‘n produsent vir ‘n 30% winsmarge mik, die
minimum Safex-prys waarteen hy kan verkoop, ongeveer R2 462/ton
moet wees – gegewe ‘n gelykbreek-produsenteprys van R1 740/ton
en ‘n gemiddelde basis-aftrekking van R200/ton.
Dit is daarom noodsaaklik dat produsente op hoogte is met hul
produksiekoste, sowel as die minimumprys wat moet realiseer om
‘n sekere winsgrens te bereik. Dit kan tot ‘n groot mate bydra tot
meer objektiewe besluitneming, omdat die produsent beter besluite
kan neem indien die mark teen sekere prysvlakke verhandel.
Die koste en minimum Safex-pryse in die tabel sluit nie ander koste
soos stoorkoste en rentekoste in nie, maar slegs die produksiekoste
van die plaas.
Ten slotte
Daar is ‘n paar kernaspekte wat produsente in gedagte moet hou
wanneer hul besluite neem rakende spesifieke bemarkingstrategieë,
waar die risiko verbonde aan die strategie wat hulle gebruik van
kardinale belang is.
Die eerste oorweging vir ‘n bemarkingstrategie moet wees om ‘n
beter prys vir die geproduseerde produk te realiseer, met die laagste
moontlike risiko daaraan verbonde. Produsente moet egter die
marksituasie in geheel in ag neem en veral klem lê op die relevante
fundamentele faktore wat die markpryse bepaal.
Goeie bemarkingsplanne is ook van kardinale belang en produsente
moet vir hulself bemarkingsplanne met realistiese doelwitte stel,
wat ‘n bydrae sal lewer tot makliker besluitneming wat die emosie
grootliks daaruit kan haal.
Die volgende aflewering in die reeks sal fokus op verskillende
alternatiewe wat oorweeg kan word wanneer daar na na-
stroopbemarking gekyk word.
GELYKBREEK-PRODUSENTEPRYS
R1 440
R1 540
R1 640
R1 740
R1 840
R1 940
R2 040
R2 140
PERSENTASIE WINS
10%
R1 784
R1 894
R2 004
R2 114
R2 224
R2 334
R2 444
R2 554
15%
R1 856
R1 971
R2 086
R2 201
R2 316
R2 431
R2 546
R2 661
20%
R1 928
R2 048
R2 168
R2 288
R2 408
R2 528
R2 648
R2 768
25%
R2 000
R2 125
R2 250
R2 375
R2 500
R2 625
R2 750
R2 875
30%
R2 072
R2 202
R2 332
R2 462
R2 592
R2 722
R2 852
R2 982
35%
R2 144
R2 279
R2 414
R2 549
R2 684
R2 819
R2 954
R3 089
40%
R2 216
R2 356
R2 496
R2 636
R2 776
R2 916
R3 056
R3 196
TABEL 2: MINIMUM SAFEX-PRYS WAARTEEN DIE PRODUSENT MOET VERKOOP OM ‘N SEKERE PERSENTASIE WINS TE REALISEER.
Vrywaring
Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen
verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.
Ten slotte
Alhoewel die berekeninge soos in die ar-
tikel gebruik, betreklik breed is en slegs
gemiddeldes toon, is die volgende begin-
sel uiters noodsaaklik vir hierdie tipe be-
rekeninge: Elk produsent moet dit in sy eie
konteks gaan toepas.
Suid-Afrikaanse produsente moet oor die
algemeen in die meeste van die gewasse
kompeteer teen die internasionale markte
– hetsy dit aan die invoer- of uitvoerkant van
die mark is.
Dit plaas die plaaslike produsente se wins-
gewendheid oor die algemeen onder
druk – veral met gewasse soos mielies en
koring, waar internasionale markte ‘n meer
prominente rol in die bepaling van plaas-
like markpryse speel.
Produsente moet egter goeie produksie-
ekonomiebeginsels toepas om te verse-
ker dat die bestuur van hul kostestrukture
optimaal is, met die uitgangspunt om wins
eerder as produksie te maksimaliseer. Die
oorhoofse kostekomponent is een aspek
wat ook ‘n groot impak op die plaaslike
winsgewendheid van produsente het en
produsente moet maniere oorweeg om dit
in hul boerderye te bestuur.
GRAANMARK-OORSIG