Previous Page  71 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 71 / 116 Next Page
Page Background

69

March 2018

uitwendige parasiete moet tydig en ver-

kieslik voorkomend beheer word. Die neem

van gereelde mismonsters kan ‘n bydrae

lewer om die dosering en die effektiwiteit

daarvan te bepaal.

Kuddesamestelling

Die onderskeie veestelsels se kuddesa-

mestelling verskil dramaties. Vir ‘n plaas

wat ongeveer 100 grootvee-eenhede (GVE)

kan dra, kan ‘n speenkalfstelsel ongeveer

60 koeie akkommodeer, terwyl ‘n 18 maan-

de-bemarkingstelsel ongeveer 44 koeie kan

dra en ‘n 36 maande-bemarkingstelsel net

uit 32 koeie sal kan bestaan. Die res van die

drakrag sal deur vervangingsdiere, kalwers

of groeiende diere opgeneem word.

Bemarking

Beesproduksiestelsels het ook hul eie

bemarkingstye en verskeie tipes diere sal

dan bemark word. Die lentespeenkalfstel-

sel sal hoofsaaklik speenkalwers en ou

bemarkbare diere tydens April lewer, ter-

wyl die 18 maande-stelsel hoofsaaklik

afgeronde 400 kg-beeste gedurende Maart

tot Mei aan die mark kan lewer.

In die 36 maande-bemarkingstelsel sal

volgroeide afgeronde osse van Oktober tot

Desember aan die mark gelewer word. Vir

hierdie tye is daar verseker ander pryse wat

geld en dit is belangrik om kennis te neem

van die vraag en aanbod in die mark.

In

Grafiek 1

word die langtermyntenden-

se van produsentebeesvleispryse van

C-grade getoon, terwyl

Grafiek 2

die lang-

termyntendense van produsentebeesvleis-

pryse van A-grade uitbeeld.

Soos verwag word, is die veepryse

gedurende Aprilmaand laag en in Desem-

ber hoog. Die hoofdrywer hiervan is die

aanbod van en vraag na vleis. As die

speenkalfprys ontleed word (

Grafiek 3

), is

daar duidelike ooreenkomste tussen die

algemene vleisprystendens en die prys van

speenkalwers.

Soos in Grafiek 3 gesien kan word, is die

algemene speenkalfpryse van Maart tot en

met Junie laag, waarna die pryse weer ná

Desember begin styg. Hierdie prystendense

van veral die speenkalwers reflekteer die

aanbod en dit raak die primêre produsent

omdat hy gewoonlik binne hierdie tye sy

speenkalwers moet bemark.

Dit is egter nie net vraag en aanbod wat die

pryse van vee bepaal nie, maar ook ander

aspekte soos die algemene stand van die

ekonomie, die mielieprys en die prys van

hoendervleis – ommaar net ‘n paar te noem.

Dit word algemeen aanvaar dat speen-

kalfstelsels die laagste winsgewendheid

moet lewer. “Die voerkrale beïnvloed altyd

die pryse,” word gereeld gehoor. Deur die

berekening 100% korrek te maak en alle

inkomstes en uitgawes in te sluit, kan die

regte antwoord egter verkry word.

Die 18 maande-bemarkingstelsel, waar-

volgens die diere as markklaar bemark

word, wil voorkom om die beste stelsel te

wees om te volg.

Indien die 18 maande-bemarkingstelsel

ingespan word, sal dit belangrik wees

om seker te maak dat daar ‘n mark vir die

afgeronde diere sal wees. Onthou net:

Jy gaan met ander vleisprodusente, wat

maandeliks vee aan verbruikers en slagters

kan lewer, moet meeding. Dit sal ‘n goeie

praktyk wees om vooraf met ‘n vleiskoper

ooreen te kom om jou markklaar-diere te

koop.

Wat die produksie in die stelsel betref, sal

die vee waarmee geboer word die vermoë

moet hê om afgeronde diere te produseer

voor die diere begin wissel. Indien die diere

reeds wissel en dan eers afgerond word, sal

dit die prys van die vleis benadeel – en só

ook die winsgewendheid van die stelsel.

Sodra die speenkalwers ná die winter

verkoop word, is dit belangrik om seker te

maak dat die verwagte prysverhoging en

massatoename die ekstra voerrekening sal

kan diens. Maak daarvan seker voor jy die

besluit neem om die speenkalwers terug te

hou vir bemarking op ‘n latere stadium.

As alles in ag geneem word, sal die stelsel

nie regtig die winsgewendheid van die

veeboerdery beïnvloed nie, maar eerder

die effektiwiteit en produksie van die

huidige stelsel waarin jy jouself bevind.

Deur die effektiwiteit en produksie van jou

huidige stelsel te verhoog en dalk klein

bemarkingsaanpassings te maak, kan die

winsgewendheid dramaties verhoog word.

Die vervangingsbeleid van die koeie is ook

‘n aspek wat meer aandag vereis. As koeie

te vinnig vervang word, moet daar meer

vervangingsdiere gedra word – wat die plek

van diere wat moet produseer, opneem. As

die koeie egter te lank in die kudde gehou

word, sal dit verseker die produktiwiteit van

die kudde benadeel.

Ras speel ook ‘n rol. Sommige rasse se

koeie bly langer produktief, terwyl ander

rasse se koeie vinniger vervang moet

word. Maak seker jy weet wat jou kudde

se koeidoeltreffendheid is en gebruik dít as

norm om te bepaal wanneer koeie vervang

moet word. Dit het ‘n reuse impak op

winsgewendheid.

Vir meer inligting rakende beesproduksie-

stelsels kontak Pietman Botha by 082 759

2991.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Amanda van Blerk 2012