73
March 2018
OP PLAASVLAK
Verskillende tipes koste
Kostebestuur is een van die belangrikste as-
pekte wat noodsaaklik is – veral in omstan-
dighede wanneer die winsgewendheid van
produsente onder druk is. Die kostekom-
ponent van die boerdery is noodsaaklik en
dit is belangrik vir produsente om deeglike
berekeninge te maak wat koste betref – veral
wanneer dit by die oorhoofse kostekompo-
nent van ‘n vertakking kom.
Die direkte koste van produksie per hektaar
is redelik vas en daar is in die meeste gevalle
nie veel spasie om te besnoei sonder om die
produksie per hektaar negatief te beïnvloed
nie. Die direkte koste kan tot ‘n groot mate
bestuur word deur produksie-ekonomiebe-
ginsels toe te pas wanneer dit by die toe-
diening van insette kom.
Produsente moet insette sodanig probeer
toedien dat wins eerder as produksie ge-
maksimaliseer word. Die oorhoofse kompo-
nent aan die ander kant, is die koste wat oor
die kort termyn onveranderd bly – ongeag
van die hoeveelheid wat geproduseer word.
Hierdie koste het in die meeste gevalle nie
direkte betrekking op die produksie van
graan nie, maar dit gaan meer oor die alge-
hele oorhoofse koste van die boerdery wat
nie wissel soos die produksie wissel nie.
Hierdie koste sluit aspekte soos salarisse
van permanente arbeid, huur, paaiemente,
depresiasie en so meer, in.
Doen die berekeninge
Grafiek 1
tot
Grafiek 4
toon die gemiddelde
direkte insetkoste, asook die gemiddelde
produksiewaarde en die maksimum vaste
kostekomponent per gewas van mielies,
sojabone, sonneblomsaad en koring onder-
skeidelik.
Die berekeninge is gedoen deur gebruik te
maak van die gemiddelde werklike produk-
siekoste van die verskillende gewasse vir
Suid-Afrika, asook die gemiddelde op-
brengs per hektaar wat deur die Nasionale
Oesskattingskomitee (NOK) bekend gemaak
is vir hierdie tydperk.
Die pryse wat in die berekeninge gebruik
is, is ‘n jaarlikse gemiddelde Safex-prys
minus die jaarlikse gemiddelde basisaftrek-
king. Dit is belangrik om in gedagte te hou
dat hierdie berekeninge die gemiddeld oor
tyd weerspieël en dat dit nie bloot spesifieke
gevalle nie.
Produsente moet egter die berekeninge in
hul eie konteks gaan doen om van te stel
wat die gewasvertakking se vermoë is om
die oorhoofse koste te dek. Grafiek 1 toon
dat die mieliebedryfstakbegroting oor die
afgelope paar jaar oorhoofse koste van
ongeveer R2 500/ha sou kon dra – gegewe
die gemiddelde koste en produksiewaarde
bo die direkte insetkoste. Die jaarlikse
gemiddelde wit- en geelmielieprys is in die
berekening van die produksiewaarde bo
direkte koste gebruik.
Grafiek 2 toon die koste van sojabone oor
die afgelope paar jaar en dit is duidelik dat ‘n
sojaboonbedryfstak teen gemiddelde koste
en opbrengste in Suid-Afrika maksimum
oorhoofse koste van ongeveer R2 100/ha
sou kon dra.
Uit Grafiek 3 kan gesien word dat die son-
neblomsaadbedryfstak oor die afgelope
paar jaar oorhoofse koste van ongeveer
R1 100/ha sou kon delg – gegewe gemid-
delde koste en pryse oor die afgelope paar
seisoene.
Grafiek 4 toon die koste en produksiewaarde
van koring vanaf die 2009/2010-seisoen en
dit is duidelik dat die produksiewaarde van
koring die afgelope paar seisoene steeds
die direkte kostekomponent daarvan oor-
skry het. Uit Grafiek 4 kan afgelei word dat
die maksimum vaste kostekomponent van
koringproduksie oor die afgelope paar jaar
ongeveer R3 100/ton sou kon goed maak
– gegewe die verskillende aannames wat
gemaak word.
GRAANMARK-OORSIG
Grafiek 3: Direkte koste, produksiewaarde en maksimum oorhoofse koste vir sonneblomproduksie
in Suid-Afrika.
Bron: Graan SA databasis vir werklike produksiekoste en Safex
* Voorlopig
Grafiek 4: Direkte koste, produksiewaarde en maksimum oorhoofse koste vir koringproduksie in
Suid-Afrika.
Bron: Graan SA databasis vir werklike produksiekoste en Safex
* Voorlopig