Previous Page  79 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 79 / 116 Next Page
Page Background

Deur dié uitdagings aan te spreek, verseker hy dat die trekkers en

werkers so effektief en doeltreffend moontlik funksioneer. Voorts

het hy oor tyd sy trekkers se werkverrigting gemeet en het hy nou

‘n akkurate norm van wat die trekkers op sy plaas behoort te verrig.

Presisieboerdery

Om net op vaste koste te konsentreer, kan tot ‘n misoes aanleiding

gee. Van Wyk maak van presisieboerdery gebruik om die wins-

gewendheid van die besigheid te verhoog en presisieboerdery begin

by die bestuur van die grondhulpbron.

Die fisiese grondkartering en realistiese opbrengsmikpunte is

die basis van die graanverbouing in hierdie besigheid. Gronde

se potensiaal asook die hoeveelheid water in die profiele is die

grondslag vir die bemestingsaanbevelings, asook die verwagte

opbrengste per hektaar.

Danksy die chemiese kartering van lande, word die korrekte

voedingstowwe op die regte plek toegedien. Die kalk word ook

presies toegedien en hiervoor maak hy van kontrakteurs gebruik.

Alhoewel dit duurder is as wat hy dit self sou doen, haal dit die

druk tot ‘n groot mate van die bestuurders af, aangesien hulle in dié

tyd op ander aspekte moet fokus. Bemesting, plantestand, kultivars

en ander verbouingspraktyke word aangepas by die potensiaal van

elke land.

Van Wyk het moeite gedoen om die werking van insette te bestu-

deer en om seker te maak dat hy deeglik verstaan waarmee hy besig

is. Sy bemestingsprogram word in die fynste besonderhede in

samewerking met insetverskaffers beplan en geïmplementeer.

Die onkruiddoder- en plaagdoderprogram word op dieselfde ma-

nier bereken en beplan. Of die onkruid chemies of meganies beheer

gaan word, hang af van watter een meer bekostigbaar is.

2: Planttyd moet alles vlot verloop. Hier word die minimum trekkers en implemente gebruik om die werk gedoen te kry. Deur die planters so min as

moontlik te laat staan, kan die meeste hektare per dag geplant word.

3: Presisietegnologie word gebruik om die effektiwiteit van trekkers en toerusting te verhoog. Die tegnologie maak dit ook moontlik om meer as een

span drywers aan te wend en sodoende die hoeveelheid hektare per 24 uur bewerk, te verhoog.

4: Jong mielies aan die opkom. Presisietegnologie maak dit moontlik om die gewasse só geplant te kry en dat die vorige gewas se stoppels die jong

saailinge kan beskerm.

5: Deur die implemente op die plaas in stand te hou en te pasmaak vir hierdie boerdery se vereistes, word enorme kostes bespaar en die effektiwiteit

van die boerdery verhoog.

6: Strooptyd by die Van Wyks. Ten einde die stroper ten volle te kan benut, moet daar genoeg kapasiteit beskikbaar wees om die gestroopte graan te

berg totdat die vragmotors dit wegry.

6

3

4

2

5

77

March 2018