Previous Page  72 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 72 / 116 Next Page
Page Background

Oorhoofse koste:

Maak deeglik somme

d

ie afgelope twee bemarking-

seisoene, wat absoluut kon-

trasterend van mekaar was,

het albei hul eie uitdagings vir

die graanprodusent na die tafel

toe gebring. Die twee seisoene

is gekenmerk deur produksierisiko en prys-

risiko onderskeidelik.

Alhoewel die produsente in die somer-

saaigebiede in die huidige 2017/2018-

bemarkingseisoen in die meeste gevalle

die hoogste opbrengste nóg gerealiseer

het, was dit ook ‘n seisoen waar die wins-

gewendheid van produsente steeds onder

die vergrootglas was. Die goeie produksie-

jaar in die somersaaigebiede het grootliks

gelei tot groot voorraadvlakke, wat nou ook

vir meeste van die somergrane aan die ein-

de van die bemarkingseisoen ‘n werklikheid

gaan wees. Dit beteken dat ons in die nuwe

seisoen met redelike groot voorrade van

mielies, sojabone en sonneblomsaad gaan

sit – wat die komende seisoen se voorrade

‘n ordentlike hupstoot sal gee. Dit sal weer

eens beteken dat pryse in die komende sei-

soen ‘n uitdaging behoort te wees.

In die winterreënvalgebiede was die droogte

hierdie seisoen weer besonder uitdagend

en was die produksie vir die seisoen nie op-

timaal nie.

In die internasionale konteks word die af-

gelope paar jare bestempel as ‘n “super-

siklus van grane” en in die wêreldkonteks

is die voorraadvlakke van die meeste grane

naby aan rekordhoogtepunte – wat die inter-

nasionale pryse ook redelik laag hou en die

plaaslike produkte se mededingendheid in

die internasionale markte verder onder druk

plaas.

Die plaaslike produsent moet egter al hoe

slimmer en beter begin boer om volhou-

baarheid te verseker in die huidige uitda-

gende omstandighede.

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

– 14 Februarie 2018

OP PLAASVLAK

Grafiek 1: Direkte koste, produksiewaarde en maksimum oorhoofse koste vir mielieproduksie in

Suid-Afrika.

Bron: Graan SA databasis vir werklike produksiekoste en Safex

* Voorlopig

Grafiek 2: Direkte koste, produksiewaarde en maksimum oorhoofse koste vir sojaboonproduksie

in Suid-Afrika.

Bron: Graan SA databasis vir werklike produksiekoste en Safex

* Voorlopig

Maart 2018

70